Wouter se gebreinspoelde intellek (dalk) geantwoord?

  • 4

Heil die leser.

Die afgelope ruk is die uwe aanhoudend deur Wouter op die werf, geaffronteer oor opmerkings uit ervaring waar swartes met nostalgie aan Apartheid terug dink.

Die uwe het nooit beweer dat dit die meerderheid sou wees nie, ook nie dat die een of ander korpokrasie se propaganda, hierdie die feit as deel van hul breinspoel agenda aan hul intellektuele lakeie sou leer nie.

Sulke werklikhede kom gewoon uit ervaring en deelname in die mensdom.

Wouter het toe aangedring dat ervaring absolute twak is, en dat alles slegs as waar aan 'n formele en amptelike openbare peiling (natuurlik onderworpe aan die korpokrasie se bestuur), gemeet kan word.

Ek gooi ook gedurig wal as verduideliking vir my sogenaamde hutspot en mengslaai godsdiens - 'n erge onthutste beskouing waarin die intellektueel Wouter, Kobus de Klerk en selfs sy "Dolf" klakkeloos napraat - deur my met die beskouing van ons geliefde en afgetrede Aartsbiskop Desmond Tutu, te assosieer.

Ja, en nes Wouter, het Phumla Williams, waarnemende woordvoerder vir die kabinet, bewerings deur emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu dat Suid-Afrika een van die gewelddadigste samelewings is, verwerp.

Nes Wouter daarop sou aandring, het Phumla in verweer aangevoer dat “Navorsing bewys het dat mense in Suid-Afrika nou veiliger voel as tydens apartheid, glo ‘n direkte gevolg van die implementering van die beleid en strategieë deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens. Dit sluit hoë polisiesigbaarheid en blitsige reaksie op kriminele aktiwiteit in.”

Biskop Desmond Tutu is Donderdag by ‘n seremonie in Kaapstad, waar hy sy Templeton-prys ontvang het, gevra in watter opsigte hy reken die land onsuksesvol is. Tutu het in sy antwoord op geweld en ongelykheid gekonsentreer. “Eenvoudig gestel, is ons bewus daarvan dat ons een van die gewelddadigste samelewings geword het. Dit is nie wat ons was nie, selfs nie onder apartheid nie,” het onse Biskop gesê.

Maar, om Wouter in se gebreinspoelde intellek te troos, het Phumla verder gevoer; “Volgens die polisie se statistiek het die vlak van gewelddadige misdade in die land aansienlik afgeneem. Aartsbiskop Tutu moet die vooruitgang erken wat die regering sedert die aanvangs van demokrasie gemaak het. Hy moet godsdienstige leiers en ander sleutel aandeelhouers aanmoedig om saam met die regering te werk om misdaad te bekamp.” Sy sê die regstelsel, misdaadvoorkoming en ministers van veiligheid het in 2010 ‘n ooreenkoms met pres. Jacob Zuma gesluit om te verseker dat alle Suid-Afrikaners veilig sal voel.

Kan jy glo?

Nou ja, wyl ek hier sit word die volgende plaasaanval in Suid-Afrika, op weerloses deur die en of ander barbaar beplan.

Om my het die alarms van sekuriteitstelsels die naweek geloei sonder die genade 'n blou lig wat kom help (soos enige ander gewone dag aan Mzansi).

Kringtelevisie, selfone en gewone ooggetuies, gereed om nog 'n brutale aanval deur die land se beskermers op 'n burger te aanskou en op te neem.

Niks sal daarvan kom nie want, nes Wouter, die intellektuele in beheer dit regverdig met - ons val in die grootste demokrasie op aarde hier - "bearable dissatisfaction" soos nog nooit vantevore nie.

Dank God vir onse geliefde Emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu!

Mag Jesus Christus onse HERE, ons almal vergewe en ons harte hier aan die Suidpunt van Afrika verlos van hardvogtige intellektuele.

Namaste!

Hindoe-, Moslem-, Joodse, katolieke, Boeddhistiese en Afrikaliefde,

Cornelius Henn

  • 4

Kommentaar

  • Hello Cornelius

     
    Aangesien jou verweer is en ook jou enigste argument is dat ek gebreinspoel is, waardeer jy seker die feit dat ek dan nie in staat is om jou bevredigend te kan antwoord nie, synde ek so ooglopend gebreinspoel is en nie kan ingee aan die ervaring waaroor jy beskik nie.
     
    Baie dankie
    Wouter
  • CorneliusHenn

    Nee Wouter    

    Kom ons voeg daarby minstens ook jou taalvermoë (en miskien ook jou somme) wat lol.  

    Want sien, om gebreinspoel te wees, is sekerlik een argument.

    Jou voorspelbare en foutiewe veronderstellings gegrond op inligting so gemanipuleerd deur die korpokrasie (veral jou fundamentele aandrang - dit die ENIGSTE waarheid kan wees!), 'n ander...  

    Jou hardvogtige miskenning van persoonlike ervaring (selfs jou eie), nog een...  

    Jou klakkelose napratery van ander hartelose en sogenaamde intellektuele, soos Kobus de Klerk en "Dolf", nog 'n argument... ensovoorts...  

    (Spaar my asseblief om dit alles te herhaal).  

    Cornelius

  • Hello Cornelius, 

     
    Wat is jou probleem? 
     
    Is daar geen twyfel in jou gemoed dat jy dalk verkeerd wees nie, is al wat daar is, hierdie sing en dans, harte en gevoel, en hoe goed jy is en hoe diep jou meegevoel is en hoe die wat nie soos jy is, koue harte het en intellektuele masjiene, sonder emosie en gevoel. 
     
    Daar is altyd drama in die gesprekke waarby jy betrokke is, amper nooit, net die gesprek nie. 
     
    Word daar verskil word, dan word jy geminag, word daar verskil, dan moor die persoon gesprek volgens jou. 
     
    Wat is dit dan wat jy verlang? 
     
    Miskien moet jy jou verwagtinge oor wat 'n goeie gesprek sal wees identifiseer. 
     
    Want op hierdie stadium is jy te sensitief en gedra jou hopeloos te veel soos 'n prima donna. 
     
    Vertel my dus wat jou tevrede sal maak in 'n gesprek.
     
    Dalk kan dit haalbaar wees vir my, maar dan moet ek weet wat is jou verwagtinge. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
     
  • CorneliusHenn

    Wouter

    Lees eers weer my kommentaar in antwoord op jou vervelige sarkasme heelbo, stadig deur.

    Neem dan jou belediging hierbo, en lees dit aan jouself waar jy in 'n spieël sit en kyk ...

    Miskien kom daar 'n liggie iewers in jou eie gemoed aan, wie weet?

    En o ja, onderskei asseblief jou intellektualisme van intellektuele soos Johannes Comestor, Chris Dippenaar, Angus, Varkspek, George, Jan Rap,... en al die ander.

    Ag jou intellektualisme as iets eens met Kobus de Klerk, "Dolf" en die res van hul hardvogtige huiskerkbende...

    Ek hoop heelhartig dat jy wel eendag die verskil tussen verrykende kennis uit die gedagte van intellektuele, en die intellektualisme as wapen vir narsiste soos jy, kan onderskei.

    Nie te danke,

    Cornelius

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top