"Wêreld einde gister" deur Zan-Mari Vosges

  • 0

Wêreld einde gister

Doemprofete juigend gil
Geprofeteer, die wêreld beëindiging
Mal soos hase, die hele spul
Altyd môre, nooit skuld erkenning

REFREIN:
Hoor jy ook die donderweer?
Golwe slaan ons weer en weer
Aarde skud soos rock 'n roll
Want die wêreld eindig gister
Hoor jy wat ek skree?
Begin en einde register
Onder ons gee die aarde mee

Vlug na berge en na grotte
maar vergeet die water en kospotte
Son vernietig die planeet
van 2013 kan ons vergeet

REFREIN

Die einde het gekom
Die hele nasie staan verstom
More gaan ons net weer voort
Skuld en ellende soos dit hoort

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top