Poësie-kompetisies | Poetry Competitions

 
Hoe lyk jou stad-kompetisie: ongetiteld (Londen)

op die aylesbury estate was daar ’n lift wat soos ’n hees hoer
geskree het en daar is charity shops soos sere in walworth road

£3 bra's imagine ek deur ouer dames met hangtiete gedra en
eendag is ’n man geskiet op die trappe maar ek was so koel ek was so 

koel soos ’n komkommer. deesdae strut ons mak merries gestewel
in soho rond tussen hoere en kak musicals en kla oor die fokken

toeriste en fight vir die pavement asof dit aan ons behoort wanneer
het ek borste gespruit en bene in swart stockings ’n kont soos ’n hart

klop ’n kont soos ’n hartklop en oor die maan begin skryf asof dit ’n
disease is hoe lank fight ek al vir die pavement asof hoe lank fight ek

al vir die pavement asof dit aan my behoort





Klik hier vir inligting oor hierdie kompetisie.


Comments 0 Reaksies | 0 Comments
   om te reageer | to comment
    Slegs indien jy inteken sal:
  • jou kommentaar aan jou LitNet-profiel gekoppel word
  • kan jy aandui dat jy 'n boodskap wil ontvang indien ander kommentaar by hierdie artikel verskyn.
    When you sign in:
  • your commentary will be linked to your LitNet profile
  • you have the option of receiving notifications of new commentary on this article.

Reageer | Post a comment
Kommentaar is onderhewig aan moderering | Comments to be moderated
Naam | Name  
E-posadres | Email address