"Die Boek praat van Liefde" deur Willie Louw

  • 0

Geskryf vir: Straatligkinders

Ek kan my indink hoe hierdie verhaal my gaan inhaal
Skrywer speel met die held
Manipuleer die storie na 'n treur-verhaal

Maak jou oë toe as jy bid as jy skuldig voel
Wat dink jy word met "Liefde" bedoel?
Wat dink jy het Hy bedoel?

Kind op straat vra vir bietjie geld
Vir brood of klere, vir oorlewing vanaand
Ek sê nee, my tiende is mos betaal
Dink jy dis die liefde waarvan die Boek ons vertel?

Maak jou oë toe as jy bid as jy skuldig voel
Wat dink jy word met "Liefde" bedoel?

Meisie skree niemand sal ooit verstaan nie
Weet nie waar kom genade vandaan nie
Bogenoemde "Liefde" geld seker nie vir haar nie

Kan jy met jouself lewe as jy die definisie bly manipuleer
Wat het jy al van Liefde geleer?
'n Seun op 'n kruis belowe hy kom weer
As jy jou oë toe maak, maak dit seer?

Wat is Liefde?
Wat is Liefde?
Wat is Liefde vir U? Leer my!
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top