Zaniter, Zaniter
zaniter
zaniter
die vis loop en byt
zaniter
zaniter
al wat ‘n boot is, is uit …
kry jou boot oppie water uit
die vissermanne sê die vis loop en hul vang dit wyd en syd
die manne praat lekke oppie talkies
en lieg vir mekaar uit hulle vissersokkies
en dit gaan lekker oppie kaai
die kaai innie hawe van Gansbaai
die smouse se koe-wie
en bie ...
ek betaal jou dié
dan vat ek sommer twee, hie
die vissermanne is jolly
so oppie boot se trollie
vanaand gaan Bernie’s praat
en dan word dit laat
lieg so bietjie hier
guy so bietjie daar
almal deurmekaar
zaniter
zaniter
die vis loop en byt
al wat ‘n boot is, is uit ...
hulle sê die vis loop wyd en syd
die vissermanne praat lekker oppie talkie
en ons hoor hulle vloek oppie koppie
want dit ruik lekker oppie kaai
die kaai innie hawe van Gansbaai
zaniter, zaniter ... die vis loop en byt ...
zaniter, zaniter ... al wat ‘n boot is, is uit ...
kry jou boot oppie water uit

