PW Botha het in 1983 referendum gehou en apartheid geskrap.
Tydens ABO het Boere teen kolonialisme geveg, doodskampe oorleef en in 1914 gerebelleer. In 1922 vir gelykheid in werkplek geveg, synde Afrikaans-Nederlandse sprekers minder betaal was vir dieselfde werk as hul Engelse eweknie.
Die DA staan vir herverdeling van bloedgrond. Betaal hulle nou vir politieke oorkorrektheid?
Hans Richardt


Kommentaar
PW Botha het die 1983 referendum geproklameer sodat die destydse wit kieserskorps 'n keuse kon maak vir of teen die driekamer-parlementêre stelsel.
Die driekamer-parlement sou drie aparte huise hê vir die wit- bruin- en Indiërgemeenskappe, met die klem op apart. Verder sou die groter wit parlement in elk geval vetoreg hê weens sy getalle-oorwig. Die swart bevolking is totaal hiervan uitgesluit.
Om dus te beweer dat PW Botha met die 1983 referendum apartheid "geskrap" het, is louter nonsens.
Om te beweer die swart bevolking was totaal uitgesluit is snert - hulle het hulle eie demokratiese regerings gehad, weermag, volkslied, amptelike taal die toetie.
Apartheid en afsonderlike ontwikkeling is twee konsepte. Alle moenies in wetgewing was geskrap. Alle Suid-Afrikaners het groen ID dokumente gekry, waarmee hul in 1994 gestem het.
Afsonderlike ontwikkeling is nog opgesluit in Art235 van Grondwet, die Raad op Tradisionele leiers en ander wetgewing in 2017 SA.
Niks het eintlik verander vanaf 1980's, sanksies is net in ander vorm daar, nl Graderingsagentskappe ... PW is nou JZ ...