Internasionale skenk-'n-boek-dag 2013 bring 'n leeskamer tot stand
Twee boekmakers, Leti Kleyn en Marianne van Loggerenberg, het 2013 se internasionale skenk-’n-boek-dag omskep in ’n skenk-sommer-’n-saalvol-boeke-dag. Op 14 Februarie 2013 het hulle met ’n ruim bydrae van Spoor & Fischer ’n leeskamer vir Makhathini Lower Primary School in Mhluzi (Mpumalanga) opgerig. Pan Macmillan het duisende rande se boeke geskenk. Die doel of toekoms van die leeskamer is om te help om die provinsie se 13%-geletterdheidsyfer te verhoog. Hier is ’n paar foto’s.