Yuri, ekke crackle nou soos ou hout in ’n konka

  • 0

Sjoe, thanks vir die gedagte Yuri. Nooit gedink iemand het my ooit op Sê gelees nie, never mind mis!

Ek hou van jou Harley-idée … klink na iets wat ek sou waardeer. Die G&T gee ek maar ’n skip en vervang dit met ’n Turkse koffie … Roman skrywe, eish … kan nie eers ’n gedagte skrywe nie!

Ek gooi deesdae myse pennevrugte en gedagtes in my LitNet Blog-mandjie. Hoe dit daar ferment of vrot of dalk saadskiet vir ’n ander se gedagte, is nie vir my om te beheer nie.

Daar is soveel verandering op Sê met dat daar net tien briewe geplaas word, weet ek dat my babbel-griffels nooit daai tien sal haal nie … en boonop sal daar min oorbly om te sê want tussen die seks-, politiek- en godsdiens-onderwerpe wat reeds breedvoerig oor en oor gedebatteer word, bly daar weinig min oor om te sê …

… want niemand stel meer belang om te hoor van die perskombersies wat nou die strate bedek nie, niemand wil hoor van die swerm bye wat kom intrek neem in ons tuin nie, nog minder oor die rebelse teenager-hadida wat met hees stem drie uur soggens begin rap nie. Nog minder van die hartseer wat silly-season alweer meegebring het. Nog minder oor die groot mislukking van talle hotelle en lodges oor die legacy wat die sokkerbal-mense ons agter gelaat het. Nog minder oor die verval van ’n moral-orientated society. Nog minder oor die geldgierigheid en korrupsie. Nog minder oor die injustice van een teenoor die ander. Die hartseer gesigte van die mense by die NG kerksaal in Arcadia … want dis mos hulle eie skuld dat hulle hulle eie heil in die as geslaan het by Schubartpark. Nog minder oor daardie grootoog geraamtes in Somalië en Kenia.

So Yuri, soos ek sê, ek crackle nou vinniger as ou hout in ’n konkavuur in ’n verlate donker stegie, ver verwyder van die realiteit wat ek nie my eie wil maak nie.

Groetnis

Sue

Sue, ons plaas deesdae weer meeste briewe wat inkom. – Maggie

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top