2012 is Bittereinder se jaar

  • 0

Daar broei ’n gevoel onder die Bittereindermanne: 2012 is 012 se jaar. Nie dat 2011 enigsins ’n slegte of selfs’n gemiddelde jaar was nie. Met ’n SAMA vir “Beste Alternatiewe Afrikaans Album” en twee TEMPO-nominasies op hul naam, is dit duidelik dat hierdie drie Pretorianers 2011 ’n ding of twee gewys het.

Dit voel egter net reg om mense te waarsku om maar solank die ambulans te bel … want hierdie jaar se beats gaan nog sieker wees.

"’n Ware Verhaal", se opvolg te werk wat voor die einde van die jaar die rakke sal tref. Peach, Jaco en Louis gaan met hul tweede vollengte album niks terughou nie en het alreeds werk begin met ’n indrukwekkende reeks gaskunstenaars wat deel van die projek is.

Samewerkings met Toast Coetzer, Hunter Kennedy, HemelBesem en Andries Bezuidenhout, om net ’n paar te noem, sal verseker dat Bittereinder nuwe ruimtes inbreek in klank en liriek.

Visuele towenaar, Louis Minnaar, is ook besig om die groep se lewendige optredes ’n opgradering te gee sodat die ore nie alleenlik al die plesier kry nie. Aanhangers kan ook by hul optredes nuwe en oorspronklike T-hemde aanskaf om nog harder as ooit saam te bons.

2012 het reeds met ’n huppel in sy stap begin nadat Bittereinder vir drie MK-toekennings genomineer is.

Volg asseblief die link om vir Bittereinder te stem en click op Like :

Beste Nuweling
Beste Groep
Beste Dans

Vir nou kan al die Bittereinders uitsien na optredes regoor die land deur die loop van die jaar.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top