Yuri: Koffie op straat

  • 0

Ek het nou nie in koffiehuise en kroeë soos neef Yuri rondgehang nie maar het al 'n hele paar soorte koffies gevat.

Ek wil jou daarop attent maak, wanneer jy ooit weer in Durban is, gaan maak 'n draai by 'n Etiopiese kafee aan die bo kant van Wesstraat.

Ek het so ruk gelede iemand moes ontmoet oorkant die begraafplaas in Wesstraat. (Weet wragtag nie wat die nuwe naam is nie) Ek staan daar rond en wag vir die persoon om op te daag. Ek sien hier neffens my bestel die mense koffie oor 'n toonbank op die sypaadjie. Ek staan toe nader en beskou die storie. Ek kon sien die mense is nie ons mense nie. Nogal aantreklik en fyn van gelaat. Ek vra toe die dame van waar Gehasi? Uit Etiopië seg sy vir my. Sy vra of ek wil espresso koffie koop. Vir R10 'n koppie, klein koppie vat ek toe maar een. Dit was die lekkerste wat ek al in my lewe geproe het. Ek het dit soos rooiwyn in my mond rondgerol, gegorrel en uiteindelik afgesluk. Dit was swart sonder melk met net een suiker in. Die koffie was sag, satynsag en het 'n smaak gehad wat nie beskryf kan word nie.

Hulle verkoop die bone teen R100 per kilogram. Ek weet nie of die bone ook deur 'n kameel of twee gejaag is nie, maar dit was hondlekker.

Reusedwerg

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top