Geskryf vir: Straatligkinders
Die stilte van nog 'n geliefde vul hierdie gange
Ons vra hoekom?
Ons vra hoeveel?
Hoeveel moet ons nog verloor?
Hoeveel moet ons nog deur gaan?
Dit maak nie sin nie
Ons verstaan nie
Wat wil U vir ons sê
O Heer
Die trane van ons kinders
van ons vriende
van ons onderwyser
Ek ken nie die antwoorde nie
ek is maar net 'n mens
ken my swakhede
ken my mortaliteit
Vertrou is al wat ek kan doen
'n skouer
'n vriend
'n leier
tot later dan ...

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

