"Binne gevoel orkes" deur Stefan Kruger

  • 0

Geskryf vir: Straatligkinders

Hoor in die vêrte nee dis naby ek voel dit in my
Bekendste emosie met n nuwe melodie
Voor is daar vrede nee dis beter voel jy dit in jou

Geluide op sy lekkerste kloppe in my are dromme en kitare net wanneer ons

Wanneer jy raak naby is begin my binne gevoel orkes
Waar die selletjies die dans op die ritme van my hart
En wanneer realiteit so smaak kan ons verewig musiek binne maak
Verewig musiek harte raak verewig liefde laat raas

Proe jy glimlagte ja daai soete klanke ek voel dit ook
Het nog nooit chemie verstaan nie
Bo saam die sterre ja jy is een en ek voel hoër

Vibrasies in die lug trompette vir n pols weg val van n stem net wanneer ons

Wanneer jy raak naby is begin my binne gevoel orkes
Waar die selletjies die dans op die ritme van my hart
En wanneer realiteit so smaak kan ons verewig musiek binne maak
Verewig musiek harte raak verewig liefde laat raas
 
lyricMap homeMap

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.

Top