Riglyne: Kuberklas Kreatief

  • 0

Stuur jou kortverhaal (maksimum 1 000 woorde) of gedig aan kuberklas@litnet.co.za. Sluit asseblief jou naam, ouderdom en kontakbesonderhede in.

Hoogstens een kortverhaal en vyf gedigte per voorlegging, en slegs een voorlegging per bydraer, sal elke maand oorweeg word.

Plaas elke verhaal in ’n afsonderlike Word-dokument wat jy aan die e-pos heg. Moet dit nie as deel van die e-pos-teks stuur nie. Moet asseblief ook nie clip-art of ander beelde aanheg nie, tensy dit deel van die verhaal vorm.

Wees asseblief bereid om ’n paar weke op ’n antwoord te wag. Ons lees alle voorleggings dadelik, maar lees dit graag na ’n week weer deeglik voordat ’n besluit geneem word.

Kopiereg op die verhale bly joune. Ongelukkig kan geen terugvoer gegee word nie.
 

Uitlegvoorskrifte:

  1. Verdana 10-pt.
  2. Enkelspasiëring.
  3. Oop reëls tussen paragrawe of gedigstrofes word bloot met ’n dubbel-“Enter” geskep, nié met voorafingestelde paragraafspasiëring nie.
  4. Dubbelaanhalingstekens, met enkelaanhalingstekens slegs as daar ’n aanhaling binne ’n aanhaling is.
  5. Blokparagrawe wat teen die linkerkantlyn begin. Dus géén inkeping van eerste reëls nie. 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top