Die laaste karretjiegraf

  • 0

Die laaste karretjiegraf lê na aan die waarheid. Dié toneelstuk handel nie soseer oor die hopeloosheid van die karretjiemense nie, maar eerder oor die hartseer gevolge van verkeerde keuses. ’n Hartroerende storie verval egter ongelukkig vroeg in wat voel soos ’n geskiedkundige dissertasie.

Aanvanklik voel die spel besonder konserwatief, moontlik as gevolg van die eienaardige aard van die teks, maar mettertyd het die akteurs beslis die verhaal met meer gemak begin vertel. Hulle kry dit reg om die gehoor ook uiteindelik op ’n emosionele reis in hul spreekwoordelike karretjie saam te neem. Dit is jammer dat sekere elemente van die teks, sowel as sommige visuele keuses wat die regisseur gemaak het, liewer aan die gehoor se verbeelding oorgelaat kon gewees het.

Dit is opwindend om vars talent op die planke te sien wat hoegenaamd nie afsteek teenoor die meer ervare akteurs nie. Die stel is getrou aan Fugard se styl: realisties en eie aan die Karoolandskap. Die produksie bespreek belangrike en aktuele temas wat veral tot ’n jonger gehoor kan spreek. Dit bespreek byvoorbeeld mishandeling, geskiedenis en jongmens-drome.     

Die laaste karretjiegraf sorg vir jou “Fugard fix” by vanjaar se Suidoosterfees. Dit is tot 23 Februarie by die Fugard-teater te sien. Besoek Computicket vir verdere inligting.


Lees ook 'n onderhoud met Daniel Galloway oor die Fugard se betrokkenheid by vanjaar se Suidoosterfees.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top