Die Vriende van NALN vier Taalmaand

  • 0

Op Saterdag 15 Augustus 2014 het NALN en die heraktiveerde Vriende van NALN-vereniging Taalmaand gevier met voordragte deur drie gerekende Afrikaanse taal- en letterkundiges. Van links na regs is Otto Liebenberg, kurator van die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN), Reza Brits, voorsitter van die loodskomitee van die Vriende van NALN, Irma Joubert, gewilde skrywer, en die taalhistorici Christo van Rensburg en Jaap Steyn. Van Rensburg het in ’n lesing “Ou wyn in nuwe sakke: die uitkoms van ’n taalargeologiereis” op vroeë sosiolinguistiese bronne gewys wat dui op taalinvloede op Afrikaans selfs in die halfeeu vóór die landing van Jan van Riebeeck aan die Kaap in 1652. Jaap Steyn het vertel van sy nuutste boek, Ons gaan ’n taal maak: Afrikaans sedert die Patriot-jare, wat pas in Pretoria bekendgestel en binne afsienbare tyd ook in Bloemfontein – by NALN – bekendgestel gaan word. Irma Joubert het gesels oor die oorsese suksesverhaal met haar vertaalde boeke, en ’n eerste aflewering van haar skrywersmateriaal aan NALN geskenk. Die geleentheid is goed bygewoon, en meer as die helfte van die aanwesiges het as lede van die Vriende van NALN aangesluit.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top