Beste Panda
Baie dankie vir jou interessante bydraes oor die Sterrekunde in die algemeen. Elke keer as ek jou bydaes lees, staan ek verwonderd oor die enormiteit van die skepping. Baie van die feite oor die onderwerp is ver bo my begripsvermoe, maar ek vind dit nietemin interessant en baie leersaam.
My een kleinseun stel baie belang in die onderwerp as ’n stokperdjie. Kan jy miskien vir my ’n aanduiding gee watter teleskoop en handboeke hy moet aanskaf om ’n begin daarmee te maak.
Baie dankie