Zhi, Jacobus Faasen en woede

  • 0

Zhi vertel dat die Afrikaners – sy eie mense soos hy dikwels sê – hom "so de moer in raak dat dit nie eens waar is nie". Ek het sy brief ’n paar keer deurgelees maar kan nie eintlik agterkom hoekom sy mense hom so kwaad maak nie. Lyk my dit het iets met wat hy apartheid noem te doen; Afrikanermans wil nie pioniersgees aan die dag lê die opsie van as gelykes iets vir ander doen nie (hoe bring hy die kloutjie by die oortjie?) nee, hulle wil, volgens hom, vlug Australië toe of geweld pleeg.

Hy sê die onderdrukker ly net so swaar as die onderdrukte en dit bring hy op een of ander manier in verband met oorsaak en gevolg. Hy bou hierop voort en sê "die Afrikaner het merendeels die oorsaak geword". Oorsaak van wat? En hoe kom hy van onderdrukker en onderdrukte by oorsaak en gevolg uit?

En al hierdie goed reken hy is die gevolg van skuldgevoelens; lees jy koerante of praat jy met Afrikanermans is dit net klagtes. Hy sê nie waaroor die skuldgevoelens is nie, en waaroor die klagtes is nie, sodat mens nie weet hoe hy tot hierdie gevolgtrekking kom nie. Die enigste afleiding wat mens kan maak is hy is kwaad omdat hy so deurmekaar is.

Jacobus Faasen kan mens sien is woedend en verbitterd. Hy sê:
om eerlik t’wees, ‘k sal moet erken,
“Afrikaner” is eintlik ’n soort metafoor,
vir onkund’-ontkenning, flous, lieg,
-’n-bedrieg, ammeketa’, kontinuerend,
mede-Mens verslaaf, dour ónder hou,
probeer indoktrineer oor “fracking”,
“GM”, “Boesman”, “Duiwelspiek”,
“ras”, “klas”, pseudo-kosmetika,
bedek, toesmeer van smerigheid,
van struktuurgeweld, apartheid,
alles in “isiBhulu”-naam gedoen,

In ’n mate is sy verbitterdheid geregverdig; die NP het destyds ’n fout gemaak om die bruines van die kieserslys te verwyder. Maar dis nou tyd dat hy bietjie afkoel, “chill” soos die kinders sal sê. Deel van sy frustrasie is ongetwyfeld dat die bruines vir hierdie regering nie swart genoeg is nie maar hy projekteer alles op die Afrikaner. Die Afrikaner is, en was nog nooit, sy vyand nie.

Jan Rap

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top