Taaldebat | Language Debate

 
Abstrak – Kaaps in fokus-simposium: Kaaps in koerante
Die digitale media plaas koerante onder nóg meer druk in ’n hoogs mededingende medialandskap.

Soos ander koerante se sirkulasiesyfers, daal ook dié van tradisioneel Afrikaanse koerante (Rapport, Beeld, Die Burger en Volksblad), terwyl publikasies in die sogenaamde opkomende markte, soos Die Son en Son op Sondag, bestendige  sirkulasiesyfers toon.

Terwyl die meer gevestigde titels al hoe meer steun op advertensie-inkomste om winste te behaal, is dié in die opkomende markte hoofsaaklik afhanklik van hul sirkulasie-omset.

Teen dié agtergrond word onder meer ondersoek hoe “winsgewend” (in geldterme én sirkulasie) die gebruik van Kaaps (soos redaksies “Kaaps” verstaan) in koerante is. Dié ondersoek steun sterk op indringende vrae oor dié kwessies aan die hoofredaksie van Die Son en Son op Sondag. Algemene persepsies oor en houdings teenoor streektale in die algemeen, en Kaaps in die besonder, sal hierby verreken word.

Maar as koerante soos Die Son, wat Kaaps gebruik, weliswaar groeiende verkoopsyfers en gunstige advertensiewaarde toon, watter moontlikhede vir groei, al dan nie, hou dié variëteit vir ander Afrikaanse koerante in?

Begin vanjaar is die prestasie en posisionering van Rapport, Beeld, Die Burger en Volksblad onder die vergrootglas geplaas, en die soorte Afrikaans wat in dié koerante gebruik word, is pertinent geopper. Ook lesers se taalgebruiksvoorkeure sal dus deeglik in ag geneem word in dié besinning oor Kaaps in die koerante.

Lees die volledige program van die Kaaps in fokus-simposium.

Comments 0 Reaksies | 0 Comments
   om te reageer | to comment
    Slegs indien jy inteken sal:
  • jou kommentaar aan jou LitNet-profiel gekoppel word
  • kan jy aandui dat jy 'n boodskap wil ontvang indien ander kommentaar by hierdie artikel verskyn.
    When you sign in:
  • your commentary will be linked to your LitNet profile
  • you have the option of receiving notifications of new commentary on this article.

Reageer | Post a comment
Kommentaar is onderhewig aan moderering | Comments to be moderated
Naam | Name  
E-posadres | Email address