Yann Martel: Beatrice and Virgil I

  • 0

Toe ek oor Yann Martel se Life of Pi geskryf het, het ek gesê dat ek toe nie kans gesien het om nog ’n dierestorie deur hom te lees nie (SêNet, 22.07.2010). Ek het dit egter intussen gedoen. In Beatrice and Virgil (Edinburgh: Cannongate, 2010, 213p) is die dramakarakters onderskeidelik ’n donkie en ’n aap. Hulle name is ontleen aan Dante Alighieri se Divina Commedia, met die twee diere as die "guides through hell" (p 75). Maar van karakteruitbeelding is daar feitlik geen sprake nie. Talle diersoorte word genoem. Oor sy vorige boek skryf hy: "The use of animals ... was for reasons of craft rather than of sentiment" (p 29). Anders as in Life of Pi is daar hier egter geen aanduiding van grondige kennis van spesies nie. Daar word foutiewelik beweer dat die kwagga uitgesterf het (p 92), terwyl daar ’n Bergkwagga Nasionale Park by Cradock is. "We are story animals" (p 7), maar iedere storie hoef nie oor diere te handel nie. "Just as music is noise that makes sense, a painting is colour that makes sense, so a story is life that makes sense" (p 15).

Daar is klaarblyklik baie outobiografiese elemente aanwesig, bv die hoofkarakter (Henri L'Hôte) woon in Kanada met sy vrou (Sarah pleks van Alice genoem) en seun (Theo, die naam van Martel se seun). Henri, "a famous writer" (p 163), sukkel na die groot welslae van sy vorige boek om met sy volgende boek vordering te maak. Hy ontvang lesersbriewe en een hiervan lei tot sy ontmoeting met ’n bejaarde taksidermis wat ’n drama oor twee van sy opgestopte diere, ’n donkie en ’n aap, skryf.

Henri wil ’n "flip-book" oor die Holocaust skryf. "A flip book is a book with two front doors, but no exits" (p 8). Gelees van die een kant af, bied die beoogde boek ’n nie-fiksie essay. Gelees van die ander kant af, bied dit ’n roman. Nie-fiksie en fiksie kan mekaar aanvul. "A novel is not an entirely unreasonable creation, nor is an essay devoid of imagination" (p 6). Fiksie word "closer to the full experience of life" (p 7) genoem. Dit lyk asof Martel die eksperimentele moontlikhede van skryfwerk verken in ’n poging om iets aanvaarbaar oor ’n snuifgeskryfde onderwerp soos die Holocaust aan te bied. Henri word daarop gewys dat sy beoogde "flip book" eintlik ’n "flop book", "a gimmick" (p 13) is. Sy probleem is soos dié van baie skrywers, veral na ’n baie suksesvolle boek: "Creative block is no laughing matter ... It's the dying of a small god within you, a part you thought might have immortality" (p 101).

"Fiction and nonfiction are not so easily divided. Fiction may not be real, but it's true; it goes beyond the garland of facts to get to emotional and psychological truths. As for nonfiction, for history, it may be real, but its truth is slippery, hard to access, with no fixed meaning bolted to it. If history doesn't become story, it dies to everyone except the historian. Art is the suitcase of history, carrying the essentials. Art is the life buoy of history. Art is seed, art is memory, art is vaccine ... With the Holocaust, we have a tree with massive historical roots and only tiny, scattered fictional fruit. But it's the fruit that holds the seed! ... Each one of us is a mixture of fact and fiction" (p 16). Die kernvraag oor die Holocaust is: "How are we going to talk about what happened to us one day when it's over?" (p 133). Uit ’n wysgerige oogpunt is die outeur se gebruik van die woord "unreasonable" (in my vorige paragraaf, p 6) en "real" (twee maal in hierdie paragraaf) slordig, des te meer omdat Martel filosofie formeel bestudeer het.

Die outeur is ongetwyfeld goed ingelig oor taksidermie. In die teks is daar ’n omvattende artikel daaroor, geskryf deur die taksidermis. "Taxidermy does not create a demand; it preserves a result ... We do not use the word stuffed anymore since it is simply not true ... The animal is rather 'mounted' or 'prepared'" (p 92). "The camera [die uitvinding van fotografie] has been very bad for the business of taxidermy" (p 93). "The tongue is the hardest animal part to get right" (p 94). "The indifference of the many, combined with the active hatred of the few, has sealed the fate of animals" (p 97).

Vervolg ...

Johannes Comestor

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top