As die reën val so sag op die ou sinkdak
Vat my hart die pad
Na daar waar ek al was
En nou gaan wees
Wie sal weet
As die reën val so sag op die ou sinkdak
Vat my hart die lang stofpad
Daar waar ek al was
En nou gaan wees
Wie sal weet
Onthou jy nog toe ek en jy
Hand aan hand
Saamgestap het al langs die stofpad af
In die wind en reën
Nou staan ek hier aan my kant en jy aan joune
Daar is nog steeds die dae
Wat ek by myself sit en wonder
As jy gebly het hoe sou dit wees
As die reën val so sag op die ou sinkdak
Vat my hart die lang stofpad
Daar waar ek al was
En nou gaan wees
Wie sal weet
Ek staan hier langs die pad
En wag vir ‘n ander jou
Kan jy nog ons onthou
Hoe dit was en wonder jy soms
Hoe sou dit gewees het as ek gebly het
Maar ons paadjies het geskei
Nou staan ek aan die kant
Langs die ou stofpad
Jy is iewers op pad na daar
Waar jou hart jou vat
Die wolke pak weer saam en die reën val
Weer so sag op die ou sinkdak
En my hart vat die lang stofpad
Na daar waar ek al was
En nou is
En nog gaan wees
Ek weet nou ek stap die pad nie alleen
Maar saam met Hom

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


Kommentaar
Waar Kan ons cd kry?
Wie is die sanger of groep van die 'Die lang pad"?