Wenners by die kykNET Silwerskerm-fees

  • 2

Die kykNET Silwerskerm Filmfees het van 3 tot 5 September by die Bay Hotel in Kaapstad plaasgevind. Films, skrywers en akteurs wat bo die res uitgestaan het, het ook toekennings ingepalm. Hier volg die lys van wenners:

Beste Film
Die Wonderwerker

Beste Regie
Katinka Heyns – Die Wonderwerker

Beste Kinematograaf
Tom Marais – Verraaiers

Beste Draaiboek
Chris Barnard – Die Wonderwerker

Beste Redigering
Ronel Loots – Die Wonderwerker

Beste Akteur
Gys de Villiers – Verraaiers

Beste Aktrise
Elize Cawood – Die Wonderwerker

Beste Manlike byspeler
Jacques Bessenger – Verraaiers

Beste Vroulike byspeler
Sandra Kotzé – Die Wonderwerker

Beste Kortfilm
Nantes

Beste Regie van ’n Kortfilm
René van Rooyen – Nantes

Beste Regie van ’n Kortfilm
Jaco Smit – Die Buurtwag

Beste Draaiboek van ’n Kortfilm
Beer Adriaanse – Die Buurtwag

Spesiale Vermelding:
Vilje Maritz – Verraaiers
Carmen Pretorius – Lien se Lankstaanskoene
Adam Heyns – Like my Profile

Top 6 Kortfilms
Anderkant Gister
Die Buurtwag
Drukkersbloed
Like my Profile
Nantes
Stut

Kykerskeuse

Kortfilm – Die Buurtwag
Bestaande films – Eat
Vollengte-films – Verraaiers

 


Naudé van der Merwe en Martelize Kolver


Verskeie gesprekke is ook gevoer by die fees. Hier bespreek 'n paneel finansiering van plaaslike films.


Mart-Marie Schoeman en Stefan Enslin van Faith in Motion Productions het die gesprek oor finansiering bygewoon. "Dit gee ’n mens nuwe hoop vir die industrie," het Stefan gesê. "Nou is dit tyd om daar in te klim."


Die sanger Riku Lätti het ook 'n draai by die fees gemaak.


Feesgangers ontspan tussen vertonings.

  • 2

Kommentaar

  • Alles omtrent Die Wonderwerker is uit die boonste rakke: die draaiboek, die akteurs, die toneelspel, die fotografie, die gebruik van lig en skaduwee, die tempo, die rolprentstel, die musiek, en boweal die regie. Die draaiboekskrywer oortref sy vorige werke; die akteurs oortref hul vorige rolprent-optredes; die fotograaf oortref sy vorige produksies; die regisseur gee 'n reuse sprong ver bo dit wat sy voorheen gelewer het. Afrikaanse rolprentskuns het met hierdie rolprent behoorlik bewys dat dit van internasionale gehalte is. In die teater waar ek die rolprent gisteraand gesien het, was 'n voormalige rolprentprodusent teenwoordig. Hy, en die gehoor, het spontaan hande geklap teen die einde van Die Wonderwerker

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top