Yann Martel: Beatrice and Virgil II

  • 0

Martel verwys na en haal in besonderhede aan uit Gustave Flaubert se kortverhaal oor sint Julian, waarin diere genadeloos en op groot skaal uitgewis word. "I became a taxidermist because ... Flaubert's ... story ... inspired me" (p 98). Daar word ook na Denis Diderot se boek oor die fatalis Jacques verwys. Dit is "a bit like Beckett on horseback" (p 127). Die taksidermis se drama is ongetwyfeld sterk deur Samuel Beckett se En attendant Godot beïnvloed. "My story has no story" (p 167). "There seemed to be essentially no action and no plot in it. Just two characters (die donkie en die aap) by a tree talking ... But inaction wasn't working for the author of A 20th-century Shirt" (p 134), die naam van die taksidermis se drama. Naas woorde, geluide, stilte en gebare "you also need a plot, you need action" (p 143). Mettertyd blyk dit dat die taksidermis "was using the Holocaust to speak of the extermination of animal life" (p 173). "Sometimes life stinks just as much as death" (p 185). Wat Henri betref: "It wasn't that he saw the Holocaust in everything. It's that he saw everything in the Holocaust" (p 116).

Teen die einde word Martel se boek melodramaties. Henri se hond, Erasmus, en sy kat, Mendelssohn, sterf sonder dat hy daaraan dink om hulle te laat opstop. In die drama gaan Beatrice en Virgil dood. Henri kom tot die gevolgtrekking dat die taksidermis "a stinking old Nazi collaborator" (p 190) is. Hy val Henri met ’n mes aan maar Henri oorleef. Die taksidermis verbrand in sy werkplek saam met al sy opgestopte diere.

Martel se jongste boek is vir verskillende vertolkings vatbaar, maar hy het ongetwyfeld nie naasteby daarin geslaag om weer so ’n suksesvolle roman soos Life of Pi te skryf nie. Vir so ’n onindrukwekkende roman het hy nie die voorskotte van $3 miljoen verdien nie. Sukses is soms moeilik herhaalbaar.

Johannes Comestor

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top