Kan God toornig en jaloers wees?

  • 0

Inderdaad ja, want dit staan dan so in die Bybel! "Want ek die Here jou God is ’n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders ..." En so meer. Dan het hy boonop allerlei kwaad aan mense gedoen of laat doen. Soos Lot se vrou wat glo in ’n soutpilaar verander is. En die Egiptenare wat met ’n reeks plae getref is. Alles deur ’n toornige God gedoen. Enigeen wat sy Bybel ken behoort hierdie dinge te weet. Maar die fundamentaliste verdraai natuurlik alles met hulle "double speak" dat g’n mens eintlik weet of jy kom of gaan nie.

Nou is daar egter mense wat sê God is Gees, jy moet hom deur jou gees ken, hy het nie menslike kenmerke nie. Maar hulle kan nie eintlik sê wat vir ’n ding ’n gees is nie. Sou dit dalk ’n spook wees? Die mens en alles wat ons ken is van materie. Gees is blykbaar iets anders, nie materieël nie. Maar dan kan so ’n gees mos nie ’n invloed hê op materiële dinge nie, net so min as wat ’n buffel ’n vliegtuig kan loods? En wat van Jesus, wat as mens aarde toe gekom het, ’n mens van vlees en bloed, soos ons almal?

Ag nee wat, dis nie die moeite werd om met hierdie mense te redeneer nie, hulle praat deurmekaar.

Groete,

Heiden.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top