Skole | Schools

 
WF 2012 is nou gesluit en die keuringsproses skop af!
Die inskrywings vir LitNet Akademies Kuberklas se wetenskapfiksie-skryfkompetisie, onderskryf deur LitNet Akademies, is nou gesluit en die beoordelingsproses kan begin. Onderwysers het reeds agter die skerms help keur. Uit die 80 inskrywings wat in die eerste ronde op LitNet geplaas is, sal Dirk Laurie (emeritusprofessor in wiskunde, Universiteit Stellenbosch), LitNet Akademies se Natuurwetenskappe-redakteur, en Elzette Steenkamp (PhD in spekulatiewe fiksie), LitNet Akademies se produksiebestuurder, tien finaliste kies. Hierdie top tien inskrywings word dan deur ons beoordelaars, Fanie Viljoen, Koos Kombuis en Lauren Beukes, gelees, waarna hulle een wenner en twee naaswenners sal aanwys. Die pryse is:

  • Eerste plek: 
  • R3 000 in jou sak
  • R3 000 vir jou skool
  • ’n iPad 3, 16G met WiFi, geborg deur BURO
  • ’n Fanie Viljoen-boekpakkie van LAPA Uitgewers
  • Tweede plek:
  • R2 000
  • ’n Fanie Viljoen-boekpakkie van LAPA Uitgewers
  • Derde plek:
  • R1 000
  • ’n Fanie Viljoen-boekpakkie van LAPA Uitgewers

Die pryse word geborg deur:

Alle inskrywings was van ’n baie hoë gehalte en ‘n breë spektrum onderwerpe is aangeraak.

  • breking (oftewel hidrobreking)
  • kloning
  • ruimtewesens
  • genetiese eksperimentering
  • toekomstige tegnologie
  • robotte
  • aardverwarming
  • ruimtevaart
  • apokalips
  • die liefde in ’n onsekere tyd
  • rekenaarspeletjies of virtuele realiteit.
Comments 2 Reaksies | 2 Comments
Delete Comment
avatar
Wilme
2012-11-15 @17:15

Jammer om alweer te pla! Wil net graag hoor of die top 10 al aangeway is?

Dankie :)

Delete Comment
avatar
Naomi Meyer
2012-11-16 @11:41
Hallo Wilme, die top 10-finaliste word binne die volgende paar dae bekendgemaak! Hou LitNet dop vir besonderhede ... Groete, Naomi Meyer, inhoudsbestuurder
   om te reageer | to comment
    Slegs indien jy inteken sal:
  • jou kommentaar aan jou LitNet-profiel gekoppel word
  • kan jy aandui dat jy 'n boodskap wil ontvang indien ander kommentaar by hierdie artikel verskyn.
    When you sign in:
  • your commentary will be linked to your LitNet profile
  • you have the option of receiving notifications of new commentary on this article.

Reageer | Post a comment
Kommentaar is onderhewig aan moderering | Comments to be moderated
Naam | Name  
E-posadres | Email address