Ran
Terwyl jy so beïndruk is met Zuma, verduidelik asseblief hoe hy die dokumente in die hande gekry het wat misbruik is om sy vervolging te stuit. Ek vermoed dit is op ’n onregmatige manier in die hande gekry. Was dit nie daarvoor nie, was Zuma bes moontlik nie nou die president nie.
Hoe ironies dat Zuma en sy volgelinge oor en oor betoog het dat hy net sy dag in die hof wil hê, maar dat hy elke moontlike truuk gebruik het om juis nie verhoor te word nie. Lyk dit vir jou na ’n man wat niks het om weg te steek nie?
Jou “tradisionele Zoeloe” began as president die een flater na die ander. Die verleentheid met Simelane is maar een voorbeeld.
Interessant ook dat jy na sy “nageslag” verwys – in dié opsig het hy goed voorsiening gemaak. Jy meen dus dat ons voorland ’n Zuma-dinastie is?
Gerhard

