Wouter, hoe ek “koos sas" verstaan het

  • 1

Hy het my net voorgehou as ’n gewone mens, wie geleef het om te ervaar in die lewe, nie as ’n klankbord en voorbeeld vir ander op LitNet nie. Magtag, doen jou eie ding op jou eie manier. Onthou net, jy het net een lewe om te leef en ’n “bucket list” aan die einde, is nie genoeg nie. So, as lang Engelse aanhalings jou gesofistikeerd laat voel, doen so voort. Ek werk en leef in ’n Engelse omgewing. Vir 3 weke elke jaar leef ek my droom in Namakwaland en ek skryf so uit my hart wat ek ervaar. My wese is Afrikaans, eerlik, ongeveins en plat op die aarde. Ek onthou ’n aanbod van Technikon SA, ’n leeftyd terug, as deeltydse dosent. Ek het die brief in asblik gegooi. Nie omdat ek arrogant was nie, net omdat ek nie lus was vir valsheid in ’n roomkoek nie. Nou ja, die onderwerp is afgehandel.

Hans Richardt

  • 1

Kommentaar

  • as jou lewe bestaan uit ander mense se opinies bly my basiese vraag: Fok, dude, kan jy nie vir een dag net vir jouself dink nie? moet iemand jou kos ook so voer soos wat hulle jou opinies daagliks voer?  Doe Zo voort, Hans. hierdie spul cut "n Paste brigade se opinie is bloot iemand anders s'n. Dis uiteindelik ook hul ontsnaproete as hulle hulself in 'n hoek ingequote het.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top