Media 24 Boeke: Literêre pryse 2013

  • 0

Die wenners van Media24 Boeke se literêre pryse en die Jan Rabie Rapport-prys is Vrydagaand 7 Junie in die Commodore-hotel by die V&A Waterfront in Kaapstad bekendgemaak.

Prysgeld van altesame R210 000 is aan die onderskeie wenners oorhandig.



Drie van die wenskrywers kon die geleentheid bywoon. Op hierdie foto verskyn Eloise Wessels, uitvoerende hoof NB uitgewers; Ingrid Winterbach, wenner vir Die aanspraak van lewende wesens; MS Burger, wenner vir Bloedfamilie; Michelle Cooper, redakteur, Tafelberg, wat namens Annelie Ferreira die prys vir Tot siens, koning Arthur in ontvangs neem; en Ingrid Mennen, gesamentlike wenner vir Ben en die walvisse. Die illustreerder, Irene Berg, was afwesig. 

WA Hofmeyr-prys 2013:

Voordat die WA Hofmeyr-prys toegeken is, het die naam Ingrid Winterbach reeds vanuit die gehoor opgeklink. Waarop die prys inderdaad aan Winterbach oorhandig is – vir Die aanspraak van lewende wesens (Human & Rousseau).

Een van die beoordelaars, Ronel de Goede, het met die lees van die kommentaar op die roman 'n versoek gerig dat daar ook 'n afsonderlike kategorie geskep word vir die toekenning van 'n poësieprys.

Hierdie werke was op die kortlys en die wenner word in rooi op die boek aangedui:

Die aanspraak van lewende wesens deur Ingrid Winterbach (lees Chris van der Merwe se resensie-essay).

Om die gedagte van geel deur Petra Müller (kyk na foto's van die boek se bekendstellingsgeleentheid).

Vaarwel, my effens bevlekte held deur Johann de Lange (lees Henning Snyman se resensie).

Herman Charles Bosman-prys 2013:

Die Herman Charles Bosman-prys vir die beste Engelse literêre werk in alle genres is toegeken aan Rustum Kozain vir Groundwork (Kwela Boeke/Snailpress). Die beoordelaars se kommentaar was eenvoudig: "Excellence in English."

Hierdie werke was op die kortlys en die wenner word in rooi op die boek aangedui:

Groundwork deur Rustum Ko­zain

Life Underwater deur Ken Barris

The Unlikely Genius of Dr Cuthbert Kambazuma deur Chris Wadman


Joan Hambidge en Eben Venter in diep gesprek

Recht Malan-prys vir nie-fiksie:

Die Recht Malan-prys vir die beste niefiksie-werk is aan Stephen Ellis vir External Mission (Jonathan Ball Publishers) oorhandig.

Hierdie werke was op die kortlys en die wenner word in rooi op die boek aangedui:

Biko: A Biography deur Xolela Mangcu

Death of an Idealist deur Beverley Naidoo

External Mission deur Stephen Ellis

Die MER-prys vir die beste jeugroman:

Die MER-prys het gegaan aan Annelie Ferreira vir Tot siens, koning Arthur (Tafelberg).

Hierdie werke was op die kortlys en die wenner word in rooi op die boek aangedui:

Dreaming of Light deur Jayne Bauling

Hoopvol deur Derick van der Walt (lees Estelle Kruger se resensie).

Tot siens, koning Arthur deur Annelie Ferreira (lees Estelle Kruger se resensie).


Eben Venter het die geleentheid bygewoon.

Die MER-prys vir die beste geïllustreerde kinderboek:

Die MER-prys vir die beste geïllustreerde kinderboek is aan Ingrid Mennen oorhandig vir Ben en die walvisse (Tafelberg). Irene Berg het die illustrasies gedoen.

Hierdie werke was op die kortlys en die wenner word in rooi op die boek aangedui:

Ben en die walvisse deur Ingrid Mennen, geïllustreer deur Irene Berg (lees onderhoude met die skrywer en die illustreerder).

Nina en die wacky hare deur Elizbe van der Colff, geïllustreer deur Chris Venter.

Princess Talia and the Dragon deur Helen Brain, geïllustreer deur Vian Oelofsen.

Die Jan Rabie Rapport-prys

Die Jan Rabie Rapport-prys vir die beste debuut- of vroeë (tweede) werk is aan MS Burger vir Bloedfamilie (Human & Rousseau) toegeken.

Hierdie werke was op die kortlys en die wenner word in rooi op die boek aangedui:

Bloedfamilie deur MS Burger (lees Dewald Koen se resensie hier).

Een stad, drie rooikoppe, sewe dae deur Adeline en Lili Radloff (lees Izak de Vries se blog hieroor).

Kaapstad karma-polisie ontmoet die Bokke deur Louis de Villiers (lees Joan Hambidge se resensie-essay).

 

Foto's: Jacques Ensink

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top