Foto's en oorsig: Fleur du Cap-teatertoekennings 2015

  • 0

 ’n Aand vol fleur en vaandel! Vanjaar het die kreatiewe span agter die Fleur du Cap-toekenningseremonie vir niks terug gestaan nie. Die geleentheid was met styl en finesse aangepak en dit was ’n ware feesviering van Suid-Afrikaanse talent en prestasies in die teaterbedryf. Christopher Weare was verantwoordelik vir die regie van die aand se gebeure, Mandla Mbotwe was kurator van lewendige en interaktiewe performance art en Allan Committee was die grappige seremoniemeester wat grootliks bygedra het tot die baie gladde verloop van die geleentheid.

Fleur du Cap borg al sedert 1965 hierdie geleentheid, oorspronklik net met drie toekennings (in 1965 die Three Leaf awards), maar behels in 2015 18 toekennings/kategorieë. Elke kategoriewenner ontvang R15 000 prysgeld en ’n silwer Fleur du Cap-medalje. ’n Produksie moet minstens agt vertonings oor drie weke in dieselfde teater binne die Kaapstad Metropool en/of omliggende areas hê om vir enige van die toekennings in ag geneem te word. Vanjaar het 74 produksies hiervoor gekwalifiseer, tesame met 57 studente-optredes wat in ag geneem is vir die mees belowende studentetoekenning.

Hiermee ’n lys van vanjaar se welverdiende wenners:

  • Best performance by a lead actor in a play
    Albert Pretorius vir Playland as Gideon le Roux
  • Best performance by a lead actress in a play
    Emily Child vir The Pervert Laura as Laura
  • Best performance by a supporting actor in a play
    Richard September vir Rondomskrik as verskeie karakters
  • Best performance by a supporting actress in a play
    Lee-Ann van Rooi vir Rondomskrik as verskeie karakters.

Pretorius, September en Van Rooi het ook elk ’n Fiësta-toekenning vir beste akteur, beste opkomende kunstenaar en beste vrouebyspeler, onderskeidelik, vir dieselfde produksies ontvang.

  • Best performance in a revue, cabaret or one-person show
    Khayalethu Anthony vir The Champion as Thulani
  • Best performance by an actor in a musical or music theatre show
    Sne Dladla vir Fergus of Galloway as verskeie karakters
  • Best performance by an actress in a musical or music theatre show
    Janelle Visagie vir The Sound of Music as Mother Abbess
  • Award for most promising student
    Sive Gubangxa (UCT)
  • Best director
    Jaco Bouwer vir Balbesit
  • Best lighting design
    Wolf Britz vir Balbesit
  • Best set design
    Patrick Curtis vir Fishers of Hope (Taweret)
  • Best costume design
    Leigh Bishop vir Slowly
  • Best sound design, original music composition or original score
    Nceba Gongxeka vir Fishers of Hope (Taweret) – Musikant
  • Best puppetry design
    Adrian Kohler en Basil Jones vir War Horse (marionetontwerp, -vervaardiging en regie)
  • Best new South African script
    The Kingmakers deur Louis Viljoen
  • Rosalie van der Gucht prize for new directors
    Louis Viljoen vir The Kingmakers en The Pervert Laura

Die werk en kreatiewe lewe van Marthinus Basson was vanjaar vereer met die Lifetime Achievement Award. Verder het die Handspring Puppet Company en die Handspring Trust for Puppetry Arts die toekenning vir Innovation in Theatre  ontvang vir hulle merkwaardige bydrae tot die kunsgebruik van marionette in teater beide in Suid-Afrika en die wêreld oor. Hierdie is die enigste twee afdelings waar daar nie benoemings is nie, maar waar die beoordelaars slegs ontvangers kies. 

Seremonies soos die Fleur du Caps is uiters belangrik om aan ’n bedryf gravitas te verleen, en dit is noodsaaklik om erkenning te gee aan diegene in ’n bedryf wat sorg vir gehaltewerk en die ontwikkeling van die praktyk. Groot dank gaan uit aan die Distell Foundation, wat vir die 50ste jaar hierdie glansgeleentheid moontlik gemaak het. Dankie ook aan die beoordelaars Africa Melane, Beverley Brommert, Christine Moritz, Eugene Yiga, Gillian Mitchell, Herman van der Westhuizen, Jill Markram, Johan van Lill, Len Ashton, Mariana Malan, Marina Griebenow, Peter Tromp, Steyn du Toit, Tracey Saunders en Stephanie Klink.

Foto's voorsien

Emily Child

Lee-Ann van Rooi

Khayalethu Anthony

Akteurs van Balbesit

Albert Pretorius (foto: Andrew Brown)

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top