Oor Bob Dylan en sy Nobelprys vir letterkunde

My gunsteling-anekdote oor die impak wat Bob Dylan op ’n luisteraar kan maak, kom van John Hiatt. Dié merkwaardige Amerikaanse sanger-liedjieskrywer uit eie reg, vertel hy het Dylan se seminale 1965-treffer “Like a Rolling Stone” die eerste keer oor die radio gehoor terwyl hy in die motor vir sy ma in die kleinstad van Monticello, Indiana, gewag het. Toe sy ma uit die winkel kom en agter die stuur inklim, was hy verbaas dat sy hom hoegenaamd nog erken het. Dié ervaring het hom immers radikaal verander. (Kyk ook wat Springsteen oor die impak van hierdie treffer sê, by die top-10-lysie onderaan die artikel.)

Dis hierdie magiese, transformerende effek wat Dylan op ontvanklike siele het, wat van hom so ’n legendariese figuur maak.

dylancronicalsIn sy outobiografie, Chronicles: Volume One (2004), skryf Dylan dat hy ’n openbaring gehad het toe hy ’n brief van sy digterheld Arthur Rimbaud lees met die titel: “Ek is iemand anders.” Hy het daardie woorde ter harte geneem en homself van Robert Zimmerman verander in die kwiksilwer-troebadoer Bob Dylan – met die Walliese digter Dylan Thomas se naam as sy nuwe van.

In Dylan se beste werk word die wêreld ’n vreemder en geheimsinniger plek en daarmee saam jou moontlike rol daarin. Wanneer jy jouself in Dylan se lirieke begin afluister, besef jy ook “ek is of kan iemand anders wees”.

Goed en wel, maar beteken dit nie gewoon Dylan net is ’n groot sanger-liedjieskrywer nie? Maak dit hom ’n waardige wenner van nie net ’n Oscar vir Beste Liedjie of ’n Grammy nie, maar ook die Nobelprys vir letterkunde wat verlede week aan hom toegeken is?

Beslis. Nie omdat ek meen daar geen ander bekronenswaardige kandidate was nie. Daar wen mos elke jaar een skrywer ten koste van verskeie ander bitter verdienstelike aanspraakmakers op hierdie Sweedse eerbewys.

Die geringskatting van Dylan lyk vir my egter meer na ’n vorm van snobisme as oorwoë literêre kritiek. En op enige vorm van snobisme kan ’n regdenkende mens gerus ’n bietjie neersien. Snobisme is tog niks anders as ’n houding gebaseer op halwe waarhede en onkunde nie.

Ek onthou nog goed hoe daar in letterkundige kringe gemor is oor ’n 2011-resensie van Desmond Painter. Die rede vir die ongelukkigheid? Painter het in sy warm waardering vir ’n keur uit Abraham de Vries se kortverhale, Die behoue huis, in sy eerste sin verklaar: “Abraham de Vries is die Bob Dylan van die Afrikaanse letterkunde.”

Die resensent se motivering vir hierdie stelling was heel logies en oortuigend:

Dylan het in die 1960’s opspraak verwek toe hy sy rug klaarblyklik op folk gedraai en “elektriese” musiek begin speel het. Wat Dylan se rockalbums uit daardie jare so interessant maak, is juis hoe gesofistikeerd hy die musikale en retoriese tradisies van folk, country en blues in sy meer eksperimentele werk ontgin het. […]

De Vries het as kortverhaalskrywer ’n soortgelyke pad geloop. Ná ’n aantal bundels “kontreiverhale”, konvensionele stories waarin hy die landskappe en karakters van die Klein-Karoo intiem verken het, begin hy sedert die middel-60’s ’n veel uitdagender soort kortverhaal skryf.

Die besware aan die destydse boekeredakteur van Die Burger, Willem de Vries (toevallig die skrywer se seun), was egter nie oor die resensent se logika nie, maar oor die feit dat hy De Vries senior se skrywerskap – vanweë onkunde, moedswilligheid of oorskatting van Dylan – liggies beledig het deur van sy beste literêre werk met die lirieke van ’n Amerikaanse popsanger te vergelyk.

Bob Dylan in die Ahoy-teater, Rotterdam, Junie 1984.
Foto: Chris Hakkens [CC BY 2.0 (http://creativecommons.org/licenses/by/2.0)], via Wikimedia Commons

Ek vermoed die destydse beswaardes is nou opnuut saam met die ander beswaarmakers wêreldwyd ongelukkig oor die Sweedse Akademie se besluit, terwyl ek en skares ander Dylan-aanhangers diep lekkerkry.

Is dit dan uiteindelik net ’n kwessie van smaak?

Deels, seker, maar letterkunde gaan tog oor woorde, en poësie is, soos Samuel Taylor Coleridge geskryf het, “the best words in their best order”. Letterkunde is nuus wat nuus bly, in die woorde van Ezra Pound. En poësie veroorsaak volgens die Britse filosoof Owen Barfield ’n waarneembare verruiming van die bewussyn – “a felt change of consciousness”.

Dit wat al die groot, kanonieke skrywers volgens die Amerikaanse letterkundige Harold Bloom gemeen het, is vreemdheid. “All canonical writing possesses the quality of making you feel strangeness at home,” skryf hy in sy The Western Canon: The books and schools of the ages (1994).

Gemeet aan al hierdie kriteria vir beduidende letterkunde en poësie, kan ek nie aan enige rede dink wat sou verklaar hoekom Bob Dylan se beste woorde nie die Nobelprys vir letterkunde behoort te wen nie. Inteendeel.

En ja, toegegee, die beste woorde in die beste volgorde bereik nie altyd die meeste mense nie, maar hoeveel woorde van ander Nobelpryswenners ken miljoene mense uit hulle kop uit? En ek praat nie van triviale woorde soos “Love, love me do” nie, maar van onthutsende woorde wat ook van miljoene mense se vreemde koppe en onstuimige tye op ’n enigmatiese manier sin maak soos die beste woorde van Bob Dylan.

Bruce Springsteen bevestig my punt sekuur in sy pasgepubliseerde outobiografie, Born to run, wanneer hy as volg oor die enorme impak van Dylan skryf:

Bob Dylan is the father of my country. Highway 61 Revisited [1965] and Bringing It All Back Home [1965] were not only great records, but they were the first time I can remember being exposed to a truthful vision of the place I lived. The darkness and light were all there, the veil of illusion and deception ripped aside. He put his boot on the stultifying politeness and daily routine that covered corruption and decay. The world he described was all on view, in my little town, and spread out over the television that beamed into our isolated homes, but it went uncommented on and silently tolerated. He inspired me and gave me hope. He asked the questions everyone else was too frightened to ask, especially to a fifteen-year-old: “How does it feel ... to be on your own?” A seismic gap had opened up between generations and you suddenly felt orphaned, abandoned amid the flow of history, your compass spinning, internally homeless. Bob pointed true north and served as a beacon to assist you in making your way through the new wilderness America had become. He planted a flag, wrote the songs, sang the words that were essential to the times, to the emotional and spiritual survival of so many young Americans at that moment.

Dylan is dus onbetwisbaar meer as slegs ’n ikoniese sanger. Wat ons van groot skrywers verwag en kry, is woorde vir dinge en werklikhede waarvoor ons woorde gesoek maar nie gehad het nie; woorde wat sal hou en deug hoewel ons weet dat niks uiteindelik hou of deug nie. Dylan het daardie woorde en rigtingwysers verskaf aan ’n nuwe generasie en hul kinders op ’n manier wat geeneen van die ander aanspraakmakers op die Nobelprys vir letterkunde vanjaar sweerlik kon doen nie.

Azkena Rock Festival 2010
Foto: Alberto Cabello from Vitoria Gasteiz (Bob Dylan) [CC BY 2.0 (http://creativecommons.org/licenses/by/2.0)], via Wikimedia Commons

Literêre pryse is ’n manier om dankie te sê vir woorde wat as proefstene en ’n nuwe soort kompas kan dien. En dankies skiet natuurlik soos selfs die beste woorde noodwendig te kort, maar die Nobelprys vir Dylan is nietemin ’n baie mooi gebaar.

Ek is egter nie verheug oor dié toekenning aan Dylan slegs omdat ek meen hy verdien dit net soveel soos ’n Philip Roth, Ngugi wa Thiong’o of Haruki Murakami nie. JM Coetzee het ook die Nobelprys verdien, maar ek was nie op dieselfde manier bly oor sy wen nie. Ek is in my noppies as ou rockliriekliefhebber. Die Nobelprys aan Dylan is groot erkenning vanuit ’n gerespekteerde oord nie net vir hom nie, maar vir ’n hele onderskatte skryfdissipline.

Dis ’n klinkklare teken dat Lou Reed, ’n ander groot rockliriekskrywer, ’n punt gehad het toe hy verklaar het: “I always thought of rock as a serious form of writing. I play for keeps. So shoot me.” Reed het dan ook in 1984 aan Rolling Stone gesê hy dink aan sy plate as die hoofstukke van sy Groot Amerikaanse Roman:

You take the whole thing, stack it and listen to it in order, there’s my Great American Novel. It tells you all about me, of growing up in the 60s, 70s and now the 80s. That’s what it was like for one person, trying to do the best he could, with all the problems that go along with everybody.

Daarmee wil ek nie sê dat alle liriekskrywers goeie letterkunde produseer of selfs dat al die beste liriekskrywers altyd en gedurig woorde van waarde skryf nie, maar nou ja, dit doen ook die groot “literêre skrywers” nie konstant nie. Die beste romans, kortverhale, dramas, gedigte en ook lirieke funksioneer as raamwerke en kontekste waarbinne sekere woorde diep tref en mens laat dink. Dis nie alles pure poësie en tydloosheid nie. Wat tel, is die krag en reikwydte van daardie woorde wat wel tref.

dylantarantulaInteressant in dié verband is dat Dylan ook twee boeke geskryf het: ’n eksperimentele roman in die ’60’s, Tarantula, en ’n uitstekende outobiografie, Chronicles: Volume One, wat in 2004 verskyn het. Maar hy het beslis nie die Nobelprys op grond van daardie twee boeke ontvang nie. Dis die uitsonderlike skryfwerk in sy liedtekste wat die saak in sy guns beklink het.

Op soortgelyke manier as Dylan se outobiografie is Bruce Springsteen se nuwe outobiografie ’n uitstekende boek, maar dis ’n soort sekondêre, aanvullende wonderwerk tot die man se merkwaardige liriek- en liedjiekuns. Dis die musiek en lirieke wat beide ikone se outobiografieë hul bestaansreg gee; boeke waarin sowel Dylan as Springsteen merkwaardige insigte sowel in hul eie kunstenaarskap en psige as in hul kultuur en tyd openbaar.

En gepraat van Springsteen: ’n mens moet onthou dat baie van die mees beduidende lirieke dikwels begeesterd deelneem aan die groter literêre gesprek. The Cure se “Killing of an Arab” is byvoorbeeld ’n reaksie op Albert Camus se The outsider. Die inspirasie vir en sentrale metafoor van Joni Mitchell se klassieke “Both sides now” lê in ’n passasie oor wolke uit Saul Bellow se Henderson the Rain King. In Nick Cave galm stukkies Wordsworth en Coleridge in donker rockgesange. En só vind jy in Springsteen se The Ghost of Tom Joad ’n koorsige, intieme gesprek met die Nobelprys-wenner John Steinbeck se The grapes of wrath.

Binne die tradisionele letterkunde word ook gereeld teruggepraat met en gereageer op pop- en rocklirieke. Ek was daarom hoegenaamd nie verbaas toe een van die eerste entoesiastiese resensies van Springsteen se nuwe outobiografie deur die bekroonde Amerikaanse skrywer Richard Ford geskryf is nie. (Richard Ford Reviews Bruce Springsteen’s Memoir)

Toe Ford in 2008 Suid-Afrika besoek en die Franschhoek Literary Festival bygewoon het, het hy in ’n onderhoud wat ek met hom vir die destydse Boeke-Insig gevoer het, geen geheim van sy agting vir Springsteen as skrywer gemaak nie.

Die vonk vir sy Pulitzer-bekroonde roman Independence Day, sê hy, het direk van Springsteen se gelyknamige ballade op sy The River-album gekom:

Dit was ’n belangrike vonk. Dis ’n baie melancholiese liedjie met die refrein: “Just say goodbye it’s Independence Day”. En om een of ander rede het ek nooit die verband tussen onafhanklikheid en die noodwendigheid om totsiens te sê, gesien nie. Dalk was dit vir almal anders voor die hand liggend, maar by my het dit klik gemaak.

As jy romans of gedigte wil skryf, moet jy maak asof die wêreld nog nie voorheen bestaan het nie. En daardeur loop jy die gevaar om heeltemal simpel en naïef te klink. Maar dis nodig om die houding te hê dat jy iets gaan skep of uitvind wat mense gedink het hulle verstaan, maar eintlik nog nie werklik begryp het nie. Daardie liedjie het my oortuig dat dit só is. Om die verbintenis te maak – veral binne die grense van daardie liedjie – was vir my geweldig belangrik. Dit het my bors laat swel. Dit laat nog steeds my bors swel.

En toe dog ek wel, as jy so voel oor iets, is dit die soort woeling in jou binneste wat die voorbode is van ’n stuk skryfwerk.

Maar hoekom, wou ek toe weet, het hy nie vir Springsteen in dié boek aangehaal nie?

Ford het sonder huiwering geantwoord: “Om die eenvoudige rede dat jy nie vir Springsteen kan aanhaal en steeds jou gesag as outeur op daardie bladsy behou nie. Sy stem is te sterk. Hy sal jou van die bladsy af skryf.”

Geld dieselfde nie dubbel en dwars vir Dylan nie?

Dit is daarom allermins vreemd om aan lirieke te dink as deel van die letterkunde. Trouens, vir daardie skrywers wat ’n ongewone slag met lirieke het, is dit dikwels hul mees beduidende skryfwerk.

Barcelona 1984
Foto: Stoned59 (originally posted to Flickr as Bob Dylan) [CC BY 2.0 (http://creativecommons.org/licenses/by/2.0)], via Wikimedia Commons

Dink gerus aan twee ander formidabele liriekskrywers: Leonard Cohen en Nick Cave. Beide het al romans gepubliseer en Cohen het verskeie digbundels agter sy naam. Cave het ook interessante draaiboeke geskryf, maar as ’n brand my boekery bedreig en ek moet kies, sal ek nie lank weifel nie: dis die versamelde lirieke wat vir my dié twee duister romantici se kosbaarste literêre nalatenskap is.

Is groot liriekskrywers dus nie maar nes groot romansiers, dramaturge, essayiste of digters gewoon groot skrywers nie? Lesers en woordliefhebbers waardeer hul skryfwerk en woordkuns nes enige ander soort woordwerk wat boei, verstom en nuut laat wonder. Die feit dat daar so min groot liriekskrywers is, maak hulle dalk selfs ekstra kosbaar. Ek kan vinnig baie meer noodsaaklike romansiers en digters opnoem as noodsaaklike liriekskrywers. ’n Dylan, Springsteen, Cohen, Paul Simon, Joni Mitchell, Cave, Tom Waits, Lou Reed, Laurie Anderson, Randy Newman, Dory Previn, PJ Harvey, Neko Case, Bill Callahan (voorheen bekend as Smog) en Matt Berninger (sanger-liriekskrywer van The National) skop jy nie onder elke brandende bos uit nie.

En laat ons nie die onoortreflike Bertolt Brecht vergeet nie. Brecht was natuurlik ’n Nobelpryswaardige digter en dramaturg, maar die lirieke wat hy vir die musiek van Kurt Weill geskryf het, is ten minste net so invloedryk en miskien selfs sy grootste grootse nalatenskap. Gaan luister mooi na daardie donker stroom wat loop vanaf Dylan1 deur Lou Reed tot by Tom Waits, Nick Cave en PJ Harvey en jy sal die invloed van Brecht en Weill se Dreigroschenoper (The Threepenny Opera) tot in jou murg voel vibreer.

Kom ons vier daarom die groot liriekskrywers sonder voorbehoud. Hierdie geseëndes, wat op sigself kragtige woorde kan maak lepellê met ritme en musiek, ontketen kernontploffings in vrugbare verbeeldings waarvan die meeste skrywers net kan droom.

’n Groot heildronk dus op Nobel-Bob – die verbysterende basterklong van Brecht, Rimbaud, Dylan Thomas, Robert Johnson, Woody Guthrie, Hank Williams en Elvis! Baie dankie vir al die woorde en akkoorde, meester, maar veral – die woorde.

Tien liedjies, in chronologiese volgorde, wat my baie bly maak dat Bob Dylan die Nobelprys gewen het:

1. “A Hard Rain’s A-Gonna Fall” (1963)

Hierdie liedjie van The Freewheelin’ Bob Dylan kom na jou met die gesag van ’n Ou-Testamentiese profesie, gelewer deur ’n profeet wat put uit ’n skrikwekkende, eietydse Bybel:

Gaan lees gerus ook Tony Hoagland se gedig “Hard rain”, waarin hy die manier waarop Amerikaanse kapitalisme enige protes in wins kan verander, na aanleiding van hierdie Dylan-liedjies, bytend betreur: Hard Rain

2. “Subterranean Homesick Blues” (1965)

Die openingsnit van Bringing it all back home was een van die eerste Dylan-liedjies wat my tussen die oë en in my maag gelyk getref het. Ek het daarna geluister in apartheid-Suid-Afrika in die laat ‘80’s en groot dele daarvan het vir my gevoel na ’n direkte waarskuwing wat ek bitter dwaas sou wees om te verontagsaam:

Look out kid
Don't matter what you did
Walk on your tip toes
Don’t tie no bows
Better stay away from those
That carry around a fire hose
Keep a clean nose
Wash the plain clothes
You don’t need a weather man
To know which way the wind blows.

(Die links-radikale politieke organisasie The Weathermen se naam is, terloops, deur daardie laaste twee reëls geïnspireer.)

“Subterranean Homesick Blues” was een van Dylan se eerste elektriese opnames, en die lirieke saam met die dringende ritme slaan jou katswink.

Hierdie vernuwende kortfilm wat van die liedjie gemaak is, was die eerste keer in DA Pennebaker se Dylan-dokumentêr, Don’t look back, te sien en kan beskou word as een van die eerste musiekvideo’s:

3. “Mr Tambourine Man” (1965)

Een van die liedjies op die klassieke Bringing it all back home wat jy nooit vergeet as dit jy een keer gehoor het nie, met lirieke wat jou lewenslank laat met die versugting dat daardie tamboerynman jou sal kom haal en saamneem, is “Mr Tambourine Man”:

Then take me disappearin’ through the smoke rings of my mind
Down the foggy ruins of time, far past the frozen leaves
The haunted, frightened trees, out to the windy beach
Far from the twisted reach of crazy sorrow
Yes, to dance beneath the diamond sky with one hand waving free
Silhouetted by the sea, circled by the circus sands
With all memory and fate driven deep beneath the waves
Let me forget about today until tomorrow.

Luister gerus ook na die weergawe van die eksperimentele groep The Flowers of Hell. Dit wys jou treffend hoe dié liedjie steeds in 2013 by ’n jonger generasie weerklink. Die stem van die sangeres en die keuse van instrumentasie laat jou ook vermoed watter onvergeetlike opname Nico and The Velvet Underground van “Mr Tambourine Man” sou kon gemaak het:

4. “Like a Rolling Stone” (1965)

Dié liedjie van Dylan se Highway 61 Revisited is al met goeie rede deur Rolling Stone as die grootste liedjie van die rock-era aangewys.

Bruce Springsteen skryf só daaroor in Born to run:

In the 1960s the first version of my country that struck me as truthful and unfiltered was the one I heard in songs by artists like Bob Dylan, the Kingsmen, James Brown and Curtis Mayfield. “Like a Rolling Stone” gave me the faith that a true, unaltered, uncompromised vision could be broadcast to millions, changing minds, enlivening spirits, bringing red blood to the anemic American pop landscape and delivering a warning, a challenge that could become an essential part of the American conversation. This was music that could stir the heart of your fellow countrymen and awaken the mind of a shy, lost fifteen-year-old in a small New Jersey town. “Like a Rolling Stone” and “Louie Louie” let me know that someone, somewhere was speaking in tongues and that absurd ecstasy had been snuck into the Constitution’s First Amendment and was an American birthright. I heard it on the radio.

Die dalk interessantste konsertweergawe van dié liedjie sien jy in Martin Scorcese se Dylan-dokumentêr, No direction home – ’n uitstekende plek om te begin as jy nog nooit die groot bohaai oor Dylan kon verstaan nie. Scorcese wys Dylan se legendariese, uitdagende 1966-uitvoering van “Like a Rolling Stone” in Londen se Royal Albert Hall saam met die onderonsie wat dit voorafgegaan het. Iemand uit die skare snou Dylan “Judas!” toe – klaarblyklik een van die vele folkies wat gevoel het Dylan het uitverkoop met sy nuwe elektriese musiek. Dylan antwoord met: “I don’t believe you. You’re a liar!”, draai om na The Band en sê: “Play it f****n’ loud!” Daardie konsert is ongelukkig nie op YouTube beskikbaar nie, maar hier kan jy hoor hoe Dylan in No direction home oor dié liedjie praat waaruit die titel van Scorcese se dokumentêr afkomstig is:

Hier is ’n ander skroeiende weergawe van dié liedjie uit dieselfde era:

5. “Visions of Johanna” (1966)

Nobel-Bob se woorde het nie net binne die kontrakultuur en burgerregteeweging van die ’60’s resonansie gevind nie. Wanneer ek dink aan my 20’s in Duitsland gedurende die negentigerjare – aan die antiklimakse van volwassenheid, vervulde romantiese liefde en die groot ou beskawing van Europa, is dit die woorde van my miskien gunsteling-Dylan-gunsteling, “Visions of Johanna” van Blonde on Blonde, wat na my terugkom asof dit alles oor die hele ingewikkelde affêre netjies saamvat:

Ain’t it just like the night to play tricks when you’re tryin’ to be so quiet?
We sit here stranded, though we’re all doing our best to deny it
And Louise holds a handful of rain, tempting you to defy it
Lights flicker from the opposite loft
In this room the heat pipes just cough
The country music station plays soft
But there’s nothing really nothing to turn off
Just Louise and her lover so entwined
And these visions of Johanna that conquer my mind.
[…]
Inside the museums, Infinity goes up on trial
Voices echo this is what salvation must be like after a while
But Mona Lisa musta had the highway blues
You can tell by the way she smiles.

Vir mense wat nog nie Blonde on Blonde, my gunsteling-Dylan-album besit nie, wil ’n mens soos Jack Black se plateverkoopsman-karakter in die verfilming van Nick Hornby se roman High Fidelity sê: “Sjjt, moet vir niemand vertel nie. Koop dit net dadelik en dit sal alles oukei wees.”

6. “Tangled up in Blue” (1975)

Dylan se 1975-album Blood on the tracks  is beslis ’n kandidaat vir een van die grootste break-up albums van die laaste vyf dekades. Een van die mooiste en intrigerendste snitte op dié plaat is “Tangled up in blue”:

Wat Dylan in dié liedjie met die wisseling van persoonlike voornaamwoorde doen, is besonder interessant. Gaan lees gerus wat die musiekskrywer William Ruhlmann alles oor dié liedjie sê: Song Review by William Ruhlmann

7. “Blind Willie McTell” (1991)

“Epic” is ’n kompliment en etiket wat veels te ligtelik uitgedeel word aan al wat ’n boek, fliek of liedjie is, maar Dylan se ballade “Blind Willie McTell” sal jy moeilik sonder gebruik van die woord “epies” kan beskryf. Dylan het dit aanvanklik opgeneem vir sy 1983-album Infidels, maar dis eers in 1991 uitgereik op The Bootleg Series, Vols 1–3 (Rare & Unreleased) 1961–1991.  

Lees hier Thomas Ward se resensie van dié liedjie: Song Review by Thomas Ward.

8. “Not Dark Yet” (1997)

Met 1997 se Time out of mind het Dylan ’n magtige nuwe asem in die vierde dekade van sy lang loopbaan gevind. Dié album het ’n welverdiende Grammy gewen en die kroonjuweel is vir my “Not dark yet”, ’n liedjie wat jou op moedverloor se vlakte die hande oplê en oortuig jy is nie alleen nie:

9. “Things Have Changed” (2000)

Dylan het vir hierdie liedjie wat hy tot die Wonder Boys-rolprentklankbaan bygedra het, in 2001 ’n Oscar gewen. Daar is geen rede om te vermoed dat die lirieke oor meer as ’n mislukte liefdesverhouding handel nie, maar wanneer ’n grys Dylan lewensmoeg sing: “I used to care, but things have changed”, veroorsaak dit so ’n kortsluiting met van sy vroeëre ikoniese liedjies – veral “The times they are a-changin’” – dat ’n mens nie anders kan as om dit ook as verdoemende kommentaar op ’n nuwe tydsgewrig en ’n soort bedanking uit die samelewing te lees nie.

Dis ook ’n liedjie wat jou op hoogs verkwiklike wyse herinner dat Dylan ewe veel uit die blues- as die folk-tradisie geput het:

10. “When the Deal Goes Down” (2006)

Op Dylan se laaste twee ware knewels – Love & Theft (2001) en Modern Times (2006) – is daar hoogtepunte te kus en te keur. Die albums daarna was nie op dieselfde peil nie, maar liedjies soos “Mississippi” op Love & Theft en “Ain’t Talkin’” op Modern Times is laat meesterstukke wat hard praat met die wêreld en Dylan se eie oeuvre.

Aangesien daar egter nie tans mooi opnames van een van hierdie twee op YouTube beskikbaar is nie, sluit ek af met “When the deal goes down” – ’n liedjie op Modern Times waarmee Dylan jou vir ’n laaste hartseerwals nooi terwyl hy in ’n stem van gefluisterde rook en skadu belowe:

Each invisible prayer is like a cloud in the air
Tomorrow keeps turning around
We live and we die, we know not why
But I'll be with you when the deal goes down.

Pasop, as hierdie een jou op die volmaak verkeerde oomblik vang, gaan die dronkverdriet jou vat en die droef jou druk:

 

Eindnota

1 In Chronicles verklaar Dylan onomwonde en in besonderhede hoe Brecht en Weill en veral hul “Pirate Jenny” ’n draaipunt in sy jong liedjieskryf-loopbaan was. Dit het hom geïnspireer om die folktradisie van Woody Guthrie met iets heel anders te kombineer en ’n kwantumsprong in sy eie skryfwerk en daarmee met die hele folktradisie te waag:

Most everything I wanted to say I could usually find in an old folk song or in one of Woody’s songs. When I began performing “Let Me Die in My Footsteps,” I didn’t even say I wrote it. I just slipped it in somewhere, said it was a Weavers song.

My perspective on all that was about to change. The air would soon shoot up in intensity and become more potent. My little shack in the universe was about to expand into some glorious cathedral, at least in songwriting terms. Suze [Rotolo] had been working behind the scenes in a musical production at the Theatre de Lys on Christopher Street. It was a presentation of songs written by Bertolt Brecht, the antifascist Marxist German poet-playwright whose works were banned in Germany, and Kurt Weill, whose melodies were like a combination of both opera and jazz. Previously they had had a big hit with a ballad called “Mack the Knife” that Bobby Darin had made popular. You couldn’t call this a play, it was more like a stream of songs by actors who sang. I went there to wait for Suze and was aroused straight away by the raw intensity of the songs … “Morning Anthem”, “Wedding Song”, “The World Is Mean”, “Polly’s Song”, “Tango Ballad”, “Ballad of the Easy Life”. Songs with tough language. They were erratic, unrhythmical and herky-jerky-weird visions. The singers were thieves, scavengers or scallywags and they all roared and snarled. The entire world was narrowly confined between four streets. On the small stage, objects were barely discernable – lampposts, tables, stoops, windows, corners of buildings, moon shining through roofed-in courtyards – grim surroundings, creepy sensations. Every song seemed to come from some obscure tradition, seemed to have a pistol in its hip pocket, a club or a brickbat and they came at you in crutches, braces and wheelchairs. They were like folk songs in nature, but unlike folk songs, too, because they were sophisticated.

Within a few minutes I felt like I hadn’t slept or tasted food for about thirty hours, I was so into it. The song that made the strongest impression was a show-stopping ballad, “A Ship the Black Freighter”. Its real title was “Pirate Jenny”, but I didn’t hear that in the song so I didn’t know what the real title was. It was sung by some vaguely masculine woman, dressed up like a scrubbing lady who performs petty tasks, goes about making up beds in a ratty waterfront hotel. What drew me into the song at first was the line about the ship the black freighter, that comes after every verse. That particular line took me back to the foghorns of ships that I’d heard in my youth and the grandiosity of the sounds had stuck in my mind. Seemed like they were right on top of us.

[…]

This is a wild song. Big medicine in the lyrics. Heavy action spread out. Each phrase comes at you from a ten-foot drop, scuttles across the road and then another one comes like a punch on the chin. And then there’s always that ghost chorus about the black ship that steps in, fences it all off and locks it up tighter than a drum. It’s a nasty song, sung by an evil fiend, and when she’s done singing, there’s not a word to say. It leaves you breathless. In the small theater when the performance reached its climactic end the entire audience was stunned, sat back and clutched their collective solar plexus. I knew why it did, too. The audience was the “gentlemen” in the song. It was their beds that she was making up. It was their post office that she was sorting mail in, and it was their school she was teaching in. This piece left you flat on your back and it demanded to be taken seriously. It lingered. Woody had never written a song like that. It wasn’t a protest or topical song and there was no love for people in it.

Later, I found myself taking the song apart, trying to find out what made it tick, why it was so effective. I could see that everything in it was apparent and visible but you didn’t notice it too much. Everything was fastened to the wall with a heavy bracket, but you couldn’t see what the sum total of all the parts were, not unless you stood way back and waited ’til the end. It was like the Picasso painting Guernica. This heavy song was a new stimulant for my senses, indeed very much like a folk song but a folk song from a different gallon jug in a different backyard. I felt like I wanted to snatch up a bunch of keys and go see about that place, see what else was there. I took the song apart and unzipped it – it was the form, the free verse association, the structure and disregard for the known certainty of melodic patterns to make it seriously matter, give it its cutting edge. It also had the ideal chorus for the lyrics. I wanted to figure out how to manipulate and control this particular structure and form which I knew was the key that gave “Pirate Jenny” its resilience and outrageous power.

I’d think about this later in my dumpy apartment. I hadn’t done anything yet, wasn’t any kind of songwriter but I’d become rightly impressed by the physical and ideological possibilities within the confines of the lyric and melody. I could see that the type of songs I was leaning towards singing didn’t exist and I began playing with the form, trying to grasp it – trying to make a song that transcended the information in it, the character and plot.

Kommentaar

  • Marlet le Roux

    Dankie Danie vir hierdie oorsig oor Dylan!

    Laat my ook dink, dalk moet ons plaaslike liedjieskrywers meer aandag kry. Daar is 'n paar uitstekendes!

  • Sandra Claire Bouwer

    Vir 'n sewentigjarige was dit 'n wonderlike beaaming van die renosaans (askuus is dit 'n anglisisme?) wat Bob se musiek by 'n taamlike rebelse jong dame gevind het, sonder dat sy aldag geweet het hoe kom! Ek sê geluk aan hom vir die prys! Jy het reg, die prys kom nie net sekere soort skrywers toe nie, daar is mos nog geleenthede vir ander om te wen!

  • Gerrie Rothmann

    Baie dankie vir die insiggewende artikel oor Dylan. Ek het in die 70's na hom begin luister. Ek het toe niks gehad om oor te rebelleer nie, maar ek het tog sy werk geniet. As daar 'n Afrikaanse digter/liedjieskrywer is wat ook 'n toekenning verdien, is dit Koos Doep.

  • Baie dankie vir hierdie artikel. Ek sou graag Red River Shore wou byvoeg as een van sy mees epiese (in elke sin van die woord) songs.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top