Konstantyn en die Christelike godsdiens
Ek bemerk in die kommentare dat Perdebytjie in haar agnostiese ‘wysheid’ die stelling maak dat min Christene weet waaroor die Konsilie van Nicea gegaan het en dat hulle haar kwansuis oopmond aangaap wanneer sy, in haar agnostiese spirituele botheid, hulle daarvan vertel. Sy beweer dat daardie stukkie moderne kerkgeskiedenis (let op – die post Niceense era het eers hier om en by 311 nC begin en tot so 600 nC geduur) kwansuis haar oë ‘oopgemaak’ het en haar laat besef dat sy kwansuis al die jare vir die gek gehou is – Nou ja, eintlik was sy mos nog altyd ’n spirituele gek wat net vir ’n verskoning, tyd en plek gewag het om te manifesteer. Insigloosheid en botheid soek mos altyd ’n sondebok om te belas.
Al wat gebeur het, is dat ’n Romeinse keiser, Konstantyn, keiser van die magtigste volk op aarde, met gebreke en al tot bekering en besinning gekom het van sy paganisme, juis in ’n tyd wat dit ’n vloekwoord was om as Christen gereken te word, én boonop sou jy straks daarvoor óf in die arena saam met wilde diere beland het, óf as lewende fakkel in die hartelose, paganistiese Romeinse hooggeplaaste se tuin moes sterf terwyl hy fuif, hoer en rumoer – Nero het mos graag só gemaak met Christene.
Dus, die politieke klimaat was álles behalwe gunstig vir Konstantyn om vir politieke redes tot bekering te kom – hy was juis betrokke by burgeroorlog met Maxentius se formidabele kohorte. Daar het hy tot bekering gekom, nadat die HERE aan hom verskyn het en vir hom aangedui het om die Chi-Rho op sy soldate se skilde aan te bring. Konstantyn het Maxentius se kohorte daarna vermorsel by die beroemde Tiber rivier. Dit was die einde van die burgeroorlog.
Toe, ná meer as drie eeue se afgryslike marteling, ontbering, vervolging en vernedering, triomfeer die Christelike Kerk, toe al meer as drie eeue oud en gevestig soos ’n rots deur loutering van die ergste graad deur, word die wêreld omgekeer deur die loutere Krag van hierdie ononderdrukbare ware Godsdiens – die Christendom van Jesus Christus die HERE. Net soos ’n Paulus wat eers die Christene gejag het soos diere om hulle aan die dood oor te gee, maar deur die Persoonlike verskyning van die HERE tot volkome inkeer gekom het, van vervolger tot dienaar, nét so met die magtige Romeinse pagan keiser, Konstantyn. Van pagan tot dienaar…
Hier is die waarheid, die feite:
“The reign of Constantine the Great marks the transition of the Christian religion from under persecution by the secular government to union with the same; the beginning of the state-church system. The Graeco-Roman heathenism, the most cultivated and powerful form of idolatry, which history knows, surrenders, after three hundred years’ struggle, to Christianity, and dies of incurable consumption, with the confession: Galilean, thou hast conquered! The ruler of the civilized world lays his crown at the feet of the crucified Jesus of Nazareth. The successor of Nero, Domitian, and Diocletian appears in the imperial purple at the council of Nice as protector of the church, and takes his golden throne at the nod of bishops, who still bear the scars of persecution. The despised sect, which, like its Founder in the days of His humiliation, had not where to lay its head, is raised to sovereign authority in the state, enters into the prerogatives of the pagan priesthood, grows rich and powerful, builds countless churches out of the stones of idol temples to the honor of Christ and his martyrs, employs the wisdom of Greece and Rome to vindicate the foolishness of the cross, exerts a molding power upon civil legislation, rules the national life, and leads off the history of the world.” – PHILIP SCHAFF, The History of the Christian Church.
Die konsilie van Nicea was maar ’n klein, klein skakeltjie in ’n geweldige ketting van magtige Godsdienstige gebeure – wat die wêreld verander deur God se Krag. Vergeet die onsinnige, insiglose snert wat agnostici probeer opdis oor die magtigste, wonderlikste, mees egte Godsdiens op aarde van álle tye – die Godsdiens van die Drie-enige God deur die Middelaar, HERE Jesus Christus, die Alpha en die Omega.
Wat ’n wonderlike God dien ons!
Groete,
Kobus de Klerk