10% van Westerse wetenskaplikes is reeds waansinnig

  • 0

Wouter se skrywe oor die multiversum en die Doodt verwys.
 
"Have you lost your mind?", vra Lee Smolin.
 
Ja, 10% van Westerse wetenskaplikes is reeds waansinnig. David Deutsch, bemarker van Hugh Everett se onbesonnenheid, is een van die 10%. Deutsch se die ander 90% - omtrent almal Einsteinaanhangers en teenstanders van stringteorie soos Lee Smolin - glo nog dat die son om die aarde draai, by wyse van spreke!
 
Die eerste waansinnige Westerse wetenskaplike was Erwin Schrodinger, 85 jaar gelede. Hy wou ook nie aan die dood glo nie.
 
Die tweede waansinnige was Hugh Everett wat die wiskundige implikasie van Shrodinger se golf-funksie uitgewys het. Everett het aan kwantum-onsterflikheid geglo.
 
Die wortel van hierdie waansinnigheid is kwantumteorie en gepaardgaande stringteorie.
 
Brian Greene, Brian Cox en Max Texmark is ook aldrie stringteoretici en van lotjie getik want hulle leer: alles wat kan gebeur - Schrodinger se golffunksie - gebeur.
 
Ek is doodseker hierdie 10% is reg. Ek is nie 'n leek nie Wouter, maar 'n nie-nederige lyk wat gevorderde universiteitswiskunde geslaag het. Ek is dood, en nie maar net Doodt.
 
Baie dankie vir jou interessante skrywe en skakel na kwantum-kompers via die deskundige David Deutsch. David Deutsch is soos ek doodseker oor die multiversum, en daardie feit laat my glimlag.
 
Ek het drie maande gelede David Deutsch se The Beginning of Infinity gelees, en is seker jy sal met my saamstem Wouter: dis suiwer wetenskaplike waansin! 
 
David Deutsch se egter dat sy wetenskaplike waansin (multiversum) binne 20 jaar sal werk, wanneer kwantum-kompers in algemene gebruik sal wees.
 
Stem saam: die uitslag is nog in die toekoms.

Groete
Ran Doodt

 

 

 

 

 

 

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top