"Afstand-beheerde kwaste" deur JL van der Walt

  • 0

Ek het êrens ’n episode verloor van hierdie reeks
Eindig hierdie hoofstuk
Of begin dit net weer
Ek los n spasie oop vir die ongeskryfde deel
Liriek verlore, my skrywer verbeel

Met ’n potlood in my hand
Skryf ek ons storie aan die brand
Lees net mooi wat ek doen
Ek sal jou leer wat soldate voel

Afstandbeheerde-kwaste wat verf
Aan my verhaalbeeld
Uit ’n diamantsteen gekerf

Eks ’n gewone held
Met my gewone swaard
Ek trek net aan my skuld
En baklei vir jou vanaand

Ek wens jy was so braaf soos ek
Kom baklei net saam met my
Ek maak gereed vir die ander plek
Waar jy lewenslange liefde kry

Soen my vir die laaste keer
My hart is besig om te verteer
Die eindelose pyn
Word beter soos die lig begin te skyn

Ek los jou hier agter
Ek sweef op n wolk
Jou stem word al hoe sagter
Skree tot ek jou hoor
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top