LitNet Akademies

tao200

Telefoon: 021 886 5169
E-pos: akademies@litnet.co.za
https://doi.org/10.56273/1995-5928/LA
Alle gepubliseerde artikels is ooptoegang ingevolge lisensie CC BY-NC-ND.

LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlyn joernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.

Om navigasie te vergemaklik, is dit verdeel in die volgende onderafdelings:

Al hierdie afdelings vorm deel van die aanlyn joernaal LitNet Akademies. Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers. Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.

Lees meer oor LitNet, die node vir akademiese skryfwerk en www.voertaal.nu.

• Navrae en voorleggings kan gerig word aan akademies@litnet.co.za
LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
• Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.

Musikale betekenis en metafore van liminaliteit in die liedkuns van Coenie de Villiers

Joanita Erasmus-Alt, Martina Viljoen LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2024-03-27

"Die doel van hierdie artikel is om ondersoek in te stel na die wyse waarop musieksimbole en -metafore in ’n aantal van Coenie de Villiers se lirieke gebruik word om die liminale aard van die menslike kondisie te beskryf."

’n Mislukte kompromie? Die 1996-Grondwet onder spanning van die Nasionale Demokratiese Rewolusie

Paul Maritz LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2024-03-26

"Hierdie artikel ondersoek die spanning tussen die waardes wat onderskeidelik die Grondwet en die Nasionale Demokratiese Rewolusie onderlê, om daardeur die volhoubaarheid of mislukking van die kompromie aan die hart van Suid-Afrika se politiek te toets."

Die invloed van infrastruktuur op die gehalte van onderwys in die BRICS-organisasie

Deon Vos, Louw De Beer, Anzel Claassens LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2024-03-20

"Die probleem wat in hierdie studie geïdentifiseer is, is dat die gehalte van onderwys in die lidlande van die BRICS-organisasie aansienlik beïnvloed word deur die onderwysinfrastruktuur van die onderskeie onderwysstelsels."

Kriteria vir die vertaling van Afrikaanse fiksie: ’n uitgewersperspektief

Samantha Miller LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2024-03-11

"Wanneer kan ’n Afrikaanse boek in aanmerking vir vertaling kom? Wat veroorsaak dat sommige Afrikaanse boeke suksesvol in Europese tale vertaal word en ander boeke nie?"

Vonnisbespreking: Die regte van verdagtes wat nie in hegtenis geneem of in aanhouding is nie

Pieter du Toit LitNet Akademies (Regte) 2024-03-08

"Die voor die hand liggende gevaar bestaan dat die polisie verdagte persone doelbewus nie arresteer en aanhou nie om sodoende selfinkriminerende verklarings te bekom ten einde die vereiste te omseil dat prosedurele billikheidsregte aan hierdie persone verduidelik word."

Die fundamentele hervorming van die Suid-Afrikaanse staat – motivering en strategie

André Duvenhage LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2024-03-04

"Kan die situasie nog grondwetlik evolusionêr hanteer en gerehabiliteer word, of is die een of ander vorm van ’n Suid-Afrikaanse Lente ons voorland?"

Vernuwing, vervreemding en taalvariante. N.P. Van Wyk Louw se Nuwe verse en die eietydse poësie

Karen de Wet LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2024-02-28

"Deur die loop van die artikel word aangetoon dat vernuwende fasette van Nuwe verse uit die middel van die vorige eeu steeds opgemerk kan word in die landskap van die Afrikaanse poësie aan die begin van die derde millennium."

Oor nostalgie (en retro-estetika): die ikonografie van Beyond the black rainbow en Ready player one – Deel 2

Cilliers van den Berg LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2024-02-19

"In hierdie tweede deel van ’n tweeledige ondersoek word die teoretiese oorwegings rondom nostalgie en retro wat in deel een ondersoek is, as vertrekpunt gebruik om die ikonografie van twee films te beskryf, te ontleed en vervolgens met mekaar te vergelyk."

Oor nostalgie (en retro-estetika): ikonografie in film – Deel 1

Cilliers van den Berg LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2024-02-19

"In hierdie eerste deel van ’n tweeledige studie word ondersoek ingestel na die wyse waarop nostalgie in films ver-beeld word [...] Vervolgens word ’n werksdefinisie aangebied wat nostalgie as bloot één manifestering van retro of retro-estetika verstaan."

Diatomiese Au–Au-gebonde spesies: veelsydig en multifunksioneel

Helgard Raubenheimer, Stephanie Cronje LitNet Akademies (Natuurwetenskappe) 2024-02-15

"Baanbrekerstoepassings het reeds uit die gerapporteerde werk voortgevloei en sluit in aktuele, hoogs selektiewe katalitiese prosesse (o.a. CO-oksidasie en metaanaktivering) en die gepaardgaande kompleksvorming met eenvoudige monodentate toeskouer- of deelnemende ligande."

’n Verkenning en vergelyking van houdings en persepsies rakende Afrikaans in die Khomasstreek van Namibië ná drie dekades van onafhanklikheid

Nicolette Harmse Steyn LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2024-02-15

"Die reaksies van die drie verskillende groepe – Afrikaanssprekende respondente, nie-Afrikaanssprekende respondente en veeltalige respondente (Afrikaans en ander tale) – is in die relevante profiele verdeel. [D]ie respondente se persepsies rakende Afrikaans [is] ook gedokumenteer."

Neerslae van mediosferiese veranderings, veral die meer onlangse digitale wending, in die skep en ervaar van digkuns, gedemonstreer met Afrikaanse voorbeelde

Bernard Odendaal LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2024-02-08

"Hierdie oorsigtelike ondersoek fokus op die wyses waarop mediosferiese veranderings [...] met name die vestiging van die boekdrukbedryf sedert die 15de eeu en, vanaf die laat 20ste eeu, die ontwikkeling van digitale programmatuur en apparatuur, die skep, bemiddeling en ontvangs van poësie geraak het."

’n Beskrywing van fonologiese patrone by Afrikaanse kinders van 24 tot 72 maande: ’n retrospektiewe ondersoek

Simóne du Plessis, Mia le Roux, Salomé Geertsema, Marien Graham LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2024-02-06

"Hierdie ondersoek verskaf ’n waardevolle bydrae tot die ontwikkeling van fonologiese patrone (FP’e) by 24–72 maande oue kinders in die Afrikaanse bevolking. Daarbenewens lewer die navorsing ook kommentaar op die verskille in die voorkoms van FP’e tussen seuns en dogters."

Die produksieprofiel en -patrone van prente- en geïllustreerde kinderboeke in Suid-Afrika in die 21ste eeu (2000–2020)

Leoné Tiemensma LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2024-01-29

"Hierdie artikel ondersoek die produksie van prente- en geïllustreerde kinderboeke binne die raamwerk van die literêre sisteem. Die ontleding van die saamgestelde oorkoepelende produksieprofiel dui die uitgewerye en produksiepatrone in hierdie genre vir die tydperk 2000 tot 2020 aan."

Help hulle inkom én deurkom: Sienings oor studentetoegang en -sukses in regsopleiding in Suid-Afrika

Leani van Niekerk LitNet Akademies (Regte) 2024-01-24

"In teenstelling met gelykheid, wat beteken om elke student dieselfde geleenthede te bied, behels billikheid die voorsiening van geleenthede wat in ag neem dat sommige studente deur benadeling gekniehalter word. Gelykheid is dus om almal oor dieselfde kam te skeer; billikheid is om mense te gee wat hulle nodig het na gelang van hul 'wegspringpunt'."

Khôra en kaar: ’n bespreking van khôra en interpretasie van Marlene van Niekerk se gedig "Woordverklaring"

Elizabeth van der Berg LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2024-01-23

"Wat aanleiding gegee het tot hierdie artikel, is die basiese semantiese ooreenkoms tussen die woord kaar soos dit uit Marlene van Niekerk (2013:20) se gedig 'Woordverklaring' blyk, en die platoniese begrip khôra, synde 'houer'. As komplekse filosofiese begrip, word khôra egter ook met ’n hele spektrum ander betekenisse verbind."

Leemtes in die gebruik van kohesiemerkers in die skryfwerk van Afrikaanssprekende graad 6- en graad 9-leerders

Nadine Fouché-Karsten LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2024-01-22

"Die bewerkstelliging van kohesie deur middel van die gebruik van kohesiemerkers wat deur verskillende taalvorme gerealiseer word, speel ’n belangrike rol gedurende teksproduksie en -interpretasie […] Met ander woorde, dit het betekenisintegrasie tot gevolg, aangesien dit vir die leser aandui dat ’n idee van een punt in die diskoers na ’n volgende voortgesit word en hoe die verskillende dele van ’n teks by mekaar pas."

Die gebruik van gedigte vir Afrikaanstweedetaalstudente in ’n taakgebaseerde benadering: ’n gevallestudie

Allison Matroos LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2024-01-17

"Dit wil voorkom of die gebruik van gedigte in die taalverwerwingsklas wél studente se woordeskat en begrip van Afrikaans kan verbeter. Die taakgebaseerde benadering het ten doel om studente prakties en teoreties met taal te laat omgaan. Gedigte prikkel taalaanleerders se kreatiwiteit en wek in hulle ’n aanvoeling vir taal."

Multimodaliteit as vertaaluitdaging van strokiesprentvertaling: Calvin and Hobbes as gevallestudie

Lerie Tredoux LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2024-01-15

"In hierdie artikel word uitsluitlik op die multimodale uitdagings, oftewel teksspesifieke uitdagings van strokiesprent­vertaling, gefokus: die vertaling van nieverbale elemente, oftewel die hantering van multimodale kwessies. Ondersoek is na die vertaalproses van strokiesprente ingestel om aan te dui voor watter vertaaluitdagings die vertaler in die besonder tydens die vertaling van ’n multimodale teks (soos ’n strokiesprent) te staan sal kom, en hoe die vertaler hierdie uitdagings kan oplos of oorkom."

’n Evaluering van die Pharos Junior Tweetalige Skoolwoordeboek volgens die KABV-vereistes

Nina-Lari Brewis LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2024-01-12

"Indien die onderwyser nie tyd maak vir woordeboekgebruik in klasse nie, sal leerders nie weet hoe om ’n woordeboek te gebruik nie, of dit nie wil raadpleeg indien hulle onseker is oor die spelling of die betekenis van ’n woord nie."

Top