SêNet-briewe | Letters

 
Om die dood te vrees of nie

Ek het voorheen na 'n enkele werk van Julian Barnes (gebore in 1946) verwys (SêNet, 16.02.2011), sy Flaubert's parrot (1984). Daarin skryf hy: "Books say: she did this because. Life says: she did this. Books are where things are explained to you; life is where things aren't. I'm not surprised some people prefer books. Books make sense of life" (p 168). Hierdie uitspraak geld bv (goeie) romans en sommige nie-fiksieboeke.

Barnes was sedert 1979 met die literêre agent, Pat Kavanagh (1940-2008), getroud. Sy is in Durban gebore; haar ma was Afrikaanssprekend. In 1964 het sy na Engeland uitgewyk en daarna saam met Barnes Suid-Afrika besoek. 'n Tyd lank het sy haar huwelik onderbreek om saam met die skryfster, Jeanette Winterson (gebore in 1959), te woon. Albei verbintenisse was kinderloos. Vyf weke na diagnose het Kavanagh weens breinkanker gesterf. Nadat Martin Amis aan Kavanagh die trekpas as sy agent gegee het, het Barnes sy vriendskap met Amis verbreek. Kavanagh se dood het ongetwyfeld Barnes se preokkupasie met die dood versterk. 'n Ander belangrike invloed op Barnes is sy broer, Jonathan (gebore in 1942), 'n filosoof wat 'n kenner van veral die wysbegeerte van Aristoteles (384-322 vC ) is. In Barnes se romans is daar meer geestelike diepte as in dié van die meeste ander skrywers.

Tans is Barnes veral vanweë sy jongste en bekroonde roman, The sense of an ending (London: Jonathan Cape, 2011), bekend. Die teks is goed geskryf en die geheel is uitstekend deurdink. 'n Interessante spel word met die leser gespeel. Maar dit is nie 'n grootse werk nie. In my gedagtewêreld het dit nie toevoegings of noemenswaardige verskuiwings veroorsaak nie. Die storie is maklik vergeetbaar. Daar is die volgende juweel: "Some Englishman once said that marriage is a long dull meal with the pudding served first" (Kindle 803).

Met die oog op die boek oor die dood wat hieronder bespreek word, is die volgende aanhalings ter sake. "The more you learn, the less you fear. 'Learn' not in the sense of academic study, but in the practical understanding of life" (K 1185). "Life isn't just addition and subtraction. There's also the accumulation, the multiplication, of loss, of failure" (K 1484). "Sometimes I think the purpose of life is to reconcile us to its eventual loss by wearing us down, by proving, however long it takes, that life isn't all it's cracked up to be" (K 1510). "You may ... consider your own approaching death, which, despite what company you may muster, can only be faced alone" (K 838).

Dit bring my by die boek wat ek hier wil bespreek, Barnes se Nothing to be frightened of (London: Vintage, 2009). Soos in die geval van Martin Amis, geniet ek Barnes se nie-fiksie meer as sy fiksie. Hy spreek ingeligte, ewewigtige, sinvolle menings uit. Hierin is hy deur sy filosoofbroer bygestaan. Maar Barnes steun ook op baie tersaaklike leesstof, sowel as jarelange nadenke oor die dood en verwante onderwerpe. Met die oog hierop verwys hy na die lewens van sy ouers en voorouers, asook na die taamlik onbekende Franse skrywer, Jules Renard (1864-1910), wat bv geredeneer het: "Perhaps the fact that God is incomprehensible is the strongest argument for His existence" (K 816). Let ook op Renard se sinisme: "The beauty of literature. I lose a cow. I write about its death, and this brings me in enough to buy another cow" (K 1509).

My grootste beswaar teen Barnes se skryfwerk is dieselfde as dié van sy ouers. Sy pa het bv gekla dat die taalgebruik soms "a bit lower-deck" is (K2473). Ek is nie 'n eng leser nie, maar in sommige opsigte 'n sensitiewe een. Daar is te veel onnodige verwysings na liggaamlike uitskeidings. Desnieteenstaande maak Barnes daarop aanspraak dat hy 'n esteet is. Maar hierdie boek is 'n uitstekende doodshandleiding, 'n wegwyser na wat op ons almal wag, want "one-size-fits-all" (K 2988).

Sy aanvangsin het bekendheid verwerf: "I don't believe in God, but I miss him" (K 42). Wat hy met die boek beoog, is: "Let's get this death thing straight" (K 1557). "For me, death is the one appalling fact which defines life" (K 1940). "Henry James defined life as 'a predicament before death'" (K 2016). "Flaubert said: 'Everything must be learnt, from talking to dying.' But who can teach us to die? There are, by definition, no old pros around to talk - or walk - us through it" (K 2868). "God might be dead, but Death is well alive" (K 3148). Die dood is "the ultimate bean counter ... We live, we die, we are remembered, we are forgotten" (K 3335).

Die meeste mense hou nie daarvan om oor die dood te dink nie. Vir religieuse gelowiges is die dood skynbaar meer aanvaarbaar as vir ongelowiges, veral as die hemel (volgens Sydney Smith) "eating foie gras to the sound of trumpets" is (K 2232). God as hoopgewer op lewe na die dood word deur Barnes gemis. Andersins is hy gelukkig met sy ongeloof. Sy ouers was ongelowig. Self het hy nog nooit 'n gewone kerkdiens bygewoon nie; net troues en begrafnisbyeenkomste. Maar hy is nie dogmaties nie: "If I called myself an atheist at twenty, and an agnostic at fifty and sixty, it isn't because I have acquired more knowledge in the meantime: just more awareness of ignorance" (K 367). In die praktyk is dit vir hom egter "Godbye" (K 1729).

Hy verdeel mense in vier kategorieë: "Those who do not fear death because they have faith, and those who do not fear death despite having no faith. These groups take the moral high ground. In third place come those who, despite having faith, cannot rid themselves of the old, visceral, rational fear. And then, out of the medals, below the salt, up shit creek, come those of us who fear death and have no faith" (K 960). Barnes bevind hom in laasgenoemde groep.

Barnes beskou die lewe nie as 'n kleedrepetisie vir die hiernamaals nie. Sy algehele uitwissing bly vir hom onaanvaarbaar, die "dead-and-doneness" daarvan (K 1991), omdat hy niks kan doen om dit te verhoed nie. Hy is egter bewus daarvan dat bv Arthur Koestler daarop gewys het dat 'n mens nie die dood, 'n nie-empiriese toestand vir die oorledene, moet vrees nie, maar die voorafgaande empiriese proses van doodgaan (K 2134). "Dying ... is not part of death but part of life" (K 2894).

In die konteks van die dood verwys Barnes na verskeie komponiste van klassieke musiek, bv Rachmaninov, Sibelius en Shostakovich. Dit verbaas my dat hy nie spesifiek na Rachmaninov se toondig, Die Toteninsel (1909), verwys nie. Max Reger het in 1913 'n toondig met dieselfde titel gekomponeer. Albei werke is 'n vertolking van Arnold Böcklin (1827-1901) se skilderye van 'n fiktiewe eiland van die dooies. Daar was oorspronklik vyf verskillende weergawes van die toneel, geskilder van 1880 tot 1886. Hierdie buitengewoon aangrypende skilderye kan op die internet gesien word. 

Van iemand soos Barnes, wat klaarblyklik goed met die wysgerige literatuur bekend is, het ek verwag dat hy na Epikurus (340-270 vC) sou verwys, maar hy doen dit nie. Epikurus het oor die dood van die grootste waarhede in die ganse wysgerige literatuur geformuleer: "Raak gewoond aan die gedagte dat die dood niks is om te vrees nie. Alle goed en kwaad bestaan uit sensasies, oftewel bewussyn, maar die dood is tog die einde van alle bewussyn. 'n Korrekte begrip van die feit dat die dood niks aan ons kan doen nie, maak van die lewe 'n genotvolle ervaring, nie omdat dit die lewe vir ons tot in die oneindigheid verleng nie, maar omdat dit die drang na onsterflikheid wegneem ... Die dood, [sogenaamd] die ergste van alle euwels, kan niks aan ons doen nie, want solank as wat ons bewus is van dinge is die dood nog afwesig; en wanneer die dood wel kom, is ons van niks meer bewus nie" (Anton van Niekerk, Geloof sonder sekerhede, Wellington: Lux Verbi, 2005, p 232-233).

"In my view, there is no more relevant ancient philosopher for our time than Epicurus, for he combines a thoroughly atomistic, scientific view of nature with an ethical stance that aims at prudence, calm and overcoming the terror of annihilation ... death is understood as complete extinction and the soul is nothing more than a temporary amalgam of atomic particles. The vital moral corollary of this view is that it is the fear of death and the longing for immortality that ruins life. What must be cultivated is the idea that death is nothing to us, certainly nothing to be feared. As Epicurus puts it, 'To practise living well and to practice dying well are one and the same'" (Simon Critchley, The book of dead philosophers, New York: Vintage, 2009, p 39-40).     

Johannes Comestor


Comments 4 Reaksies | 4 Comments
Delete Comment
avatar
Jan Rap
2013-01-25 @22:17
Hierdie goed van jou is puik man !
Delete Comment
avatar
Duitswester
2013-01-26 @00:34

Dag Johannes,

By vêrre die beste ooit opinie daaroor wat ek  gelees het kom uit Judaisme en is op die Tanahk gebaseer. Dis veel te lank om hier te "cut and paste". 'n Kort boekie Basic Judaism deur Rabbi Milton Steinberg is 'n gawe stukkie inligting oor die een en ander. Die filosowe wat Grieks dink sit heeldag en logiese ontoepasbaarhede uitdink, die Jode het 'n veel meer aktiewe, praktiese benadering.

 

Duitswester

Delete Comment
avatar
Trienie
2013-01-26 @21:34

Sjoe Johannes,

 

Goed opgesom! Ek is skoon hartseer na die lees van jou stuk. Dit moet vreeslik wees om te sterf sonder hoop of toekoms. Nogtans, ek het dit geniet. So bietjie 'n kykie gekry in die lewe van 'n ongelowige. Interessant.

Trienie

Delete Comment
avatar
Brianvds
2013-01-28 @18:51

Mense wat onsterflikheid begeer, is mense wat die ding nie goed deurdink het nie, as jy my vra...

   om te reageer | to comment
    Slegs indien jy inteken sal:
  • jou kommentaar aan jou LitNet-profiel gekoppel word
  • kan jy aandui dat jy 'n boodskap wil ontvang indien ander kommentaar by hierdie artikel verskyn.
    When you sign in:
  • your commentary will be linked to your LitNet profile
  • you have the option of receiving notifications of new commentary on this article.

Reageer | Post a comment
Kommentaar is onderhewig aan moderering | Comments to be moderated
Naam | Name  
E-posadres | Email address