Wenners by die kykNET Silwerskerm-fees
Die kykNET Silwerskerm Filmfees het van 3 tot 5 September by die Bay Hotel in Kaapstad plaasgevind. Films, skrywers en akteurs wat bo die res uitgestaan het, het ook toekennings ingepalm. Hier volg die lys van wenners:
Beste Film
Die Wonderwerker
Beste Regie
Katinka Heyns – Die Wonderwerker
Beste Kinematograaf
Tom Marais – Verraaiers
Beste Draaiboek
Chris Barnard – Die Wonderwerker
Beste Redigering
Ronel Loots – Die Wonderwerker
Beste Akteur
Gys de Villiers – Verraaiers
Beste Aktrise
Elize Cawood – Die Wonderwerker
Beste Manlike byspeler
Jacques Bessenger – Verraaiers
Beste Vroulike byspeler
Sandra Kotzé – Die Wonderwerker
Beste Kortfilm
Nantes
Beste Regie van ’n Kortfilm
René van Rooyen – Nantes
Beste Regie van ’n Kortfilm
Jaco Smit – Die Buurtwag
Beste Draaiboek van ’n Kortfilm
Beer Adriaanse – Die Buurtwag
Spesiale Vermelding:
Vilje Maritz – Verraaiers
Carmen Pretorius – Lien se Lankstaanskoene
Adam Heyns – Like my Profile
Top 6 Kortfilms
Anderkant Gister
Die Buurtwag
Drukkersbloed
Like my Profile
Nantes
Stut
Kykerskeuse
Kortfilm – Die Buurtwag
Bestaande films – Eat
Vollengte-films – Verraaiers
Naudé van der Merwe en Martelize Kolver
Verskeie gesprekke is ook gevoer by die fees. Hier bespreek 'n paneel finansiering van plaaslike films.
Mart-Marie Schoeman en Stefan Enslin van Faith in Motion Productions het die gesprek oor finansiering bygewoon. "Dit gee ’n mens nuwe hoop vir die industrie," het Stefan gesê. "Nou is dit tyd om daar in te klim."
Die sanger Riku Lätti het ook 'n draai by die fees gemaak.
Feesgangers ontspan tussen vertonings.