Die "Christen"; wat God vir 'n leuenaar uitmaak
Ons selfaangestelde pro-bona prokureur van Christus het baie die afgelope tyd oor my skrywes te sê gehad, dit vergun ek hom, maar wat my eintlik byster raak is die manier hoe hy te werk gaan om my argumente teë te staan. In een van sy antwoorde op my skrywe “God se gesplete persoonlikheid” waar ek uiteengesit het God het op een manier in die Ou Testament opgetree, en drasties anders in die Nuwe Testament is die volgende die verloop van sy tee argumente:
Jou snert oor die ’teokrasie’ is nóg ’n voorbeeld
Jy lieg ook oor die doodmaak van ’non-jode’
Jou onsamehangende snert oor die ’genocide’
Al wat oorbodig raak, is jou leuens
Jou storie oor eunuchs in Joodse koningshuise is gewoon ’n leuen
Ek gaan nie op alles bo Bybel-tekste ter stawing aangee nie, dan is my 600 woorde gou op. Die leser kan na my skakel teruggaan 24 Mei 12, om te kontrolleer.
Ek haal een enkele voorbeeld van sy argument aan, nl.: Jou storie oor eunuchs in Joodse koningshuise is gewoon ’n leuen.
HeHe! Kyk Net!
And he (Jehu) lifted up his face to the window (king Ahab’s palace), and said, Who is on my side? who? And there looked out to him two or three eunuchs. 2 Kings 9:32
(After that Jeconiah the king, and the queen, and the eunuchs, the princes of Judah and Jerusalem, and the carpenters, and the smiths, were departed from Jerusalem;) Jer 29:2
The princes of Judah, and the princes of Jerusalem, the eunuchs, and the priests, and all the people of the land, which passed between the parts of the calf; Jer 35:19
Now when Ebedmelech the Ethiopian, one of the eunuchs which was in the king's house, heard that they had put Jeremiah in the dungeon; the king then sitting in the gate of Benjamin; Jer 38:7
Aangesien dit die siening is dat die Bybel deur God geïnspireer is, maak Kobus se insinuasie dat daar geen eunuchs in die Joodse koningshuise was nie, van God dan ’n leunaar aangesien hierdie feit wel in God se Bybel opgeskryf staan.
Heiden, in sy skakel aan my getilel, “Jaco pasop (29 Mei)”, het die volgende te se, nl.: “Daar is talle voorbeelde waar die wette van die bybel vandag geïgnoreer word, maar Kobus sal volhard om dit te ontken, al lieg hy ook soos ’n tandetrekker in die proses. Onthou hy was eens ’n prokureur, en al is hy van die rol geskraap, het hy niks van sy vaardige jakkalsdraaie verloor nie”.
“…het hy niks van sy vaardige jakkalsdraaie verloor nie”. ’n Prokureur probeer gewoonlik sy kliënt, in hierdie geval sy pro-bona verdediging van God se saak te wen deur die kredietwaardigheid van die se teenstander (myself) te vernietig, en uit te maak dat die teenstander (dws. ek) ’n leuenaar is.
Ek laat die gevolgtrekking aan die jurie (die lesers) oor wie aan leuens skuldig is al dan nie.
Jaco Fourie