Wouter se honende tirades eskaleer ...

  • 0

Dis moeilik om te bepaal wat die doel daarvan sou wees, maar in nog ’n onlangse geanimeerde dramaties uitgesproke woordevloed van afkeuring en kritiek teenoor my, dring Kobus de Klerk se steunpilaar karikatuur Wouter weereens aan op waar in die Ingelse Katolieke Bybel die volgende gevind kan word ...

Utterly destroy old and young, maidens, children and women: but upon whomsoever you shall see Thau, kill him not, and begin ye at my sanctuary. So they began at the ancient men who mere before the house.

Wel, in die reël gee ek voorkeur aan my persoonlike belewenis gesteun in ’n hele versameling tasbare tekste vervat in onder meer Bybels en katkisasie handleidings op my rak. Dis op hierdie gronde wat ek op die werf gearriveer het (lank voor Google in vandag se oorweldigende swang gekom het). Vandag dien Google tog as ’n goeie kruisverwysing in die algemeen en ’n enkele soek het vele resultate gelewer wat dalk Woutie se drang kon bevredig.

Hoekom dring Wouter so by herhaling by my aan waar die teks uit Esegiël 9:4 aangehaal in Ingelse Katolieke Bybels voorkom? Beteken dit Woutie weet nie so mooi van Google nie; of hy is nie rêrig een van die bevoorregtes wat akademiese databasisse kan deursoek nie? Weet Woutie dalk rêrig ook nie eens van biblioteke nie?

Nietemin, sonder om myself verplig te voel om die Vulgaat as Latynse Bybelvertaling wat goedgekeur is deur die Rooms-Katolieke kerk ook nog aan Woutie te verduidelik, haal ek die volgende uit hierdie aanlyn-weergawe aan:

et senem adulescentulum et virginem parvulum et mulieres interficite usque ad internicionem omnem autem super quem videritis thau ne occidatis et a sanctuario meo incipite coeperunt ergo a viris senioribus qui erant ante faciem domus

Ongeveer die agttiende woord van links, lees jy die woordjie "thau". In my Ingesle Challoner Douay Rheims Bible (hopelik ook nie nodig om as goedgekeur deur die Rooms-Katolieke kerk aan Woutie te verduidelik nie), staan Esegiël 9:4 presies in soveel woorde:

Utterly destroy old and young, maidens, children and women: but upon whomsoever you shall see Thau, kill him not, and begin ye at my sanctuary. So they began at the ancient men who mere before the house.

In my oorspronklike verwysing na die besonderse vers in die Bybel, het ek klem op die woord Thau geplaas. Ek't Woutie genooi om die woord Tau, Dao, of Taw in enige van die vele variasies daarvan in Google te spoeg en plak, en self te lees van die Sjinese tot die Hebreërs aanroep tot GOD ons MOEDER daarin.

Die Hebreërs, soos vele ander antieke volke, het ’n diepe geestelike betekenis aan elke letter in die alfabet. Die laaste letter in die Joodse alfabet word geskryf as /\, X, + of T, en word uitgespreek as "tav". Hierdie laaste letter se geestelike betekenis staan vir die vervulling van GOD se belofte en verlossing aan die hele mensdom. Jesus Christus onse HERE is daardie vervulling. Die wat Jesus Christus onse Hemelse Vader se merk, die Thau – GOD ons MOEDER – in hul harte dra, sal daardeur gered word.

Die hele boek Esegiël in die Bybel is vir my ’n wonderlik aangrypende boek. Esegiël se aantekeninge is van die volledigste uit die antieke geskiedenis wat persoonlike ervaring van wegvoering in ruimteskepe deur astrale wesens beskryf.

Lees dit gerus.

In die troos en dankbaarheid van Jesus Christus – GOD ons MOEDER – Namaste!

Hindoe-, Moslem-, Joodse, katolieke en Boeddhistiese liefde,

Cornelius Henn

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top