Onderhoude | Interviews

 
Hoekom Protea Boekhuis hul naam aan die gesprekke koppel

Die US Woordfees het op 14 Februarie aangekondig dat Protea Boekhuis as donateurs ingetree het om die gesprekke waarvan Kerkbode as donateur onttrek het, moontlik te maak.

Die gesprekke rondom net een God en vrae oor die hemel en hel op die Woordfeesprogram word nou onder Protea Boekhuis se vaandel aangebied.

Naomi Meyer het vir Nicol Stassen, besturende direkteur van Protea Boekhuis, gevra waarom Protea Boekhuis besluit het om hul naam te koppel aan die godsdiensgesprekke by die Woordfees wat nou nie meer amptelik deur Kerkbode geborg word nie.

Hier is sy antwoord: "Dit is uit die aard van die saak vir ons ’n eer om by die Woordfees betrokke te wees. Ons is al sedert die tweede Woordfees daarby betrokke.

“Die onderwerpe is aktueel en ons sou dit jammer gevind het as gesprekvoering daaroor nie kon plaasvind nie.

“Ons sien uit na die spesifieke gesprekke, sowel as die hele Woordfees, waar ons ook by ander boekgeleenthede betrokke is."

Comments 0 Reaksies | 0 Comments
   om te reageer | to comment
    Slegs indien jy inteken sal:
  • jou kommentaar aan jou LitNet-profiel gekoppel word
  • kan jy aandui dat jy 'n boodskap wil ontvang indien ander kommentaar by hierdie artikel verskyn.
    When you sign in:
  • your commentary will be linked to your LitNet profile
  • you have the option of receiving notifications of new commentary on this article.

Reageer | Post a comment
Kommentaar is onderhewig aan moderering | Comments to be moderated
Naam | Name  
E-posadres | Email address