Die Evangelie volgens die Vlieënde Spaghetti Monster

  • 40

Ek sien dat hier ’n intense debat woed oor die kwessie van die mens se sondige natuur. Vanuit die godsdienstige kant word daar beweer dat die mens in sonde ontvang en gebore word en daarom verlossing benodig om van hierdie sondestaat verlos te word. Die verlossing word dan sommer ook baie handig by wyse van geloof in hulle verbeelde godsfiguur voorgehou. As ’n mens sou navraag doen oor die bewyse vir al hierdie bewerings en hipoteses dan word jy voortdurend na hulle heilige geskrif “Die Bybel” (let op die hoofletters) verwys. As daar verder gevra word oor wie die gesaghebbende geskrif geskryf het, is die antwoord natuurlik heel eenvoudig: die goddelike figuur wat jou van die sonde moet verlos! Absurd maar waar.

Die hele basis waarop die argument berus is dus geloof in die sondige staat van die mens. As jy eers in daardie hersenskim ingekoop het, is die res van die delusie baie maklik. As daar nie sonde was nie, sou die nodigheid van die versoeningsdood van god nie nodig wees nie en dan val die hele storie soos ’n kaartehuis inmekaar. As jy oortuig kan word dat jy sleg en sondig is dan raak jy soos klei in die hande van onse (sondelose) Kosie en sy agterryer (sondige) FC Boot. Arme ou Trienie is so oortuig van haar sondigheid en kom nie eers agter dat sy gruwelik bedrieg word nie.

Die hele delusie van sonde en die verlossing daarvan sou seker geduld kon word as die groepie eenvoudiges wat hierdie hipotese wou glo dit in die privaatheid van hulle huise beoefen het. Die uitvinders van hierdie delusie het egter mettertyd gesien dat as mense van hierdie belaglikheid oortuig kan word, kan die grense van die belaglikheid na willekeur uitgebrei word. Die ganse aarde en alle waarneembare lewe is sommer skielik ook die handewerk van hierdie goddelike wese en hy (o ja dis beslis ’n hy) stel die wette van die fisika vas, genees mense lukraak, straf mense wat sonde doen, bepaal wie rugbywedstryde wen en sommer oneindig baie ander dinge (omdat hy oneindig magtig is en oneindig baie tyd het).

Maar kom dat ek julle ’n meer uitnemender weg wys.

Hierdie meer uitnemende weg word volledig beskryf in Die Evangelie volgens die Vlieënde Spaghetti Monster (let op die hoofletters). Net soos die goddelike wesens wat ek hierbo beskryf het dit bitter moeilik maak om gesien te word, is die Vlieënde Spaghetti Monster ook nie maklik sigbaar nie. Die Vlieënde Spaghetti Monster is ’n onsigbare wese wat die doen en late van elke mens monitor deur een van sy spaghetti-agtige tentakels op elke mens se kop te hou. Soos wat die mensdom se getalle uitgebrei het, het die Vlieënde Spaghetti Monster elke keer ’n tentakel gegroei om op daardie persoon se kop te plaas. Aanvanklik kon die Vlieënde Spaghetti Monster byhou om tentakels te groei maar teen die tempo waarteen die wêreld se bevolking toegeneem het kon Dit (o ja dis beslis ’n dit) naderhand nie meer betyds tentakels groei om op almal se koppe te sit nie. Die gevolg hiervan is dat die bevolking van die wêreld al hoe langer word.

Daar is selfs wetenskaplike bewyse vir hierdie waarheid! Etlike wetenskaplike studies het aangetoon dat die spesie Homo Sapiens oor die millennia gemiddeld al hoe langer geword het wat ’n duidelike en wetenskaplike bewys vir die bestaan van die Vlieënde Spaghetti Monster is. Daar is verskeie ander bewyse maar ruimte laat my nie toe om nou daaroor uit te brei nie. Die Evangelie van die Vlieënde Spaghetti Monster is natuurlik deur die Vlieënde Spaghetti Monster self geskryf en mag nie bevraagteken word nie! Die feit dat mense al hoe langer word behoort in elk geval as genoegsame bewys te dien. Deurdat Dit (let asb. op dat Dit met ’n hoofletter geskryf word) ’n tentakel op jou kop hou het die Vlieënde Spaghetti Monster slegs goeie bedoelings in gedagte. Dit wil jou bloot beskerm en lei tydens jou opwindende tydjie hier op aarde. Geloof in ander gode veroorsaak dat Dit Dit se tentakel momenteel van jou kop kan afhaal om dit in ’n toestand van ontsteltenis, voor Dit se eie mond te hou, en dan kan slegte dinge oor jou pad kom. Solank jy egter net in Die Vlieënde Spaghetti Monster glo is alles reg en kan jy ongestoord jou gang gaan. Die Vlieënde Spaghetti Monster ken nie die begrip van sonde nie en almal word volgens Dit, sonder sonde gebore. Die lewe is hier om te geniet en jy hoef nooit voor Dit te buig of te aanbid nie – Dit is nie so kleingeestig nie!

Hoe klink geloof in die Vlieënde Spaghetti Monster as ’n alternatief?

Vlieënde Spaghetti Monster groete

Thomas

  • 40

Kommentaar

  • Thomas skryf weer om mense uit te lok. Hoop jy voel tydelik beter. Amper ter aanvang: “ … oor die bewyse vir al hierdie bewerings en hipoteses dan word jy voortdurend na hulle heilige geskrif “Die Bybel” (let op die hoofletters) verwys.”

    Thomas is onkundig. As na 'n pornografiese boek verwys word deur sy titel aan te haal sal amper al die woorde ook in hoofletters geskryf word. Dis wat 'n mens konvensie noem.

    Thomas as jy weer op straat is en jou oë oophou sal jy sien dat daar mense is wat selfs misdadig optree. Dis omdat daar in elke mens saam met die neiging tot die goeie 'n neiging tot die kwade is. Al verfoei jy die woord 'sonde', dit is 'n feit en dan kies jy maar net 'n ander woord, wat die gedagte oordra. Miskien is ek 'n optimis maar ek dink daar sal nog eendag vir jou ook lig opgaan. Ek probeer nie om jou kwaad te maak nie, maar eendag kom ek 'n dierbare tannie by die kerk teë en sy praat oor iemand wat in die koerant 'n aanval op gelowiges geloods het. Haar rustige reaksie was dat dit nog iemand is vir wie sy sal bid.

    Ek ken nie vir Kobus, Trienie of F C Boot persoonlik nie en kan net vermoed dat hulle oortuigings van hulle en die mense om hulle beter mense maak (minder behep met hulself en meer ingestel op hulle medemens).

    Volgens jou heel laaste sin blyk dit dat jy selfs nog by Cornelius leer! Gesprekke op LitNet kan nie oorskat word nie. Onthou net dat 'n vereiste vir sinvolle gesprek respek van albei partye vereis.

    George B

    N.S. Terwyl jy jou seerowervlag (ateïsme) so kragtig swaai wil ek nog iets byvoeg. Weet jy hoekom jou sekerheid dat alles vanself en toevallig ontstaan het verkeerd bewys kan word? Die feit dat daar soveel skoonheid rondom ons is – in watervalle, sonsondergange, diere en blomme - kyk maar na Trienie se foto's. Niks het toevallig gebeur nie.

  • Pieter Redelinghuys

    Beste Thomas,

     

    Dankie uit die diepte van my hart vir daardie pragtige woorde van heugelike tyding, woorde van hartverblyding, oor die Evangelie van die Vieënde Spaghetti Monster, en jou briljante uiteensetting daarvan. Hoe wonderlik om uit die mond van die dissipel Thomas te hoor dat ek sondeloos is, en nie in sonde gebore en ontvang is nie; en dat  na jare se lyding en verdriet, swoeg en sweet met die kriptiese betekenis van hierdie perverse teologie, ek nou genees kan voel  waar honderde psigiaters en honderdeduisende Rande gefaal het. Watter heerlike verlossing!

     

    My lewe nou sien so anders uit as vantevore toe ek gebuk geloop het onder die swaard van die sonde en die dreigemente van daardie Hebreuse god om my te straf vir n appel en ei. Nou het hy bietjie kompetisie van n Vlieënde Spaghetti Monster wat graag wil sien dat mense gelukkig lewe, en nie hulle tyd mors oor onnuttige teologiese bespiegelings nie, wat so onlangs soos 300 jare gelede 'n cul de sac na die brandstapels was. 

     

    Stuur tog vir ons materiaal van hierdie wonderlike Vlieënde Spaghetti Monster en vertel vir ons van 'n paslike manier on hom te loof en prys. Halleluja!

     

    Pieter Redelinghuys 

  • CorneliusHenn

    Beste Thomas, jy laat my nogals gereeld aan iemand erg desperaat opsoek na 'n  ateïstiese Utopia dink ... het jy al ooit van 'n plek genaamd "Noord-Korea" gehoor? ... dis so wetenskaplik gevorderd daar in hul agodsdienstige land dat hulle skynbaar nie eens lig in die donker nodig het nie - kyk hier: http://news.nationalgeographic.com/news/2014/02/140226-north-korea-satellite-photos-darkness-energy/ ... hul leier is die ateïstiese Kim Jong-un -  jy sal van hom hou ... dalk pla die lig hom ook as hy die dieptes met sy gevorderde teleskoop wil instaar ... hy sal jou gewis 'n prys loof vir jou bydrae hierbo ... maar onthou asseblief ook net; hier aan Mzansi is daar die Neo-Afrikaners se ewe naïewe evangelie waarin hulle  glo dat die kommunistiese Nelson Rolihlahla Mandela hulle van hul apartheidskuld verlos het en dat 'n Ingelse antietjie hulle gaan help om BAIE geld te maak! ... Nederige en Godsdienstige groete, Cornelius Henn

  • Thomas, dis logies dat die Spaghettimonster nie bestaan nie want hy sal sorg dat jy sy naam reg spel naamlik ‘Spaghettimonster’.  Ook sal hy laat verstaan het dat die persoonlike voornaamwoord van ‘n onsydige ding is soos die manlike, soos in Duits (en ek vermoed Nederlands, Deens, Noorweegs, Sweeds en Yslands maar ek is nie seker nie). Byvoorbeeld, ‘die kar (onsydig) staan nog steeds op sy wiele (nie ‘dit’ se wiele nie). Eintlik, streng gesproke, is ‘monster’ ‘n voorbeeld, ‘n deel van iets, soos die Engelse ‘sample’ maar onder invloed van Engels het ons nou ook die woord begin gebruik vir ‘gedrog’.  Laat my dink aan die jong verpleegstertjie wat erg verward was toe die matrone haar aansê om ‘n urinemoster te gaan haal; sy dog dis die ding waarmee haar man in die oggende wakker word.

  • Thomas,

     

    Vurige kole is jou voorland! Dis nou die aardse (waarskynlik Kobus De Klerk) kole waarmee jy gekasty gaan word. Die interessante deel van hierdie diskoers, soos Pieter Redelinghuys pas uitgewys het, is natuurlik dat nie één van die protagoniste van die Bybel en die Christelike Godsdiens (my Hoofletters!) nog hoegenaamd geantwoord het op die vraag hoe dit moontlik is dat die hierdie godsdiens derduisende en waarskynlik miljoene mense uitgewis / verneder / verdoem / vernietig het nie. Slawerny, apartheid, genocide, kolonialisme, Irak, Afghanistan, die Inkwisisie, die Kruistogte, noem maar op. En dan daai ding van die "just war"... die geregverdigde oorlog vir die christelike beskawing...

     

    Hoe't ons met skoolkadette en elke republiekdag / gesing? :O god van jacob deur u hand word elke volk gevoed. U het wel eer op see en land ons vadere behoed.." En al die klipstapels waarby ek in die ou SAW betrokke was. " Hier beloof ons voor God en mekaar dat ons sal stry..."

     

    Ek gaan vanaand kyk of die VSM sy tentakels oor die Suiderkruis gooi. As dit gebeur sal ek wonder of dit nie maar sommer net 'n laagdrukstelsel oor die Kaap is nie. Kouefront,  jy weet...

  • Beste Thomas

    Met alle respek, daar het 'n Vlieënde Spaghetti Monster op jou kop geval en jou so deurmekaar gemaak,dat jy sonder moeite die grootste nonsens nog op ooit op LitNet kon neerpen.
     
     
  • Kobus de Klerk

    Thomas,

     
    Jy  het so baie moeite gedoen om (nogeens) niks te sê nie, behalwe om vir ons uit te wys dat daar eintlik spaghetti tussen jou ore is - plaas nogal dinge omtrent jou heeltemal in perspektief, veral omdat mens gewonder het waarom mens net eenvoudig bykans nooit 'n sinvolle reaksie, wat met 'n mens vereenselwig kan word, uit jou kan kry nie...
     
    Daar is natuurlik vir jou 'n baie gepaste reaksie... Bluurrp!
     
    Kobus de Klerk
  • Beste Thomas,

    Dis nie grappies nie, hoor! Die lidmate van die Kerk (let op die hoofletter) tel al drie keer die hoeveelheid Christengelowiges. Daar is selfs 'n VSM-hemel wat onder andere 'n fabriek het wat lenige kaal meisies vervaardig, en natuurlik is daar 'n biervulkaan. 
     
    Die VSM-kerk nooi almal uit om hulle dienste by te woon, maar kispakke is uit: jy moet in die mondering van 'n seerower daar opdaag. Kerkdienste is Vrydae, maar jy moet vooraf eers hulle geloofsbelydenis aflê:
    Waarin glo ons? Alles wat goed is.
    Waarteen veg ons? Alles wat nie goed is nie.
     
    Veral in Amerika het die VSM 'n sterk aanhang. Net soos die aanhangers van Intelligente Ontwerp daarop aandring om as alternatief vir wetenskap in skole aangebied moet word, so dring VSM ook aan op alternatiewe aanbieding in skole. Die VSM het bv sy eie siening van alle wetenskaplike teorieë wat natuurlik nie bevraagteken mag word nie. 
     
    Groete,
    Angus 
  • Pieter Redelinghuys

    Beste Dirk,

     

    Dankie vir jou bydrae. Hoogs waardeer. Jy som die prestasies van die Joodse-Christelike geloof pragtig op. Ek kon dit nie beter doen nie. Wonderlik om te weet dat daar Afrikaners is wat soos jy dink.

     

    Hartlike groete,

     

    Pieter Redelinghuys

  • Na aanleiding van Dirk Rigter se kommentaar dat:

    "nog (NIEMAND)hoegenaamd geantwoord het op die vraag hoe dit moontlik is dat die hierdie godsdiens derduisende en waarskynlik miljoene mense uitgewis / verneder / verdoem / vernietig het nie. Slawerny, apartheid, genocide, kolonialisme, Irak, Afghanistan, die Inkwisisie, die Kruistogte, noem maar op. En dan daai ding van die "just war"... die geregverdigde oorlog vir die christelike beskawing.."

    Het ek besluit om te kyk na die grootste massamoordenaars in onlangse geskiedenis om vas te stel of Dirk se opinie geregverdig is.Hier is 'n lys verkry onder:

    From Stalin to Hitler, the most murderous regimes in the world By Nigel Jones
    UPDATED: 22:00 GMT, 28 January 2012 http://www.dailymail.co.uk/home/moslive/article-2091670/Hitler-Stalin-The-murderous-regimes-world.html 

     
    is Dirk se opinie geregverdig, besluit maar self.

  • Dagsê almal  

     
    Baie dankie vir almal se gewaardeerde kommentaar.  
     
    Angus, ek moet bely dat ek gepoog het om by die die 600 woord beperking te hou en besef dat ek baie groot dele van die essensie van die Evangelie volgens die Vlieënde Spaghetti Monster uitgelaat het. Waarvan ek jou en almal kan verseker is die hoeveelheid sielevreugde wat ek so mildelik ontvang net deur die wete dat daardie tentakel so beskermend op my kop rus. Sien die skakel aan die einde van die stukkie!
     
    Pieter, die Vlieënde Spaghetti Monster word behaag as jy jou lewe elke dag voluit geniet en nooit oor die konsep van sonde wroeg nie. Die Vlieënde Spaghetti Monster hou nie van lofprysinge nie – Hy is ’n veel groter entiteit en hou Hom nie op met beuselagtighede soos gatkruipende homo sapiens nie! 
     
    Jan Rap, ek waardeer regtig jou taalkundige teregwysings. Wanneer ’n woord egter met ’n klinker eindig vind ek dit moeilik om dit met die volgende woord te kombineer om aan die reël “een begrip een woord” te voldoen. As jy my dus sal verskoon gaan ek taalkundig van jou verskil en bly by Vlieënde Spaghetti Monster. Dit kort lekker af na VSM. Die gebruik van Hy as daar na Dit verwys word, neem ek ter harte. Uit respek sal ek egter die hoofletters behou. 
     
    Dirk, die verlossing wat die Vlieënde Spaghetti Monster bring is volledig en is vir my genoeg. Soos jy seker gesien het, het Kobus ’n hele vrag kole op my voorhoof kom hoop. Terwyl hy die kole so aandra moet hy sy gesig wegdraai van die hitte af wat ’n ernstige blindekol veroorsaak – dus is dit onmoontlik vir hom om die pyn en lyding wat sy godsdiens veroorsaak, raak te sien. 
     
    Cornelius, die politiek is besig om jou hele menswees te vergiftig. Ons is met ernstige sake hier besig en nou kom staan en bring jy politiek hier in – a nee a man! 
     
    FC Boot, hoe kan jy my nou van nonsens praat beskuldig. Ek het nie een keer na pratende slange en donkies verwys of na maagde wat swanger word nie. Nog minder het ek julle probeer oortuig dat dooie mense lewendig kan word, dat mense op water kan  loop of dat water in wyn verander kan word– en jy beskuldig my van nonsens praat. Ek neem aanstoot! 
     
    Ai ou Kobus, as jy ingewikkelde goed soos hierdie nie lekker verstaan nie, moet jy liewer nie reageer nie. Jy weet mos hulle sê ’n dwaas moet liewer sy mond hou sodat mense net dink hy is ’n dwaas want as hy begin praat dan verwyder hy alle twyfel. Jy moet my briefie mooi lees – ek besef dis dalk effens hoog vir jou om by te kom maar probeer tog man. Die dag as jy Jupiter se mane kan raaksien sal jy die Evangelie van die Vlieënde Spaghetti Monster ook kan verstaan! 
     
    Vir dié van julle wat meer wil uitvind oor hierdie meer uitnemender weg, klik op hierdie skakel: http://www.venganza.org/. Daar is selfs sketse van hoe die VSM lyk!
     
    Groetnis
    Thomas
  • Die VSM is natuurlik maar net nog 'n geloof, en soos ons weet, is alle gelowe die skepping van die menslike verbeelding. 

     
    Die getalle van die Pastafariërs (soos die lidmate van hierdie kerk genoem word) groei daagliks, want die VSM bied die mensdom meer aan as die Christendom en al die ander gelowe.
     
    Die gevaar van die VSM is dat dit die Christendom en alle ander gelowe kan  vervang. Ons weet van die gemors wat ons het, maar weet nie wat ons gaan kry in die plek daarvan nie. 
     
    Een van die priesters van VSM is George Bush, en die VSM steun op sy woorde: "Part of education is to expose people to different schools of thought." Daarom dring hulle aan dat VSM ook, naas die Bybel en Wetenskap in skole aangebied moet word.
     
    Dit lyk my die VSM is die geloof van die toekoms, want die mensdom kan maar net nie ontslae raak van glo in die bonatuurlike en superstisie nie.
     
    Google hier verder.javascript:nicTemp();
  • Angus

     
    Dis juis die punt wat ek probeer maak. Daar is geen snars verskil in die ligitimiteit (of nie-ligitimiteit) van die VSM geloof en ander gelowe nie omdat almal op dieselfde menslik geskepte basis staan. Ek wil voorstel dat die VSM 'n paar godsdienstige vakansiedae uitroep sodat ons behoorlik tyd kan kry om ons pastafariese oortuiging uit te leef!
     
    Groetnis
    Thomas
  • Beste Thomas
    Uit jou skrywe kom ek agter jy het nog nie geleer om die goed waarna jy verwys in konteks te lees nie. As jy dit reggekry het sal jy minder aanstoot neem.Verwyder nou dadelik die Vlieënde Spaghetti Monster se tentakels van jou voorkop af en siedaar die drukking verminder en 'n helder denke is jou weer beskore.

     Ai toggie, hoekom moet 'n mens so met julle sukkel.

  • CorneliusHenn

    Beste Angus, jy tik: "Dit lyk my die VSM is die geloof van die toekoms, want die mensdom kan maar net nie ontslae raak van glo in die bonatuurlike en superstisie nie" ... hoe dan so Angus? ... ek't wel net nog net na Noord Korea as 'n tipiese agodsdienstige plek hierbo verwys, maar kan dit regtig die enigste ateïstiese Utopia wees? ... ek ag jul slim agelowiges wat wel ook glo dat Nelson Mandela julle van geërfde apartheidskuld en sonde verlos het, sekerlik nog sulke donker plekke op aarde sal ken! ... Godsdienstige groete, Cornelius Henn

  • CorneliusHenn

    Thomas is natuurlik glad nie oorspronklik in sy verhaling van die Spaghetti Monster nie. Hierdie bespotting is deur die wêreld se eerste sogenaamde Pastafariër, Bobby Henderson, op 'n jeugdige 24 jarige ouderdom in 2005 geparodieer: http://www.venganza.org/about/ 

    Vandag kwaad ou balle, selfs die berugte Richard Dawkins, hierdie twak na  asof dit hul eie is. Dawkins is natuurlik ook heel bekend vir sy ateïstiese gedweep "mild-pedophilia". Volgens die ateïs is "mild-pedophilia" beskrywend en iets heel aanvaarbaar waar 'n kind seksuele dade met 'n volwassene geniet. Dawkins het homself hierin op sy eie ervaring beroep: http://www.huffingtonpost.com/2013/09/09/richard-dawkins-pedophilia_n_3895514.html

    Dis nie al waarvoor Dawkins so bemind onder ateïste is nie - Dawkins spot ook gereeld Bertrand Russel se "Teepot in die Ruimte" na! Ja, nes ware gelowige Bybelaanbidders soos Kobus de Klerk sonder erkenning aan sy bronne homself slim hou hier - net so verskyn die Spaghetti Monster en die Teepot in die Ruimte satires gereeld hier so asof die werf se eie ware ongelowiges ewe geseënd is met soveel verbeelding!

  • Hello, 

     
    Dit is 'n geval van 'n "oldie but a goodie". 
     
    Thomas se belangrike punt staan, "(dat) almal op dieselfde menslik geskepte basis staan", in daardie konteks is dit nie "fiksie" nie, aangesien fiksie 'n bepaalde betekenis het, maar menslik geskape, sonder enige twyfel, 
     
    Daar kan maar net weer herhaal word wat uitgelig is in die bespreking van Goran Therbron wat die vyf strominge van die beskawing isoleer het en die verskillende bestaansblik wat in elk gehuisves word en die duidelikste bewys bied vir hoe spesifiek die skeppings aan die kultuur is en hoe dit in kontradiksie tot mekaar is en die produk van historiese omstandighede. 
     
    Met daardie kennis, hoe kan die aansprake van 'n sondige bestaan ernstig opgeneem word. 
     
    Wat nie verstaan kan word nie, is hoe Dawkins se VERWYSING en nie PLEGING na "mild-pedophilia" vir Cornelius help?. 

     
    Cornelius kan jy dalk verduidelik, hoe moet daardie kennis aangewend word om die argument van Thomas et al, teen te staan? 
     
    Vandag sukkel ek met 'n program by die werk en dit gooi 'n boodskap terug, "invalid argument". 
     
    Heel envoudig dus, ongeldige argument van jou en kan dus nie aanvaar word nie, nog 'n ongeldige argument van jou kant af is die ongeldige argument wat jy maak oor Noord Korea en ook oor Nelson Mandela. 
     
    Het die "Boere-Afrikaners" nou alleen aanspraak tot Afrikanerskap.
     
    Give me a break....... 
     
    Wil jy werklik daardie rigting gaan?
     
    Baie dankie
     
    Wouter
     
    Ns, hierdie het my laat besef, die maklikste manier om enige argument te wen, verklaar jou teenstander se argument as 'n ongeldige argument en kan dus nie aanvaar word nie. Net geldige argumente sal in oorweging gebring word. 
  • Hello, 

     
    Richard Dawkins bespreek hierdie "mild-pedophilia", waarmee Cornelius nou vorendag gekom het in hierdie siklus soos volg in sy memoires getiteld, "An Appetite for Wonder" en is daar geen teken van Cornelius se bewering, "Volgens die ateïs is "mild-pedophilia" iets heel aanvaarbaar waar 'n kind seksuele dade met 'n volwassene geniet". (Hierdie is nou die tweede keer en het Chris voorheen verwys na die artikel waar daar 'n onderhoud met Richard Dawkins gevoer was in die London Sunday Times). 
     
    Wat om te maak van sulke oneerlikheid vanaf Cornelius se kant is 'n ope vraag?
     
    Die paragraaf van belang gaan soos volg en volg ek die Kindle weergawe:  
     
    "Back at Chafyn Grove I would watch games of squash from the gallery, waiting for the game to end so I could slip down and practise by myself. One day – I must have been about eleven – there was a master in the gallery with me. He pulled me onto his knee and put his hand inside my shorts. He did no more than have a little feel, but it was extremely disagreeable (the cremasteric reflex is not painful, but in a skin-crawling, creepy way it is almost worse than painful) as well as embarrassing. As soon as I could wriggle off his lap, I ran to tell my friends, many of whom had had the same experience with him. I don’t think he did any of us any lasting damage, but some years later he killed himself".
     
    Glad nie 'n beskrywing van "iets wat heel aanvaarbaar is waar 'n kind seksuele dade met 'n volwassene geniet".
     
    Hierdie beskrywing uit Richard Dawkins se pen word vooraf gegaan waar hy wonder oor die afknouery wat in die koshuise geheers het en hoe hy sy weersin daarin vandag, met die aanvaarding daarvan in sy jeug moet versoen. Richard Dawkins skryf soos volg daaroor: 
     
    "I am struggling to reconcile the child with the adult that he became; and the same struggle, I suspect, arises with most people. The apparent contradiction arises because we buy into the idea that the child was the same ‘person’ as the adult: that ‘the child is father of the man’. It is natural to do this because of the continuity of memory from day to day and, by extension, from decade to decade even though, we are told, no physical molecule of the child’s body survives the decades. 
     
    Since I kept no diaries, it is precisely that continuity that makes it possible for me to write this book. But some of our deepest-thinking philosophers, for example Derek Parfit and others cited by him in Reasons and Persons have shown, with the aid of intriguing thought experiments, that it is by no means obvious what it means when we say that we are the same person through time. Psychologists such as Bruce Hood have approached the same problem from other directions. 
     
    This is no place for a philosophical disquisition, so I will content myself with the observation that continuity of memory makes me feel as though my identity has remained continuous during my whole life, while I simultaneously feel incredulous that I am the same person as the young empathy-failure". 
     
    Weereens nie so simplisties soos Cornelius dit aanbied nie, en word Richard Dawkins  as 'n denkende persoon met empatie wat ook die skoolmeester "vergewe" het, maar dit dui glad nie op 'n aanvaarding dat dit aanvaarbaar is nie. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • Hello, 

     
    Die verwysing na Noord-Korea het betrekking waar dit gebruik word om dit as die toonbeeld van 'n ateïsistiese samelewing aan te bied. 
     
    Dit is natuurlik 'n ongeldige argument en een wat nie aanvaarbaar is nie. 
     
    Die volgende word aangebied as 'n precis van hoofstuk drie uit die "Cambridge Companion to Atheism". 
     
    Die skrywer is Phil Zuckerman. (Associate Professor of Sociology, Pitzer College - private residential liberal arts college located in Claremont, California, United States). 
     
    Hier volg die precis soos gekies deur my om die verteenwoordigende argument van die hoofstuk te formuleer: 
     
    "Determining what percentage of a given society believes in God – or doesn’t – is fraught with methodological hurdles. When people directly claim to not believe in God, they still eschew the self-designation of “atheist.” 
     
    Though methodological flaws persist, in the words of Robert Putnam (2000: 23): “We must make do with the imperfect evidence that we can find, not merely lament its deficiencies.”
     
    25% of Australians do not believe in God. 
     
    28% of Canadians “show no evidence of religious salience or activity.” 
     
    Between 20% and 22% of those in New Zealand do not believe in God. 
     
    6% of those in the United States do not believe in God. Comparing this with other surveys, the percentages ranges from 3.8%, 3%, 4.5% to a high of 8% of Americans are atheist or agnostic. 
     
    In Europa word die volgende gevind: 
     
    39% of those in Britain do not believe in God. The surveys fluctuate between 44%, 31%, 39% percent of the British do not believe in God or a “Higher Power". 
     
    44% percent of those in France do not believe in God. 
     
    The surveys fluctuate between, 48%, 54%, 43%. 
     
    64% of Swedes do not believe in God, once again fluctuations, 74%, 46%, 69%, 82% of Swedes do not believe in a “personal God”, in step with another finding of 85% of Swedes do not believe in God.
     
    48% of Danes do not believe in God and 49% of Danes do not believe in “a personal God”, with a high of 80% of Danes do not believe in a “personal God”. 
     
    41% of Norwegians do not believe in God, 72% do not believe in a “personal God” 
     
    28% of those in Finland do not believe in God. 
     
    (Pieter heeltemal korrek is net een keer getel) 
     
    33% of Finns do not believe in “a personal God”. 
     
    41% of Finns are either atheist or agnostic.
     
    42% of those in the Netherlands do not believe in God. 
     
    35% of West Germans do not believe in God.Between 17 percent and 27 percent of those in Switzerland do not believe in God. 18% of Spaniards do not believe in God. 24% of Spaniards are either atheist or agnostic".
     
    So gaan dit aan en aan, vele lande waar die persentasies so hoog is soos dit hier bo aangedui is en dan ander dele van die wêreld waar die ateïs natuurlik in die minderheid is en die gelowiges in die meerderheid is en die gelowige dan maklik kan glo, hierdie is die normale stand van sake. 
     
    (Kobus is ook net een keer getel). 
     
    Die rede vir hierdie verskil is 'n bekende argument en word soos volg formuleer: 
     
    "One leading theory comes from Norris and Inglehart (2004), who argue that in societies characterized by plentiful food distribution, excellent public health care, and widely accessible housing, religiosity wanes. Conversely, in societies where food and shelter are scarce and life is generally less secure, religious belief is strong".
     
    Hierdie bring die kommentaar dan by Noord-Korea en die simpliestiese vertelling waarmee Cornelius vorendag gekom het. Die antwoord op die misbruik van Noord-Korea deur Cornelius is soos volg:
     
     "We must distinguish between nations where nonbelief has been forced upon the society by dictators (“coercive atheism”) and nations wherein nonbelief has emerged on its own without governmental coercion (“organic atheism”). Nations marked by coercive atheism – suchas North Korea and former Soviet states – are marked by all that comes with totalitarianism: poor economic development, censorship, corruption, depression, and so on. However, nations marked by high levels of organic atheism – such as Sweden or the Netherlands – are among the healthiest, wealthiest, best educated, and freest societies on earth. The five highest ranked nations in terms of total human development were Norway, Sweden, Australia, Canada, and the Netherlands. All five of these countries are characterized by notably high degrees of organic atheism. Of the top twenty-five nations ranked on the“HumanDevelopment Index,” all but one (Ireland) are top-ranking nonbelief nations, containing very high percentages of organic atheism. Conversely, of those countries ranked at the bottom of the “Human Development Index” – the bottom fifty – all are countrieslacking statistically significant percentages of atheism. The sheer numbers, with between 500 million and 750 million nontheists living on this planet today, any suggestion that belief in God is natural, inborn, untrue (my woord)". 
     
    Die enigste kwalifikasie wat ek bied, is dat "korrelasie is nie oorsaak nie" en moet die laaste paragraaf in daardie lig gelees word. 
     
    Die slotsom is egter redelik duidelik, dat behalwe vir die vyf belangrikste strominge van die beskawing, soos bespreek in Therbron, daar nog 'n stroming is, naamlik die waaronder die ateïs funksioneer en al die diversiteit wat dit impliseer en dat die diktatorskap van Noord-Korea nie verteenwoordigend is nie en 'n ander tipe van samelewing veronderstel wat nie deur die debat gedek word nie en nie  verteenwoordigend van organiese "ongeloof" is nie.
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • Beste Cornelius,

    Nee, nou verstaan ek jou glad nie. 
    Ek sou gedink het dat dat jy teen hierdie tyd al jou skrywes sou afsluit met :
     
    Namaste,
     
    Hindoe-, Moslem-, Joodse, Boeddhistiese, katolieke (met 'n klein k), Pastafariese (met 'n groot P), Afrikaliefde.
     
    Groete,
    Angus
  • Cornelius  

     
    Ek dink die belangrike punt wat jy mis is dat godsdienstiges wandade pleeg in die navolging van hulle godsdiens. Kobus de Klerk is 'n uitstekende voorbeeld met sy misleiding van kinders en openlike haatspraak teenoor sy medemens. Tussen Boko Haram en Kobus is daar weinig verskil behalwe dat Boko Haram dalk ’n knertsie meer gewelddadig is.   
     
    Ek sou graag dat jy vir my een voorbeeld noem van iemand wat in die naam van ateïsme wandade gepleeg het. Sover ek dit het, het Adolf Hitler byvoorbeeld die dinge wat hy aangevang het met die sanksie van sy godsdienstige oortuigings gepleeg. Lenin en die kommunistiese pêrre het hulle wandade gepleeg ten einde ’n spesifieke ekonomiese ideologie op mense af te dwing. Die feit dat hulle ateïste was, is bloot toevallig. Ek het nog nooit beweer dat ateïste nie ook vreeslike goed kan aanvang nie – die verskil is net hulle doen dit nie primêr om hulle ateïstiese oortuigings af te dwing nie. Die wandade wat Kobus en Boko Haram pleeg word gemotiveer deur hulle godsdienstige oortuigings. 
     
    Vir my is die openlike miskenning van wetenskaplike kennis en die vervanging daarvan met godsdienstige mites ’n misdaad teen die mensdom – veral teen kinders. Dit is juis daaroor wat ek godsdiens met minagting verwerp.   
     
    Ateïstiese groete 
    Thomas
  • Ek dink nie dat Richard Dawkins 'n te ernstige aanhanger is van die VSM nie, want dit is juis oa ook die evolusieleer wat deur die VSM in flarde geskeur word. Die Pastafariërs glo, soos die Christene, dat elke diertjie apart geskape is. Die platypus is vir hulle 'n bewys dat die VSM bestaan, want hy het 'n sin vir humor.

     
    Groete
  • CorneliusHenn

    Hahahahaha!!!! ...

    Ek waardeer jou humor Angus ...

    Hindoe-, Moslem-, Joodse, Boeddhistiese, katolieke (met 'n klein k), Apastafariese (met 'n groot A), Afrikaliefde en Boeregroete,

    Cornelius Henn

    (en o ja, dit fasineer my steeds grensloos hoe jy die gesproke taal sonder groot en klienletters as meer gevorderd bo die skryftaal ag - jy is skynbaar van die min wat eers leer skryf en lees het en toe gevorder het tot praat)

  • CorneliusHenn

    Wouter Fens se desperate interpretasie van feite waar ek dieselfde maat as die Godsdiens antagoniste gebruik (miskien selfs 'n bietjie misbruik) is opmerklik. Hoekom so "gebalanseerd" na alles probeer kyk waar dit hul laakbare agenda pas maar Wouter so maklik saam vergryp aan die duidelik ongebalanseerde ondermyning van Godsdiens? Wie is nog verbaas oor die gebreinspoelde slimjanne se uitsondering in hul herinterpretasies van die FEITE? Ek dink Mac Maharaj sal bloos as hy hierdie "spin-doctors" se wanhopige pogings om vir mekaar in die bres te tree lees!

  • CorneliusHenn

    Net om my punt omtrent Wouter se pyn hierbo duidelik te maak, stel ek dit dat Wouter op die kant sit waar Thomas, Pieter, of wie ookal Godsdiens probeer ondermyn met hul ongebalanseerde en ondeurdagte veronderstellinge byvoorbeeld dat Godsdiens die oorsaak van alle gru en smart in die lewe is. Dog, dieselfde Wouter sal nie huiwer om met sy gehekel soos weereens hierbo aan te val waar ek ook sy tipe mensehaat aan die klok hang - ek hierdie keer die hel wat ateïste saai in dieselfde ongeldige redeverband as wat Thomas gedurig Godsdiens stel, ongelowiges se wraak op die samelewing te stel. Wouter se eentonige uitsondering van my algemene feite met sy onsinnige getwis geval gewis diegene onderhewig aan hul ewe anderhaat. Na regte het geloof en ongeloof niks na my mening te make met die pyn aan ander in die lewe nie - dis gewoon haters se misbruik van wat ook al om hul medemens mee te treiter waar geloof en/of ongeloof so misbruik word ... Wouter se kwessie met my Boere- Afrikanertrots hier is ook net nog bewys hoe onsmaaklik, onthuts en ongeldig sy argumente kan raak - hy ag elders my selfs die opsteller van artikel 27 in die Nederlandse Geloofsbelydenis te wees! Ek laat enige verdere kommentaar rakende my persoon vanuit Wouter Ferns se obsessie met my net hier.

  • CorneliusHenn

    Beste Thomas,  

    Dis nog altyd my respek vir jou beskouinge; jou weldeurdagtheid en volwassenheid daarin.  

    Hier en daar raak jy tog 'n bietjie onsinnig maar ek gee toe, jy hou meestal kop bo water.  

    Dis nie volmaakte mense wat hul Godsdiens navolg nie.  

    Geeneen as individu is hoegenaamd verteenwoordigend van 'n bepaalde Godsdiens nie - selfs nie eens die Pous nie.  

    Kobus de Klerk dien wel as 'n goeie voorbeeld van iemand wat Godsdiens misbruik om sy misantropiese wrok te voed; maar dis sy neiging - mensehaat!  

    Ander haat is 'n gemene deler tussen gelowiges en ongelowiges wat daarop gerig is om hul medemens met allerlei kombersterme te skaad.  

    Nes jy berugte ateïste se skade aan die mensdom ongedaan maak deur hulle as arbitrêr voor te stel, net so kan ek godsdiensboewe se wandade aan hul eie vergrype verklaar.   Die feite is oop vir enigeen se interpretasie.  

    Mensehaters sal ALTYD in ALLES 'n rede vind om hul medemens in die hart daarmee te tref!  

    Betreffende jou laaste stelling: "Vir my [Thomas] is die openlike miskenning van wetenskaplike kennis en die vervanging daarvan met godsdienstige mites ’n misdaad teen die mensdom – veral teen kinders. Dit is juis daaroor wat ek godsdiens met minagting verwerp". 

    Thomas, ons is almal by 'n verskillende mylpaal in die lewe. My dogtertjie is tans by tande wissel en glo my, ek geniet dit om in hoogs wetenskaplike en mediese terme dit vir haar te verduidelik. Waar haar ogies te groot rek roep ek maar die tandemuis. Die tandemuis, Antjie Somers en Vader Kersfees is ook nie Godsdienstige dogma nie - tog ontgroei kinders dit heel gesond.  

    Net so ervaar elkeen van ons verskillende stryd en emosies in die lewe waar geen wetenskaplike of logiese verklaring troos bring nie. 

    Thomas, my eerste brief ooit op die werf baie jare gelede was aan jou gerig. Ek wonder deesdae oor my laaste brief.  Daar is baie wat ek met jou kan deel.  Mefiante het 'n geruime tyd gelede aan 'n titel in my gedagte geraak; "Die chemie van Godsdiens".   Miskien tik ek dit tog eendag en spesiaal vir jou.  

    Namaste!  

    Cornelius Henn                  

  • Beste Cornelius,

    Soos 'n goeie Christen, a la Kobus, probeer jy alles weer verdraai. Toe jy so gedweep het met met die kleinletter k van katoliek, het ek jou al laat weet dat die skryftaal maar net 'n swak afdruk is van die gesproke taal. (Ek verstaan, ten spyte van jou kleitrappery tussen "klienletters", geskrewe en gesproke taal.)
     
    Groete,
    Angus
  • Hello Cornelius, 

     
    Jou kommentaar van 2014-06-05 @16:32 verwys. 
     
    Twee aspekte daarin moet aangespreek word. 
     
    In hierdie siklus het ek geen negatiewe kommentaar rakende godsdiens gelewer nie, behalwe vir die stelling en dit is 'n neutrale stelling, dat in die lig van wat die mensdom weet, in die finale berekening dan kan 'n redelike duidelike gevolgtrekking gemaak word dat godsdiens is mensgeskape en impliseer daarom nie 'n dieper waarheid oor die werklike aard van die bestaan nie. 
     
    In kort wanneer, fisika, biologie, sosiologie, geskiedenis en ander vakkundige velde in oorweging gebring word, dan kan daar tot die slotsom gekom word, dat godsdiens reflekteer geen dieper waarheid nie en kan dit agtergelaat word, maar moet daar nog steeds met dit gehandel word, aangesien dit deel is van die mensdom se erfenis. 
     
    Hier omvorm ek Harold Bloom se konsep van "belatedness", dat die huidge generasie het laat gearriveer in die erfenis van die mensdom en moet handel met alles wat vooraf gebeur het. 
     
    Dit is slegs in daardie lig dat ek belang het in godsdiens en dan ook die konsep van sonde, en het ek beplan om 'm kort oorsig daaroor te skryf aan die hand van die Westerse kanon, hierdie naweek.  
     
    Dit is dus nie 'n negatiewe of positiewe stelling nie, dit is doodgewoon die formulering van 'n moontlikheid wat die bestaan van 'n goddelikheid as hoogs onwaarskynlik sien maar nog steeds met die gevolge moet handel. 
     
    Die tweede aspek, is jou aanbieding van Richard Dawkins se sogenaamde aanvaarding van seksuele plesier vir kinders indien hulle dit sou geniet. 
     
    Die laakbaarheid daarvan van jou kant af behoort nou nog meer duidelik te wees en ook hoe roekeloos jy met die waarheid is en jou totale gebrek aan respek vir die werklikheid. 
     
    Hoe oneerlik is dit nie om Richard Dawkins daarvan te beskuldig nie. 
     
    Dit is hierdie tipe van optredes wat die "boere-afrikaner" so 'n slegte naam gee, die regse gekkegrens of dan regse sluipers, daardie sluiptaktiek wat so onderduims is. 
     
    Richard Dawkins keur seksuele misbruik goed, waar die kind dit geniet.
     
    Het jy gelees wat jy geskryf het en die implikasies daarvan besef. 
     
    Duidelik nie. 
     
    Skaam jou meneer. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • Hello Cornelius, 

     
    Die enigste persoon met wie ek huidiglik 'n obsessie het, is my buurman, so paar eenhede van my meenthuis af en het die hof my nou al twee keer verbied om nie nader as 500 meter van hom te kom nie en was die polisie al betrokke en was dit redelike drama hier, almal is omgekrap en is die gefluister erg en kyk die bure en wagte my aan met agterdog  en is ek nou nog seer in my gemoed en het ek net die skelm foto's wat ek van hom geneem het wat my nou nog troos of wanneer ek agter die boom skuil en in sy slaapkamer loer.  
     
    Nag na nag. 
     
    So jy is veilig. 
     
    Ek kan jou waarborg ek het nie 'n obsessie oor jou nie. 
     
    Beste wense, 
     
    Wouter
  • CorneliusHenn

    Beste Wouter,  

    Jy had my al 'n paar keer bekommerd - dankie vir die gerusstelling!  

    Jou argument is egter steeds ongeldig.  

    Jy handel soos altyd geheel inkonsekwent met die giasmas.  

    Wyl jy verkeerdelik veronderstel dat my Boere- Afrikanertrots - ander se identiteit minag - jy ewe onthuts Richard Dawkins se geluksaligheid as gemolesteerde vir kritiek teen pedofilie lees.

    Nee Wouter, ek't menigmaal my nederige respek en liefde vir die Griekwa, Namakwa, Kaapses en Khoisan hier op die werf gestel!  

    My onderskeid aan elke ander identiteit is gebore uit selfrespek.  

    Ek ag myself met waardigheid 'n wit Boere- Afrikanerman, eggenoot en pa.  

    Is dit dan nie gewoon en ietwat minderwaardig om my krone as 'n bedreiging of ontneming van jou of ander se indiwidualiteit te lees nie?  

    Derhalwe, dit miskien woes van die onderwerp blyk te lees; Richard Dawkins beskryf sy traak-my-nie (selfs lekker) uit ervaring as kind waar 'n onderwyser sy hand by sy broek ingedruk en hom seksueel bevoel het, juis as 'n ateïs en deel sodanig sy agodsdienstige moraal daarmee vandag.  

    Soos reeds gestel beskou ek Richard Dawkins se aanmatiging homself as tipies ateïs, as arrogant.  

    Nes Kobus de Klerk, verteenwoordig Richard Dawkins en sy "mild- pedofilia" net homself en diegene wat hulself met sy slimmighede identifiseer.  

    Wouter, begin weer voor sonder jou bontpratery en moedswillige hipoteses. 

    Dankie vir jou wense.  

    Namaste!  

    Cornelius Henn

    ( ... en o ja; had Richard Dawkins net 'n bietjie meer repsek vir ander se harte dan was hierdie 'n pragtige antwoord: http://www.youtube.com/watch?v=urZXB6ct_cc )

  • CorneliusHenn

    Beste Angus,

    'n Wyse man het op 'n dag in Ingels uitgeroep: "I have heard many People say, 'Give me the Ideas. It is no matter what Words you put them into.'"

    Hierop het hyself as volg geantwoord: "Ideas cannot be Given but in their minutely Appropriate Words."

    Bertrand Russel het as volg daaroor gemymer: "The Congress was a turning point in my intellectual life, because I met there Peano. I already knew him by name and had seen some of his work, but had not taken the trouble to master his notation. In discussions at the Congress I observed that he was always more precise than anyone else, and that he invariably got the better of any argument upon which he embarked. As the days went by, I decided that this must be owing to his mathematical logic. I therefore got him give me all his works, and as soon as the Congress was over I retired to Fernhurst to study quietly every word written by him and his disciples. It became clear to me that his notation afforded an instrument of logical analysis such as I had been seeking for years, and that by studying him I was acquiring a new and powerful technique for the work that I had long wanted to do."

    Angus, net met wiskunde as voorbeeld gereken ook 'n taal te wees - jy daaromtrent reken; "die skryftaal maar net 'n swak afdruk is van die gesproke taal"?

    Hahahahahaha...

    Somme(r) uit die kop gereken groete,

    Cornelius Henn

  • Hello Cornelius, 

     
    Ek kan jou nie antwoord nie, doen ek so, dan het ek 'n obsessie met jou. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • Chris Dippenaar

    Cornelius, die probleem met ouens soos jy wat Bertrand Russell aanhaal, om te prober slim klink, dit heeltemal uit konteks doen. Plaas Russell se woorde hierbo in logiese "notasie" sodat ons kan weet dat jy regtig weet waarvan jy praat.

  • Beste Cornelius,

     
    Ek geniet jou grappies terdeë. Hahahahaha.
     
     In Afrikaans (gesproke taal) is daar ongeveer 106 spraakklanke, en daar is maar net 26 letters in die alfabet en dan gebruik ons nie eens almal nie. 
     
     Ek sal graag die Wiskundiges wat in Wiskunde woon en wat Wiskunde as moedertaal het, wil ontmoet. 
     
    Is jy dalk een? Wiskunde 'n gesproke taal? Sê vir my die "Onse Vader" op, in Wiskunde, asseblief.
     
    Lees weer wat jou Wyse man gesê het, want ek dink nie jy verstaan dit mooi nie, alhoewel jy dit so in jou aller slimmigheid aanhaal. Dit is heeltemal 'n ander saak. Ek praat van die gesproke woord en  die geskrewe woord, nie van idees en  "minutely Appropriate Words" nie. Buitendien is die "Appropriate Words" ook maar gesproke taal wat dalk, miskien, later, 'n gebrekkige afdruk kry in die geskrewe taal. 
     
    Groete,
    Angus
     
     
     
     
  • CorneliusHenn

    Beste Angus en Chris,

    Dis duidelik uit jul onthutsheid hierbo dat julle soos altyd en weereens myle van die punt ter sprake gedwaal het.

    Nietemin, ek voel my nie genoop vir jul opvoeding in enige onderwerp nie, maar lees gerus 'n bietjie hier om so 'n effe indruk van wiskundiges en hul besondere sentiment as taal daarin te verstaan: http://www.cut-the-knot.org/language/hersh.shtml

    Taal, is die vermoë van die mens om met taalklanke wat in duidelik onderskeibare eenhede van vorm en betekenis in 'n sisteem georden is, betekenis aan ander mense oor te dra.

    Gebed en die res van jul ydele spot daarmee is dus nie 'n fundamentele vereiste vir wiskunde om as 'n taal gereken te kan word nie - dit voldoen geheel aan die omskrywing om as taal geken te word.

    Net so is daar verskeie ander tegniese en profesionele lingo in die regte wereld wat julle te bowe sal gaan.

    Pedagogiese groete,

    Cornelius Henn

    ( ... en o ja Chris, wyl jy dan so slim is - los jou nydigheid teen my persoon en stel jou "ware konteks" vir my aanhaling van Bertrand Russell hierbo)

  • Beste Cornelius,

    Dit lyk my jy kan Pedagogiek (gedruip) agter jou naam skryf. 
     
    Ek het nêrens beweer dat Wiskunde nie 'n taal is nie. Lees weer: dit is nie 'n gesproke taal nie. Niemand praat die taal Wiskunde nie. 
     
    Jy het pragtig, mooi aangehaal uit die teksboek: natuurlik is taal 'n sisteem om gedagtes oor te dra en met ander te kommunikeer. As die mens nie 'n hoorbare distansie van mekaar is nie, is 'n ander sisteem ontwikkel, nl die skryftaal om met mekaar in verbinding te tree. Die skryftaal is streng gesproke nie 'n taal nie , en moet liewer 'n skryfsisteem of -stelsel genoem word. Hierdie skryfsisteem is egter gebrekkig, en baie gaan daarmee verlore. 
     
    Jy moet mooi dink voordat jy allerhande verdraaiings neerskryf: die VSM hou jou dalk dop soos Orwell se Big Brother.
     
    Groete,
    Angus
  • CorneliusHenn

    Beste Angus,  

    Waarom het jy dan in die eerste plek 'n kwessie daarvan probeer maak?  

    Lees jy dalk dat ek iewers na wiskunde as 'n gesproke taal verwys het dat jy toe so ewe in jou onthutstheid my daag om daarin te bid?  

    Ek is egter BAIE bly dat jy wel uiteindelik ooreenstemming met my kon vind.  

    Nou moet jy my nog net wys in watter boekwinkel of biblioteek in die wêreld hulle mites onder fiksie plaas - of dat die Bybel ook iets soos "fiksiologie" kan lees!  

    ... of dat die skriftelike taal (soos byvoorbeeld wiskunde) maar ? swak weergawe van die gesproke woord is - soos jy elders beweer het.

    Wat van 'n "volledige bydrae" waarin jy jou onderskeiding in pedagogie omtrent die orde van verskillende vorme van taal vir ons demonstreer?

    Totdat jy my anders daarvan kan oortuig beskou ek elke vorm van taal op aarde besonder en sonder vergelyk (selfs my "tik" en "skryf" verskil).

    Nederige groete,  

    Cornelius Henn

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top