ATKV/SA Akademieprys 2013 aan LitNet Akademies-navorser

  • 0

In die lig van die afname in die produksie van geakkrediteerde akademiese artikels in Afrikaans het die ATKV besluit om vir ’n tydperk van vyf jaar ’n bedrag aan die SA Akademie beskikbaar te stel vir die bekroning van wetenskaplike artikels in Afrikaans wat in geakkrediteerde tydskrifte (papierformaat of elektronies) verskyn het. Vier van die pryse is bestem vir artikels in die geesteswetenskappe en twee vir artikels in die natuurwetenskappe. Die prysgeld per wenartikel is R10 000.

Die wenners vir die beste artikels wat in 2011 verskyn het en wat deur redakteurs van geakkrediteerde tydskrifte ingestuur is, is beoordeel en die wenners onlangs aangewys.

Een van die vier pryse vir artikels in die geesteswetenskappe gaan aan prof. Helize van Vuuren van die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit vir haar artikel   “’n Almanak van klippe’: Laatwerk en Breyten Breytenbach se Die beginsel van stof (laat-verse, sprinkaanskaduwees, aandtekeninge) wat in LitNet Akademies, 8(3), Desember 2011 verskyn het.

Ons hartlike gelukwense aan prof. Van Vuuren.

Die LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)-span.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top