US Woordfees 2012 Foto's | Photos

  • 1

Human & Rousseau en Tafelberg Uitgewers se jeugskrywers

Francois Bloemhof

Derick van der Walt

Maya Fowler

Johan Anker

Fanie Viljoen

Foto's: Izak de Vries

Sirkusboere

Piet Croucamp het op 8 Maart met Sonja Loots gesels oor haar besonderse roman Sirkusboere

Piet Croucamp

Sonja Loots

Foto's: Izak de Vries

Nuwe stemme 5

Die inskrywings vir Nuwe stemme 5 sluit binnekort. Tafelberg het op 7 Maart digters, wat reeds in Nuwe Stemme gedebuteer het, gevra om oor hulle opname in hierdie reeks te gesels. Hulle het ook voorgelees uit eie werk.

Bibi Slippers en Fourie Botha 

Danie Marais was een van die samestellers van Nuwe Stemme 4.

Melt Myburgh

Riana Barnard van Tafelberg is die uitgewer van die reeks.

Toast Coetzer

Bibi Slippers het die gehoor vergas op effe alternatiewe natuurgedigte – oor ’n voël; sag, slap, en styf ...

Toast Coetzer het die aand afgesluit met ’n donderende gedig.

Foto's: Izak de Vries

’n Lyf onthou

Riette Rust se debuutkortverhaalbundel, 'n Lyf onthou, is Woensdag 7 Maart by die Woordfees op Stellenbosch bekendgestel. Die bekende Rapport-joernalis Marlene Malan het met haar gesels. Hulle het ook Riette se niefiksieteks, Lang bene & Lipstiek, gesels. Dit was ’n heerlike, ligte gesprek, hoewel ’n aantal ernstige sake ook aangeraak is.

“Het ek ook erotiese kapitaal?” wou Marlene op 'n stadium by Riette weet.

Erotiese kapitaal gaan oor meer as bene en borste, beweer Riette. Dit gaan ook oor voorkoms en besonderhede. Die blomme in Riette se hare pas spesifiek by Woordfees 2012 se Groen-tema.

Riette teken ’n boek.

Lang Bene & Lipstiek is deur Naledi uitgegee.

’n Lyf onthou is deur Protea Boekhuis uitgegee.

Foto's: Izak de Vries

Huldiging van Hubert du Plessis

Die Schola Cantorum-koor onder leiding van Rudolf de Beer het ’n program koorwerke gesing as huldiging van Hubert du Plessis.

’n Solo-optrede tydens die Hubert du Plessis huldiging.

Solis Zanne Stapelberg het saam met die koor opgetree en ook verskeie solo-liedere gesing.

Foto's: Bibi Slippers

Gedigte rondom die gedagte van geel

Petra Müller het uit haar bundel Gedigte rondom die gedagte van geel voorgelees vir ’n stampvol saal.  Die bundel verskyn eersdaags by Tafelberg.

Foto's: Bibi Slippers

Mankepank en ander verse

 Antjie Krog en Diek Grobler het die kinderboek Mankepank en ander verse aan ’n waarderende gehoor bekendgestel.  Krog het oor die geskiedenis van die boek gepraat en verse daaruit voorgelees.

 

 Grobler het die tegniek beskryf waarmee hy die illustrasies geskep het, en vir die gehoor ’n stap-vir-stap demonstrasie gegee van hoe die "Antjie Somers"-illustrasie vorm gekry het.

Foto's: Bibi Slippers

Die groen in die gedig

Susan Smith het 'n insigryke lesing gelewer waarin ekokritiek en ekopoësie bespreek is aan die hand van verskeie voorbeelde uit die plaaslike en internasionale letterkunde.

Woordfeesdirekteur Dorothea van Zyl luister na Susan Smith se groen-lesing.

Dorothea was vol lof vir Susan se lesing, en het die Woordfees se verbinding tot intellektuele programaanbiedings  weereens bevestig.

 

Foto's: Bibi Slippers

Valiant Swart by De Vette Mossel

Valiant Swart het die partytjie tot laat aan die gang gehou by De Vette Mossel


Foto: Bibi Slippers

Storievuur by De Vette Mossel

Snoek op die kole

’n Pot vol mossels

’n Smulpaap se droom

Johan Bakkes en Gerrit Rautenbach

Die storievuur brand hoog.  Gerrit Rautenbach, Ronelda Kamfer, Ulla Pakendorf, Johan Bakkes en Christiaan Bakkes op die verhoog.

Die formidabele Bakkes-broers

Fees-gees by De Vette Mossel


Foto's: Alwyn van Zyl

Uit die mond van die leser

Wilna Adriaanse, Carina Diedericks-Hugo en Madri Victor


Foto: Naomi Bruwer

Stigtingsvergadering van die Afrikaanse Skrywersunie

Andries Visagie, Kerneels  Breytenbach en Fanie Olivier voor die aanvang van die stigtingsvergadering van die Afrikaanse Skrywersunie.


Foto: Alwyn van Zyl

Bome by dosyne  

Stellenbosch se munisipaliteit, skole, kerke, universiteitskoshuise en feeskunstenaars het kragte saamgespan om bome te plant by die Jan Marais Natuurreservaat.

Dorothea van Zyl plant ’n boom

Dorothea van Zyl

Floris Brown


Foto’s: Alwyn van Zyl

Waarom misdaad?  

François Bloemhof tydens die gesprek getiteld "Waarom misdaad?"  Bloemhof het met hierdie vraag geworstel saam met mede-misdaadskrywers Chanette Paul en Deborah Steinmair.

Chanette Paul

Deborah Steinmair


Foto’s: Alwyn van Zyl

Bekendstelling van Pirouette deur Aniel Botha

Joan Hambidge gesels met Aniel Botha oor haar debuutbundel.


Foto: Bibi Slippers

Inheems met Antjie Krog

Antjie Krog en  Nunke Khadimo lees ’n gedig in Afrikaans en Kwedam voor, en word op inheemse instrumente begelei deur Glen Arendse en Garth Erasmus.  Twee jong Kwedam-rappers, Andre Lekoa en Stef Paulo het ook tydens die geleentheid opgetree, tot die groot vreugde van die gehoor.  Die Sepedi-digter Sabelo Sawulo het een van sy eie verse voorgelees, asook ’n vertaling van die alombekende vers "Ma" deur Antjie Krog.  Die vertaling is deur Koos Oosthuysen.

Foto: Bibi Slippers
 

Mongane Wally Serote

Leon de Kock in gesprek met Mongane Wally Serote.

Mongane Wally Serote deel ’n paar staaltjies uit sy kleurryke
 verlede.


Foto’s: Elzette Steenkamp

Oktober: ’n 21ste eeuse sprokie  

Reney Warrington en Izak de Vries

Izak de Vries

Reney Warrington


Foto’s: Hannelie Coetzee

Agterplaas 

Agterplaas met Deon Lotz, Deidré Wolhuter en Esther von Waltsleben

Foto’s: Alwyn van Zyl

Die rebellie van Lafras Verwey 

Die rebellie van Lafras Verwey met Stian Bam, Tinarie van Wyk-Loots, Carel Nel, Nandi Horak, Roxanne Blaise, Wilhelm van der Walt en De Klerk Oelofse. Regie: Albert Maritz

Carel Nel as Lafras Verwey

Carel Nel as Lafras Verwey


Foto’s: Alwyn van Zyl

Politiek op papier 

Desmond Painter, Alexander Strachan, SJ Naudé en Helena Gunter in gesprek oor die verskillende wyses waarop die politiek opslag vind in skrywers se werk.   

SJ Naudé

Helena Gunter

Desmond Painter, Alexander Strachan en SJ Naudé 

Desmond Painter, Alexander Strachan en SJ Naudé in gesprek voor die aanvang van die sessie


Foto’s: Bibi Slippers en Naomi Bruwer

Uit die mond van die leser

Naomi Bruwer van LitNet, skrywers Wilna Adriaanse en Carina Diedericks-Hugo en manuskripontwikkelaar Madri Victor het die rol van die leser as resensent bespreek.

Foto’s: Bibi Slippers

LitNet en Sanlam se resensiekliniek 

Melt Myburgh verwelkom gaste by LitNet en Sanlam se resensiekliniek

Marius Crous

Deelnemers: Willemien van der Wat, Derick van der Walt, Sarie Wessels en Roz de Waal luister aandagtig na Marius Crous.

Deelnemers: Douwleen Bredenhann en Loraine Stander

Marius Crous, die aanbieder van LitNet en Sanlam se resensiekliniek, bespreek die fynere kunsies van resensie-skryf met die deelnemers.


Foto’s: Bibi Slippers
en Naomi Bruwer

 

Watter resensies kry die groen lig? 

Melt Myburgh, Marius Crous, Elmari Rautenbach en Kerneels Breytenbach

Die paneel het die stand van die resensiekuns bespreek aan die hand van vrae deur Melt Myburgh

Marius Crous, aanbieder van LitNet en Sanlam se resensie-skryfskool, en Elmari Rautenbach, Media24 se nasionale boekredakteur

Gaste  tydens die etensuur-gesprek by De Vette Mossel

Kerneels Breytenbach en Melt Myburgh kuier aan tafel

Francis Galloway, redakteur van LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) by De Vette Mossel.


Foto’s: Bibi Slippers

Réney Warrington, Oktober 

Réney Warrington het aanhalings uit haar debuutroman Oktober op verskeie plekke in Stellenbosch aangebring, in ’n poging om ’n "uitruiltransaksie" tussen haar en haar lesers te bewerkstellig. Wees op die uitkyk vir hierdie woord/straatkuns op verskeie plekke in die ou dorp. 

Foto: Verskaf deur Reney Warrington
 

Storielied by die US Woordfees  

Luna Paige en Schalk Joubert op die verhoog tydens Luna se produksie, Storielied.    

Foto: Bibi Slippers

Transkripsie by die US Woordfees  

Die digter Pieter Odendaal en die Kaapse band Bateleur het De Vette Mossel aan die brand gehad met ’n uitstekende produksie wat Odendaal se woordkuns met Bateleur se unieke klank vermeng het.

Lede van Bateleur op die verhoog tydens Transkripsie.

Pieter Odendaal en Annel Pieterse het saam vertaalde verse in Engels en Afrikaans gelyktydig voorgedra.


Foto’s: Bibi Slippers

ingeboek by die US Woordfees  

Riku Lätti begelei die digter Karen Kuhn tydens die bekendstelling van haar bundel ingeboek.    

Karen Kuhn en Riku Lätti

Karen Kuhn

Foto’s: Bibi Slippers

Bad Sex by die US Woordfees  

Leon de Kock and Bibi Slippers discussed his novel Bad Sex, in all its gory detail.

Leon de Kock

Leon de Kock

Bibi Slippers

Leon de Kock 


Foto’s: Naomi Bruwer

 

Keer terug na die program–indeksblad.  

 

 

 

  • 1

Kommentaar

  • FLORIS ABRAHAM BROWN reeds in Desember 2007 die 72ste Zuid-Afrikaanse Dichter onder die TOP - 100 Dichters in Nederland.

    http://www.liefdesgedicht.nl

    Google- Liefdesprosa.nl 28 Desember 2007
    met sy gedig "OP DIE DROESEM VAN DIE PUT" geskryf in Mei 2005.

    Ook vertaald door Yvonne Scheepers - Nederland.

    OP DIE DROESEM VAN DIE PUT

    nou dat die nag
    ook leeggeloop lê
    bo die stilte
    ek vuurhoutjie -alleen
    In my voorkamer
    in donkerte sit
    weet ek nie herwaarts of derwaarts

    want jy is weg...

    ek kon nie besluit
    of ek moet bed toe gaan
    want wat daar wag
    is maar net die aanskoue
    in die breek van nog
    'n nuwe dag en dan kom
    die maan die son
    en nog 'n maaan 'n son
    'n maan maan maan...

    op die droesm van die put
    sit ek en wag
    en jy, kom nie meer...

    OP DE DROESEM VAN DE PUT
    (Vertaald door Yvonne Sheepers-Nederland)

    nu dat de nacht
    ook leeggelopen
    over de stilte ligt
    ik lucifer -alleen
    in mijn voorkamer
    in het donker zit
    weet ik niet
    hierheen of daarheen

    want jij bent weg...

    ik kan niet besluiten
    of ik naar bed moet gaan
    want wat daar wacht
    is juist net de aanblik
    van het breken van nog
    een nieuwe dag en dan komt
    de maan de zon
    en nog 'n maan 'n zon
    'n maan maan maan...

    op de droesem van de put
    zit ik en wacht
    en jij, komt niet meer...

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top