Grondwet se dwingelandy strydig met Eerste Gebod
Cornelius,
Nee, maar, as jy ’n wetgehoorsame burger is en jy skrywe vir my dat ek, by implikasie, ander se Godslasteringe, inkluis joue, moet respekteer en agting voor hê, net omdat die grondwet dit wil afdwing (daar is ’n verskil tussen ’n “reg” hê op iets en agting/respek hê vir iets, maar hoe sal jy nou ook weet), dan ondersteun jy mos my punt oor jou dat jy God se Gebod onderhewig stel aan die wette wat jy so koester, want die grondwet se dwingelandy is strydig met God se Eerste Gebod – vandaar dat jy toe mos sommer jou eie poespas-afgod saamflans wat nie inbreuk maak op jou gemaksones nie?
Jy weerspreek jouself dus weer eens en kom dit nie agter nie.
Jy is verkeerd, terloops (dit is die reëlmaat) - geen wet, ook nie die grondwet, poog iemand te dwing om ’n sekere standpunt te in te neem teen sy sin, nie – of verstaan jy steeds nie wat die begrippe “respekteer”, “agting” en “eerbied” beteken nie? Dit is mos in besonderhede uiteengesit vir jou, of kan jy soos gewoonlik nie begryp wat aangaan nie?
Gee die keiser wat hom toekom? Jou skaamtelose ketter. So, jy sê, wat die HERE bedoel het toe Hy so sê, beteken dat, enigiets wat die keiser verlang, selfs om God te verloën, moet jy die keiser toestaan en dit kom die keiser toe? God, die HERE bepaal wat die keiser toekom en die HERE het daar bygesê “maar gee ook aan God wat God toekom”!
Jou sinnelose, insiglose ketter, jy laster. Magtig, jy verstaan werklik niks van die HERE, die Woord, nie!
Dit is nie lekker om dit te moet sê nie, maar Gilgamesh is reg oor jou – jou is ’n agnostikus, net ’n karikatuur-weergawe, een met baie koddige bagasie. As ek jou in die gees sien, sien ek ’n figuur soos wat destyds op Led Zeppelin se vierde album was – so ’n verweerde, uitgeteerde, versukkelde verkromde figuur met ’n las op sy rug, al sukkelende voortstrompel … Al lyk dit nie altyd so nie, kry ek jou jammer daaroor, maar die probleem is, jy wil so sukkel, soos ’n masochis.
Jy moet liefs end kry met jou emosionele geteem, wat net oor jou eie belange gaan, ten koste van die HERE se Naam en stilbly, want jy het tyd nodig om jouself reg te ruk. Gebruik dit!
Kobus de Klerk