Nuwe boeke by LAPA: Augustus 2014

  • 0

LAPA Uitgewers bied iets vir elke smaak gedurende hierdie Augustus.


https://www.litnet.co.za/assets//images/lapa/gesprekke-met-myself.jpg
Gesprekke met myself
Skrywer: Nelson Mandela
Prys: R299.95
ISBN: 9780799367461

Anne-Marie Mischke, voorheen van Rapport, was die dryfveer agter hierdie projek. Sy wou Madiba se eie woorde in Afrikaans lees. Toe laat sy dit gebeur. In Gesprekke met myself word die private argief van Nelson Mandela vir lesers toeganklik maak. Hierdie argief verteenwoordig die persoonlike geskrifte en gesprekke van Mandela, gerig aan óf homself, óf sy naaste vertrouelinge.

Hier is Mandela tydens vergaderings aan die notas maak, of sommer net aan die krabbel. Hier hou hy dagboek, teken hy sy herinneringe op, hou hy boek van sy gewig en bloeddruk, maak hy om-te-doen lysies. Hier dink hy na oor sy ervarings, delf hy in sy geheue, gesels hy met ’n vriend. Hier is hy nie die ikoon of heilige, ver buite die bereik van gewone sterflinge, nie.

Hier is hy soos ek en jy. Soos Madiba self sê: “In die werklike lewe het ons nie met gode te doen nie, maar met gewone mense soos ons: mans en vroue vol teenstrydighede, stabiel en wispelturig, sterk en swak, beroemd en berug, mense in wie se bloedstroom die miswurm daagliks terugveg teen kragtige plaagdoders.”

Koop nou jou eksemplaar by Kalahari.com!


https://www.litnet.co.za/assets//images/lapa/so-kook-mens.jpg

Só kook mens
Skrywer: Hannetjie Joubert
Prys: R274.95
ISBN: 9780799368215

Met hedendaagse werksdruk en lang ure is daar ’n groot behoefte om bekostigbare kos voor te berei met min moeite. So kook mens is gebaseer op die beginsel van kettingkook. Kettingkook behels dat jy meer as een porsie kos voorberei en dan bevries vir latere gebruik – hierdie porsies kan dan later omgetower word in ’n  heel ander vorm en voorkoms. Verskeie variasieresepte sorg dat alledaagse kosmaak ’n avontuur is, die mikrogolf jou beste vriend word en die vrieskas ’n getroue huismaat.

Kook en geniet was destyds ’n unieke boek, want dit het aangeneem mense weet nie wat om in die kombuis te doen nie; mense het daardie boek gekoop om soos ma te leer kook. Só kook mens se aanslag is anders, die stappe word ook presies verduidelik, maar hier word gepraat met moderne, werkende mense met min tyd het en die behoefte aan goeie restaurantkos, maar die begroting van ’n gewone mens.

Só kook mens is iets wat alle jong werkende mense in hulle kombuise moet hê – heelwat middeljariges sal ook veel hierby baat. Hannatjie Joubert is ’n bekende in kosmaakkringe. Sy is in die jare negentig as die Vleisraad se Braaikoningin gekroon, die eerste vrou wat hierdie gesogte prys gewen het, en het daarna in etlike braaikompetisies die mans laat rook eet. Sy bestuur tans haar eie restaurant en spyseniersbesigheid waarvandaan sy ook ’n bekende kookskool, Haniki’s Blumin Good Food, bedryf. Haar vorige boek, Bottel en gebruik, was uiters gewild.

Koop nou jou eksemplaar by Kalahari.com!


https://www.litnet.co.za/assets//images/lapa/slim-leuens.jpg

Slim leuens
Skrywer: Lien Roux-de Jager
Kategorie: Spanningsroman
Prys: R214,95
ISBN: 9780799369762

Kalli Krynauw is terug. Sy is nou ’n permanente werknemer by Special Intelligence Service (SIS) en is deel van die ondersoek na ’n sensasionele reeksmoordenaar. Hy maak opslae in die media en gou staan hy bekend as Die Skender. Die Skender speel ’n spel met die polisie, sy beplanning is deeglik en hy is totaal gewetenloos.Sy word ook steeds gekonfronteer met ’n bedreiging uit haar verlede: Jeffrey Collins, ’n lyer aan skisofrenie. Kalli word oorreed om hom weer in die gesig te kyk, alles om deel te neem aan die sielkundige navorsing van ’n sjarmante psigiater.

Intussen bly die Skender een tree voor die polisie en laat geen leidrade nie. Die misdaadtonele word meer grusaam, meer uitdagend. Ten spyte van Brink, die man in haar lewe, se vaardigheid met rekenaarprogramme, is al die soektogte vrugteloos. Tot Kalli se irritasie moet sy ook plek-plek trourok aanpas, want haar suster, Madelein, beplan ’n huweliksonthaal vir haar en Brink – die man met die stywe been en die sjarmante kierie.

Kalli begin wonder oor die voertuig waarmee die moordenaar die lyke vervoer en oor sy helper. Sy besluit om op haar eie ondersoek in te stel. Die eerste boek, Donker leuens, het in 2012 verskyn en die pers het dit goed ontvang. Rapport het gesê: “Dis ’n diep bevredigende boek met genoeg los drade aan die einde wat die belofte van ’n reeks moontlik maak.” Gekoopte leuens was die tweede boek in die reeks en word nou opgevolg met Slim leuens.

Koop nou jou eksemplaar by Lapa.co.za!

 

 


https://www.litnet.co.za/assets//images/lapa/seisoen-van-lig-en-donker.jpg

Seisoen van lig en donker
Skrywer: Alta Cloete
Kategorie: Liefdesroman
Prys: R214,95
ISBN: 9780799369755

Dié roman is nommer sewe in Cloete se gesinsdrama wat oor twee reekse heen afspeel. Herman, Liesel en Jennifer het as boesemvriende grootgeword in die hart van die familie- en vriendegroep wat lesers in die Geur- en Seisoen-boeke leer ken het. Nou is hulle klaar geswot en besig om hulle voete in die onderwysberoep te vind. Soos elke ander jaar gaan hulle in die wintervakansie vir ’n week Karoo toe. Wanneer Liesel egter die eerste oggend badkamer toe gaan, kry sy Jennifer se lewelose liggaam op die rooikatvelletjie voor die pootjiesbad.

Jennifer se dood bring vir Liesel en Herman vele vrae en weinig antwoorde. Vrae oor Jennifer self, wat altyd die toonbeeld van moed was ten spyte van die MIV-status waarmee sy gebore is. Vrae oor die twee mans wat so ooglopend hartseer was op haar begrafnis. Vrae oor die baba wat sy blykbaar verwag het, ten spyte van haar openlike besluit om selibaat te leef omdat sy nie die kans wil waag om ook ’n MIV-positiewe baba in die wêreld te bring nie.

Wanneer die man met die rooi serp by Liesel aankom, kan sy hom nie die deur wys nie, min wetende dat nog 'n skok op haar wag. Seisoen van lig en donker is die verhaal van twee jongmense wat moet leer dat dinge nie altyd is soos 'n mens dink dit is nie; en mekaar in die proses opnuut ontdek.Soos in die vorige boeke in die tweede reeks, Seisoen van genade, Seisoen van vergifnis en Seisoen van vervulling, is die hoofkarakters hier ook van die jonger newekarakters wat reeds in die voorafgaande Geur-reeks verskyn het. Terugvoer toon dat die karakters alreeds vir baie lesers soos ou bekendes geword het en dat hulle uitsien daarna om telkens van ’n nuwe paartjie se wel en wee te lees.

Alta Cloete se karakters is diep, diep menslik – met al hulle foute. Die foute maak hulle egter nie monsters nie. Alta maak eerder van gebroke mense vol foute ’n plesier om te lees, en iemand op wie die leser ook mag verlief raak.

Koop nou jou eksemplaar by Lapa.co.za!

 


https://www.litnet.co.za/assets//images/lapa/doktor-zobmos.jpg

Sanri Steyn: Dr Zombos se geheime formule
Skrywer: Theresa van Baalen
Prys: R79.95
ISBN: 9780799366723

Sanri droom daarvan om eendag ’n joernalis te word. En nie sommer enige joernalis nie. Haar naam sal op almal se lippe wees ... Superjoernalis Sanri Steyn. Sy gaan stories uitsnuffel waar ander te bang is om hulle neuse in te druk. Die probleem is, sy woon in die dooierige dorpie Raaiselfontein. Hoekom moes haar pa-hulle hiernatoe trek? Probleme is egter joernaliste se kos. Waarom tree in die dorp skielik soos zombies op? Het dit iets met die lekkergoedfabriek te doen? Hierdie is die eerste boek in ’n splinternuwe reeks oor aspirantjoernalis Sanri Steyn en haar vriend Markus se avonture op Raaiselfontein. Die aweregse humor en lekker grillerige avonture sal seuns en meisies vasgenael hou!

Koop nou jou eksemplaar by Kalahari.com!

 


https://www.litnet.co.za/assets//images/lapa/soogdiere-wonderwereld.jpg

Hoezit: Die wonderwêreld van Soogdiere
Samestellers: Jaco Jacobs en Fanie Viljoen
Prys: R29.95
ISBN: 9780799366716

Met 48 bladsye propvol prettige feite, volkleurfoto’s en hope aktiwiteite, speletjies en kopkrappers waarmee jy die wonderwêreld van soogdiere kan verken, is hierdie boek gewaarborg om jong diereliefhebbers se tone te laat omkrul van lekkerkry!

Koop nou jou eksemplaar by Kalahari.com!

 

 

 


https://www.litnet.co.za/assets//images/lapa/beste-uit-vrouekeur-1.jpg

Beste uit Vrouekeur 1: 50 Gesinsresepte
Skrywer: Marlo Kitshoff Carstens
Prys: R79.95
ISBN: 9780799368284

Vrouekeur se beproefde resepte is lankal in menige huishouding gewild, en met rede. Dis kos wat mens lus maak om te kook en die resultate lok altyd komplimente uit. Elke boek se resepte is onder vyf temas ingedeel en deel 1 bevat veral trooskos soos beskuit en lekker warm geregte soos soutterte, bredies en pasteie en wat vir seker die winter sal troef.

Koop nou jou eksemplaar by Kalahari.com!

 

 

 

 


https://www.litnet.co.za/assets//images/lapa/quick-and-tasty-2-braai.jpg

Quick and tasty 2: Braai recipes
Compiler: Hendri Warricker
Price: R49.95
ISBN: 9780799370065

To braai is as South African is as is sunshine. This booklet aims to inspire braais that will have the family wishing for more – all with simple, everyday ingredients.

Koop nou jou eksemplaar by Kalahari.com!

 

 


https://www.litnet.co.za/assets//images/lapa/salads.jpg

Quick and tasty 2: Salads
Compiler: Hendri Warricker
Price: R49.95
ISBN: 9780799370041

Tired of those salads that make the family squeamish by just looking at them? With this booklet in the new Quick & Tasty series, we provide you a spark of inspiration to conjure new and fresh ideas. Make the family beg for more!

Koop nou jou eksemplaar by Kalahari.com!

 


https://www.litnet.co.za/assets//images/lapa/hekel-serpe.jpg

Hekel saam met Vrouekeur 9: Serpe en sjaals
Prys: R64.95
ISBN: 9780799368178

Bly warm en knus in die koue. Hier is 10 splinternuwe, moderne patrone wat jy met Saprotex-draad kan hekel. Hou jou hande besig en jou lyf warm.

Koop nou jou eksemplaar by Kalahari.com!

 


https://www.litnet.co.za/assets//images/lapa/temmer-van-haar-hart.jpg

Temmer van haar hart
Skrywer: Marie-Louise Cronjé
Prys: R74.95
ISBN: 9780799368635

Suster Willda se streke in die hospitaal het haar al in die moeilikheid gehad, veral by een dokter wat sy net nie kan veel nie. Sy word egter van ’n wandaad beskuldig wat haar lewe verander.

Koop nou jou eksemplaar by Kalahari.com!

 

 


https://www.litnet.co.za/assets//images/lapa/ridder-vir-jenny.jpg

Ridder vir Jenny

Skrywer: Vera Wolmarans
Prys: R74.95
ISBN: 9780799368659

Jenny kies 'n houthuisie op Seehondbaai om haar eerste roman te gaan skryf. Sy vorder egter nie juis nadat sy en ’n te aantreklike man se paaie gekruis het nie. Is hy regtig getroud?

Koop nou jou eksemplaar by Kalahari.com!

 

 

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet’s free weekly newsletter.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top