Die genealogie van die HERE Jesus Christus, vir agnostiese dummies
Wat die genealogie van die HERE Jesus in Lukas en Mattheus aanbetref – Jesus het géén natuurlike aardse vader, waarvan die genealogie uitsluitlik genoem kan word, soos die gebruik is, nie – tewens, Jesus Christus het maar slegs ’n aannemende aardse vader, van wie die genealogie wél genoem word (omdat daar geen natuurlike aardse vader is nie), maar om die aardse verbintenis met die huis van Juda te bevestig, ook dié van die enigste menslike (aardse) natuurlike ouer, sy moeder Maria (Lukas se genealogie, sonder om haar by naam te noem, maar wel haar manlik bloedlyn van vrouekant), en vandaar dat ook háár genealogie vermeld word, hoe ongewoon dit ookal vir die tyd waarin dit gegee is, mog sy.
Mattheus het die Griekse Septuagint gebruik en het 42 name in drie groepe (die heilige getal 3) van 14 geslagte elk (14 synde die veelvoud van die heilige getal 7). Soos gesien kan word, word selfs 4 vroue genoem. Mattheus se drie stake is die volgende:
1 – Abraham tot Dawid – 14 geslagte;
2- Salomo tot die ballingskap – 14 geslagte;
3- Jegónia tot Jesus – 14 geslagte.
Lukas het bykans dubbel soveel name gebruik, met ’n baie langer genealogie, en het die heilige getal 7 as basis vir die rangskikking, 77 name. Lukas se stake is die volgende:
1- Jesus tot Serrubabel – 21 name;
2- Seáltiël tot Natan – 21 name;
3- Dawid tot Isak – 14 name;
4- Abraham tot Adam – 21 name.
Geen vroue word genoem nie, maar wel volgens Maria se bloedlyn (mense van daardie tyd was nie so insigloos soos vandag nie, en het geweet hulle moet in só ’n geval vir die manlike persone op die betrokke vrou se lyn soek)– vandaar Levi ens. Let ook daarop dat Lukas se genealogie van agter na voor gelys is, anders as dié van Mattheus.
Terloops, beide Natan en Salomo is Dawid se seuns (by Batseba)… Salomo, die Judese troonopvolger, en Natan die voorvader van Maria, moeder van Jesus Christus. God se belofte aan Dawid in 1 Kronieke 17:11-14 betrek beide die seuns, en nie net vir Salomo (waaruit Josef kom) nie, maar Natan ook, waaruit Maria kom . Tewens, 1 Kronieke 17:11 is juis die bevestiging van die twee aardse genealogieë van Christus – deur beide die seuns, presies soos God aan Dawid beloof en profeteer het. 1 Kronieke 17:11-14 is inderdaad die direkte Goddelike profesie van Jesus as Ewige Koning – Van beide moeders- en aangenome vaderskant – uit die huis van Dawid!
“ … sal Ek jou nakomeling wat uit jou seuns sal wees, laat optree en Sy koningskap bevestig.
12 Hy sal vir My ’n huis bou, en Ek sal Sy troon bevestig tot in ewigheid.
13 Ék sal vir Hom ’n Vader wees, en Hy sal vir My ’n Seun wees, en my goedertierenheid sal Ek van hom nie laat wyk soos Ek dit onttrek het aan hom wat voor jou gewees het nie.
14 Maar Ek sal Hom laat bestaan in My huis en in My koninkryk tot in ewigheid, en Sy troon sal vas staan tot in ewigheid.” –
Daarom, omdat Maria die enigste aardse natuurlike ouer is, is haar genealogie belangrik via Natan, anders sou dit nooit genoem gewees het, nie.
God het wel gesê dat Jegónia nie ’n seun sal hê wat op die staat Juda se troon sal sit nie, en weliswaar, soos God gesê het, het Jegónia sy seuns in ballingskap gehad as ballinge, en hulle het nóóit weer die troon van Juda bestyg nie…
Die Tanack is ’n Judaïese boek, wat onder meer, 613 rabbiniese presepte bevat waaroor Jesus juis so streng met die skrifgeleerdes en fariseërs vasgesit het, wat dwaalleringe bevat, en daardie boek is géén outoriteit of gesag vir die Christelike Godsdiens nie – daardie boek se presepte was een van die redes waarom Christus die aanhangers daarvan seuns van die duiwel genoem het, want dit het hulle van God vervreem.
Beide skrywers het van die bekende tegniek van genealogiese seleksie en omissie gebruik in hulle lyste, en mense gelys wat die betrokke groep staak die beste verteenwoordig.
En wat word nóú van die stomme aanmerkings van Chris “Gilgamesh” Dippenaar? Bring it on, stupid boys? Hmmm?
Groete,
Kobus de Klerk