Hoe lyk jou stad-kompetisie: Pretoria – stad wat uitkring

  • 0

Genestel tussen rantjies en berge onthou ek jou,
kleintyd se kuiers, polsend, fassinerend behou.
Geluide, lewe, busse, motors sonder einde,
soldate, besienswaardighede, hunkerend na jou

Saans en snags, liggies in duisendtalle omvou,
atmosfeer, kleur en ritme, om elke gebou.
Jakarandatyd, pers kleed, spel van lewe en lig,
towertapyt sover as jy kyk, boomryke stad vir jou

Naweke te kort, besige stad, vakansie wat wag,
ervaar, beleef, tyd gly verby, gou is dit nag.
Wat is jou houvas, beurend terug, harte verbly,
uit kleindorpse stilte, verlangend elke dag.

Stad vol geleenthede, beloftes wat wink, wat is jou mag,
werk, studies, mense, vriendskappe, ’n gesmag.
Verbind deur lewenslesse, seisoene, vreugde en leed,
groei, lewe, blydskap bied jy, stad, elke dag.

Kleintyd onthou, veranderings, niks stagneer in jou,
binnehart, uitgekring, grense verskuif, rose en dou.
Besigheidsentrums, voorstede, mense verhuis,
wyer horisonne, groter woonbuurte, verder omvou.

Glans en lewe na buitewyke, daar so tuis,
stukkie sonnige leeftyd, my haard, my huis.
Binnehart soms verlate, vandag is dit anders,

Aantrekkingskrag, bekoring, dit is juis.    

Klik hier vir inligting oor hierdie kompetisie.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top