A:Om alleen te wees
B:As almal my net kan uitlos
A:Ek wil my eie kop volg
B:Almal het iets te sê
A:Ek wil vry wees
B:My mond is soms te groot
A:Wat is die waarheid?
B:Niemand kan my antwoord nie
A:Ek wil my eie kop volg
B:Eensaamheid is te erg
A:Daar is niemand daarbuite wie omgee nie
B:Alles is soms net te erg
A:Ek wil my eie kop volg
B:My hart wil uitgelewe word
A:Iets hierbinne jaag my
B:Is ek die stert of is ek die hond?
Dis niemand se probleme b'halwe myne nie
Die jeug waarvoor ek baklei laat my gewond
A:Al my jare se twyfel
B:Mens kan oor niks seker wees nie
A:Dis 'n gejaag na wind
B:Aan die einde tel dit nie
A:As ek tog net geluister het
B:Sê almal altyd te laat
A:Die laat aande baat my nie
B:Maar daar's iemand om mee te praat
A:Ek soek nie advies nie
B:Net die wie luister mag iets sê
A:My ore is selfsugtig
A:Maar dis lekker om jou hier te hê
Die lewe is te moeilik as niks dit self weerspreek
Teenstrydighede is die broeiplek waar die waarheid skelm kweek
A:Ek moet vir myself sorg
B:Daar is dalk eendag niemand meer
A:Feite intimideer my
B:Vrees hou my nederig
A:Al was ek ook al oral
B:Ek het al 'n paar goed te veel gesien
A:Niemand is 'n eiland nie
B:Amper almal is 'n sucker vir 'n smile
Dit is te lang pad na menswees
Om dit alleen aan te pak
Dit is 'n lang pad na waarheid
En ek is heeltyd veels te swak
Dis 'n lang pad na vryheid
As ons voel ons gaan vir ewig stap

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

