2013 Feesprogram: Aan de Braak-Fees

  • 0

Aan de Braak-Fees
Besprekings: 082-335-3105

Mijn Hoop
Teks en spel: Stephanie Badenhorst en Lucas Heinen
Die storie van Marie Kanna en die sewelaagslaai. Marie vind haar heil in ’n ondergrondse myn, op ’n ‘skaggejag’ na roem, rykdom en selfontdekking. Onder ’n peperboom by ’n sementtafel neem sy afskeid van haar herkoms met ’n seremoniële braai, bykosse en ander pekelbestanddele.
1 Maart 18:00 | Aan de Braak Teater-kroeg | 60min | R60

DraadKar – Dans Elektrokaans
Die Afrikaanse elektro-groep DraadKarstel ’n splinternuwe avant-garde genre bekend: Elektrokaans! Ou bekende Afrikaanse liedjies kry ’n elektroniese dansmusiek-baadjie. Met rekenaarprogrammatuur word stem, ritme en saksofoon in ’n verrassende fusie-elektro vermeng!
1 Maart 20:00 | Aan de Braak Teater-kroeg | 60min | R60

Demokrasie: T’s & C’s apply
Gabrielle Immelman se satiriese kabaret oor demokrasie Suid-Afrika-styl. Kan ons regtig ‘Trots Suid-Afrikaans’ wees met die wankelende pilare waarop ons demokrasie en konstitusie rus? Laat Gabrielle jou vertel.
 2 Maart 12:00 | Aan de Braak Teater-kroeg | 60min | R60

Mijn Hoop


Girl van die Suburbs

Vervaardig deur Aan de Braak Teater
Met Marlie Kock, Lucas Heinen (klavier) en gaskunstenaar Niël Rademan.
Regie: Petrus du Preez
’n Lighartige kabaret oor alledaagse ervarings deur die oë van die hedendaagse meisie in Afrika. Die teks is subtiel, die lirieke skerp en die musiek hartstogtelik. Pittig én poëties!
2 Maart 18:00 | Aan de Braak Teater-kroeg | 60min | R60


Gemengde oorsprong: Hemel in aardse kruike

Woordkunstenaar Raynard Stander en liedjieskrywer/baskitaarspeler Josh Prinsloo neem jou op ’n ontdekkingsreis deur die kompleksiteit van die menslike kondisie. Poësie, hip hop en jazz word kreatief geïntegreer. Ramon Alexander en Annemie Nel is die begeleiers.
2 Maart 20:00 | Aan de Braak Teater-kroeg | 60min | R60 

Ek het gedroom daar’s ’n plek
Vervaardig deur Aan de Braak Teater Met Marika Reinke, Pierre van Heerden en Lucas Heinen (klavier)
’n Narratief verweef met musiek van Amanda Strydom en Coenie de Villiers. Twee siele met drome, musiek, herinneringe en ’n blou ballon gaan soek na die plek waarvan mens net droom.
3 Maart 12:00 | Aan de Braak Teater-kroeg | 50min | R80 

Die idee van Innes
Aangebied deur US Drama
Teks en spel: Etienne Esterhuysen. Begeleier: Lucas Heinen (klavier), Dirk Aldrich (kitaar)
’n Kabaret oor die moord op ’n jong gay man in Victorialaan. Wat bly oor? Slegs herinneringe? Slegs ’n idee? Etienne Esterhuysen vertel Innes se verhaal deur die oë van verskeie karakters, elkeen met hul eie storie.
4 Maart 18:00 | Aan de Braak Teater-kroeg | 60min | R60 Geen O/16 (VT) 

André Terblanché

 

 

Jeanne Carstens


Hemelbesems tussen wolkekrabbers

Die Afrikaanse musiekbedryf met sy liriekeraai-biertent reputasie word onderskraag, ondermyn en ondersoek in dié kabaret. Iewers tussen Coenie en Kurt wys sanger-akteur André Terblanché en orrelis Winand Grundling kompleksiteite van die industrie uit. Lekker tong-in-die-kies vermaak!
5 Maart 18:00 | Aan de Braak Teater-kroeg | 60min | R60

My hemel
Vervaardiger: Aan de Braak Teater.
Met Jeanne Carstens
Met haar engelstem sing Jeanne oor hoop, vrede en liefde! Sy omvou haar gehoor met gevleuelde vingers, uitgelê op wit en swart. Jeanne vertolk eie komposisies en ander bekende nommers.
5 Maart 20:00 | Aan de Braak Teater-kroeg | 60min | R60 

 

Elizna Vemeulen, Brian Robson en Annemarie Hattingh

Orion se belt
’n Komedie van JaneeKyk Produksies
Met Brian Robson, Annemarie Hatting, Elizna Vermeulen en Mariechen Vosloo
Orion het ’n hele paar notches op sy belt. Die mannetjie sukkel om al sy eende in ’n ry te hou en sy manewales haal hom in. Gaan hy dit regkry om al die vroue in sy lewe gelukkig te hou en sy broodjie oral gebotter te hê?
6 Maart 18:00 | Aan de Braak Teater-kroeg | 60min | R60

Silwer en grys – ’n Reis van die Kaap tot Karoo
Na nege jaar se ondervinding as musiekregisseur en pianis vir Daniéle Pascal, bring Pieter van Helslandt oorspronklike werk na die verhoog. Sy liedere vertel van Kaapse winters, sonsondergange oor die Sederberge en ’n huis waar die hart is. Meesleurend!
6 Maart 20:00 | Aan de Braak Teater-kroeg | 60min | R60

Pieter van Helslandt

Verweerskrif
Met Martie Hauptfleisch en Raun Strauss Kalis (klavier)
Met Verweerskrif het Antjie Krog opspraak verwek oor haar uitbeelding van die verouderingsproses. Die tekste en liedsiklus is gebaseer op die klassieke kunslied, maar die inhoud wissel tussen kabaret, gesproke resitatief en virtuose klavierspel. Uitdagend, nes Krog se bundel!
4 Maart 20:00 | Aan de Braak Teater-kroeg | 60min | R60 

Jou show
Vervaardiger: Lian van der Westhuizen
Met Maryke Nel, Lucas Heinen en Richard Onraet
Kom kyk na ’n show oor jou idees, gedagtes en stories. ’n Samestelling van mededelings deur mense wat hul stories die kuberruim instuur sonder verwagting dat dit gelees of waardeer sal word.
7 Maart 18:00 | Aan de Braak Teater-kroeg | 60min | R60

 

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top