"Wyd en syd" deur André Terblanche

  • 0

Wyd en syd

Al is die pad soms duister en alleen
Al voel die dae al korter
en die nagte een
Onthou my hart sal altyd joune bly
Daar is geen donker met my liefde
aan jou sy

Soos die maan die hemelruim verlig
so is die beeld van skoonheid jou gesig
Geen superwese of ‘n buiteruimse mag
kan my skei van jou beeldskone glimlag

REFREIN:
En as die son sy gesig wegsteek
en die maan my kom pla
wens ek weer ek kan jou vashou
Nie te veel gevra
En as die nimmer my te veel laat weet
en die twyfel my ontwyk
wis ek van verlange niks nie
Ek het jou lief
wyd en syd

Soos die maan die hemelruim verlig
so is die beeld van skoonheid jou gesig
Geen superwese of ‘n buiteruimse mag
kan my skei van jou beeldskone glimlag

REFREIN

 

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top