Gilgamesh en die skepping
Chris,
Maar onthou dat dit vir jou gevaar inhou om veronderstellings oor sake Gods te maak – veronderstellings sonder basiese vaardigheid (in dié geval, Spiritualiteit en Spirituele Intelligensie) is niks werd nie.
Genesis 1 vers 1 sê dat God aan die begin die Hemel en die aarde gemaak het – daardie begin verwys na hierdie sonnestelsel soos ons dit vandag ken en waarin ons leef en wat vir ons ter sake is. God het dit uit niks gemaak nie, ja, behalwe energie, want God is die Bron van álle energie en daardie Energie, wat deur God se Woord aanwending vind, is dus die begin en die einde van alles – God is dus die Begin en uit God alle dinge wat ons ken en van weet;
Tussen vers 1 en 2 verloop tyd, hoeveel weet ons glad nie. Dit is ook nie relevant nie, want al wat God op hierdie stadium vir doeleindes van Sy openbaring oor die skepping aan ons wil bekend maak, is dat God die Skepper is (neem kennis, Chris!). Wat ons weet, is dat die aarde vóór vers 2 dus wel bestaan het en wél vooraf lewe op had en dat dié uitgewis is en met water oordek was (Openbaring 12) en dat die aarde woes en leeg was van enige lewe teen die tyd dat God die aarde weer kom voorberei het vir nuwe lewe – die proses wat baie kripties in Spirituele formaat in vers 2 beskrywe word. Ons weet ook nie hoe lank dié voorbereidingsproses geduur het nie en kon selfs baie lank geduur het – onthou dat juis alle lewe soos ons dit ken op aarde, opnuut uit die aarde geformeer is (aardelemente, ens.) - die proses wat vermeld word in Genesis 1 en 2. Die “lig” in Genesis 1 vers 3 is juis die opdraggewing aan die Woord (wat “Lig” genoem word – Johannes 1:1-5) om vaardig te raak, in die vorm van lewegewende energie, want deur en tot die Woord ontstaan álles en word álles geskep deur lewegewende prosesse wat reeds deur die Krag van die Woord (Gees van God – Efesiërs 6:17) gevestig is soos in vers 2 vermeld – daardie voorbereidende vestiging van God se lewegewende Gees. Die daaropvolgende skeppingsdae is gewoon die afronding van dit wat reeds in vers 2 voorberei is, die Woord in Skeppingsaksie.
Wat die ander skeppingsverhale in die sogenaamde antieke wêreld aanbetref, het ek al dikwels gesê – dié is oorblyfsels gemeng met versinsels van afvallige volkere uit hulle besondere kulture wat elemente van die skepping uit oorlewering ontvang het, maar van voorvaders wat weens afvalligheid en verwaandheid en selfbeheptheid al meer en meer kontak met die Gees van God verloor het en dus hul eie versinsels in die baie gapings probeer invul het. Daarom dat geeneen van daardie antieke stories meer enige drakrag hê nie – vir ééue al nie meer nie. Vergelyk dit met ’n Chris Dippenaar tipe oorlewering oor die skepping wat oor ’n paar geslagte verder ’n totale gemors weerspieël, weens die Chris Dippenaar afvalligheid van God, teenoor die ware gelowige se oorlewering wat getrou bly aan die Waarheid, weens voortgesette kontak met die Skepper, Wie hom steeds aan die Waarheid bly herinner (Johannes 14:26 ).
Terloops, Chris, die bril van Spirituele insig is juis nié ’n donkerbril nie, maar ’n bril van helderheid en klaarheid – maar ek kan nogal dink waarom jy dit ’n donkerbril sal wil noem, omdat so ’n ondeursigtige donker geestesbril ál is wat in jou verwysingsraamwerk bestaan – hoe weet ’n blinde dan die glans van lig? Al baie van gehoor, maar nog nie self gesien nie…
Groete,
Kobus de Klerk