"Dans vir oulaas" deur Stefan Kruger

  • 0

Geskryf vir: Straatligkinders

Dans vir oulaas
Dans, dans vir oulaas

Met die wêreld op haar einde, en die ligte wat so flikker
Sien ek jou daar staan, sien ek jou daar staan
Met ? verkyker, hoe lyk die tyd op sy laaste?
Is daar vuur om te verwag, is daar ? son die volgende dag?
Als sal uitwerk, als sal uitwerk

Sterre reën, klanke dreun, jou oë geselskap vir my geseën
Ek bid vir jou, jy bid vir my, die aardbol val (die aardbol val)

Kom ons, dans vir oulaas, dans met my
Dans in die reën, ek’s so bly
Om jou te sien, hier langs my swaai en draai
Kom ons dans vir oulaas, die tyd’s verby
Hou my hand vas, kan ons vry?
Op die rand van die einde, om en om die son
Kom ons dans vir oulaas, jong

En die laaste bietjie suurstof, wil ek saam jou deel en afstof
Tel die tyd af, tel die tyd af, twintig-twaalf, hoe ver is die hemel nog?
Kom ons praat in n dans taal, wat net ons twee sal verstaan
Sien jy kans, sien jy kans

Sterre reën, klanke dreun, jou oë geselskap vir my geseën
Ek bid vir jou, jy bid vir my, die aardbol val (die aardbol val)

Kom ons, dans vir oulaas, dans met my
Dans in die reën, ek’s so bly
Om jou te sien, hier langs my swaai en draai
Kom ons dans vir oulaas, die tyd’s verby
Hou my hand vas, kan ons vry?
Op die rand van die einde, om en om die son
Kom ons dans vir oulaas, jong

Kom ons, dans vir oulaas, dans met my
Dans in die reën, ek’s so bly
Om jou te sien, hier langs my swaai en draai
Kom ons dans vir oulaas, nooi
 
lyricMap homeMap

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.

Top